Skip to main content

Sewe Geeste van God

Fire Flames Background 1Ek het ‘n navraag gekry oor die “sewe Geeste” van God en of hulle name het of nie.

Die frase “sewe Geeste van God” word na my mening op twee maniere in die Bybel gebruik. As ‘n beskrywing van die Heilige Gees (Openb 1:4; 4:5) sowel as ‘n beskrywing van die Here Jesus (Openb 5:6).

1. “Sewe Geeste” is ‘n beskrywing van die Heilige Gees in Openbaring 1:4 en 4:5.

Dit lei ek af uit die feit dat dit in Openbaring 1:4 deel vorm van die Trinitariese seën aan die begin van die boek. Die Triniteit word dan as volg beskrywe:

  • God die Vader is: “Hy wat is en wat was en wat kom.
  • Die Heilige Gees is: “die sewe Geeste voor sy troon.
  • Jesus Christus is: “die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde.

Dieselfde geld die beskrywing in Openbaring 4:5 waar die Gees met “sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is” beskryf word.

Die feit dat die Heilige Gees as “sewe Geeste” beskryf word, dui op die volmaaktheid van sy werk, soos dit meermale met die getal sewe die geval is.

Dit kan ook weet dat dieselfde die beskrywing in Openbaring 5:6 van die “sewe Geeste” geld, wat dan die Gees van Jesus sal wees (vgl Hand 16:7). Ek is egter van mening dat dit eerder met ‘n tweede moontlikheid hieronder verbind moet word

2. “Sewe Geeste” is ‘n beskrywing in Openbaring 5:6 van die alwetenheid van die Lam van God, die Here Jesus Christus.

In die konteks word daar ook van die Lam se sewe horings (krag) en sy sewe oë (alwetendheid – vgl Sag 4:10) gepraat. Hierdie “sewe oë” word direk as die “sewe Geeste” van God beskryf. Die beskrywing van “sewe Geeste” pas dus vir my beter by ‘n beskrywing van die Lam self as van die Gees.

Het die “sewe Geeste” name?

Die antwoord is nee, maar met ‘n kwalifikasie.

NEE: Die “sewe Geeste” in Openbaring word nie direk name gegee nie. Sommige verbind wel die beskrywing van die Heilige Gees as “sewe Geeste” aan Jesaja se tekening van die Gees van God met sewe eienskappe. En gee dan dié name aan die Heilige Gees: Gees (goddelik), wysheid, verstand, raad, sterkte, kennis en vrees van die Here (Jes 11:2).

Dié eienskappe is egter nie name nie. Dit is gawes van die Gees aan die Messias vir sy bediening. Die NET Bible neem byvoorbeeld die laaste ses beskrywings in Jesaja 11:2 as drie kombinasies van wat die Gees van God vir die Messias gaan gee: buitengewone wysheid (gives extraordinary wisdom), kragtige planne (provides the ability to execute plans), absolute lojaliteit (produces absolute lojalty to the Lord). Dit maak vir my baie sin.

KWALIFIKASIE: Die Gees van God word wel met verskeie name beskryf op talle ander plekke in die Skrif. Dit gee ‘n mens ‘n paar uiters belangrike perspektiewe op die werk wat Hy in ons doen. Ek gee sewe van dié beskrywings. Daar is meer:

  • Sag 12:10 – “Gees van genade en smekinge
  • Joh 16:13 – “Gees van waarheid
  • Rom 1:1  – “Gees van heiligheid
  • Rom 8:2  – “Gees van lewe
  • Rom 8:14  – “Gees van aanneming
  • Hebr 10:29 – “Gees van genade
  • 1 Pet 4:14 – “Gees van heerlikheid

In ‘n sekere sin kan ‘n mens dus dié beskrywings van die Gees as “name” sien. Alhoewel dit nie direk die name van die “sewe Geeste” in Openbaring is nie, is dit wel name wat die Gees se wese en werk beter vir ons omskryf.

Die Bybel nooi ons dus wel uit om die betekenis wat die Gees vir ons het, aan dié name te koppel.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms