Kan Satan jou gedagtes lees?

God weet wat ons dink, soos dit regdeur die Skrif bevestig word (Ps 139:4). So ook Jesus (Mark 2:8; Matt 9:4; 12:25; Luk 6:8; 11:17; Joh 2:25; 6:61; 1 Kor 3:20). Daarom werk Hy deur sy Woord ook diep binne ons om ons die waarheid te help onderskei (Hebr 4:12). Dit is ‘n goddelike eienskap.

Die Satan of duiwel en ander bose geeste is geskape wesens en daarom baie meer beperk in hulle vermoëns. Hulle kan nie gedagtes lees nie. Dit is net God wat die gedagtes van mense ken (1 Kon 8:39). Die duiwels is egter van die begin af betrokke by mense en hou hulle woorde en gedrag die hele tyd dop (Job 1:6-7). Hulle kan ons gedrag wel lees, en dit is baie keer genoeg!

Die Bose kan daarby wel deeglik ons gedagtewêreld beïnvloed. So verduidelik Jesus dit aan die nagmaalstafel: “die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai.” (Joh 13:2). Lukas sê selfs dat die Satan in hom gevaar het (Luk 22:3). Dieselfde geld besetenheid deur demone en bose geeste.

Dit is waarom ons gewaarsku word om die volle wapenrusting van God aan te trek om ons te beskerm teen sy invloed (Ef 6:10-20). Dit sluit die beheer oor ons gedagtes (2 Kor 10:4-5) sowel as ons gedrag (Ef 4:27) in. Anders gee ons aan die duiwel ‘n vastrap plek in ons lewe.

Waar ons dus toegewy lewe as ‘n tempel van die Heilige Gees is ons weerbaar teen hierdie beïnvloeding en kan ons die duiwel se listigheid en versoekings oorkom.


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (5)

  • Goeie middag Geseėnde van die Here, kan u asb vir my die name en betekenis van die Sewe Geeste van God gee volgens openbaring, baie dankie vir u leering en die woord wat elke dag op my tablet kom, Prys die Here vir mense soos u, het jy enige studie’s vir berading en Pastorale bediening. My man Johnny is blind en dit is sy begeerte met ‘n passie vir God en Sy woord, om meer en meer te weet,ek sy vrou Ansie doen al sy leeswerk en kontak per E-posse nogmaals baie dankie en groete.

  • Machiel Odendaal

    Chris, hoe moet ons dan Mat 13:19 interpreteer. My woorde: Die Bose kom by elkeen wat die woord hoor maar nie verstaan nie en vat weg wat in die hart gesaai is. In my opinie het die persoon nog niks gesê nie, net gehoor. Tog weet die Bose of die woord ontvang was of nie. Dit gee my ‘n indikasie dat die Bose iets verstaan van ons gedagtes.

    • Die Bose verstaan verseker ons gedagtes, want hy kan uit ons gedrag aflei wat ons dink. Die vraag is maar net of hy dit kan hoor of nie. Ek dink nie so nie, behalwe as ‘n mens hom toelaat nie. Soos in die geval van Judas. ‘n Mens sou wel kon argumenteer dat hy nie iets uit iemand se hart kan wegneem as hy nie in die eerste plek weet wat daar aangaan nie. Maar, as dit ‘n woord is (getuienis bv) wat gehoor is, sou hy op grond daarvan kon optree en jou deur ander gedagtes of een of ander beïnvloeding van die saad wat gesaai is, kan beroof. Dan hoef hy dit nie noodwendig te gehoor het nie. Maar, ek is altyd oop vir oortuiging uit die Skrif uit. En jy het ‘n goeie argument.

  • Ek het vanoggend oppad kerk toe hierdie gesprek gehad met my vrou. Ek is bly oor die bevestiging wat jy gee. Ons eie verkeerde gadagtes kan dikwels die “satan” voorstel. Daarom sê Jakobus 1 vs 14 “Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
    15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.” Soos jy ook verwys na Ef 6 vs 10 – 18…die volle wapenrusting aantrek teen teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar die liste vd duiwel.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d