Sewe Geeste van God

Fire Flames Background 1Ek het ‘n navraag gekry oor die “sewe Geeste” van God en of hulle name het of nie.

Die frase “sewe Geeste van God” word na my mening op twee maniere in die Bybel gebruik. As ‘n beskrywing van die Heilige Gees (Openb 1:4; 4:5) sowel as ‘n beskrywing van die Here Jesus (Openb 5:6).

1. “Sewe Geeste” is ‘n beskrywing van die Heilige Gees in Openbaring 1:4 en 4:5.

Dit lei ek af uit die feit dat dit in Openbaring 1:4 deel vorm van die Trinitariese seën aan die begin van die boek. Die Triniteit word dan as volg beskrywe:

  • God die Vader is: “Hy wat is en wat was en wat kom.
  • Die Heilige Gees is: “die sewe Geeste voor sy troon.
  • Jesus Christus is: “die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde.

Dieselfde geld die beskrywing in Openbaring 4:5 waar die Gees met “sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is” beskryf word.

Die feit dat die Heilige Gees as “sewe Geeste” beskryf word, dui op die volmaaktheid van sy werk, soos dit meermale met die getal sewe die geval is.

Dit kan ook weet dat dieselfde die beskrywing in Openbaring 5:6 van die “sewe Geeste” geld, wat dan die Gees van Jesus sal wees (vgl Hand 16:7). Ek is egter van mening dat dit eerder met ‘n tweede moontlikheid hieronder verbind moet word

2. “Sewe Geeste” is ‘n beskrywing in Openbaring 5:6 van die alwetenheid van die Lam van God, die Here Jesus Christus.

In die konteks word daar ook van die Lam se sewe horings (krag) en sy sewe oë (alwetendheid – vgl Sag 4:10) gepraat. Hierdie “sewe oë” word direk as die “sewe Geeste” van God beskryf. Die beskrywing van “sewe Geeste” pas dus vir my beter by ‘n beskrywing van die Lam self as van die Gees.

Het die “sewe Geeste” name?

Die antwoord is nee, maar met ‘n kwalifikasie.

NEE: Die “sewe Geeste” in Openbaring word nie direk name gegee nie. Sommige verbind wel die beskrywing van die Heilige Gees as “sewe Geeste” aan Jesaja se tekening van die Gees van God met sewe eienskappe. En gee dan dié name aan die Heilige Gees: Gees (goddelik), wysheid, verstand, raad, sterkte, kennis en vrees van die Here (Jes 11:2).

Dié eienskappe is egter nie name nie. Dit is gawes van die Gees aan die Messias vir sy bediening. Die NET Bible neem byvoorbeeld die laaste ses beskrywings in Jesaja 11:2 as drie kombinasies van wat die Gees van God vir die Messias gaan gee: buitengewone wysheid (gives extraordinary wisdom), kragtige planne (provides the ability to execute plans), absolute lojaliteit (produces absolute lojalty to the Lord). Dit maak vir my baie sin.

KWALIFIKASIE: Die Gees van God word wel met verskeie name beskryf op talle ander plekke in die Skrif. Dit gee ‘n mens ‘n paar uiters belangrike perspektiewe op die werk wat Hy in ons doen. Ek gee sewe van dié beskrywings. Daar is meer:

  • Sag 12:10 – “Gees van genade en smekinge
  • Joh 16:13 – “Gees van waarheid
  • Rom 1:1  – “Gees van heiligheid
  • Rom 8:2  – “Gees van lewe
  • Rom 8:14  – “Gees van aanneming
  • Hebr 10:29 – “Gees van genade
  • 1 Pet 4:14 – “Gees van heerlikheid

In ‘n sekere sin kan ‘n mens dus dié beskrywings van die Gees as “name” sien. Alhoewel dit nie direk die name van die “sewe Geeste” in Openbaring is nie, is dit wel name wat die Gees se wese en werk beter vir ons omskryf.

Die Bybel nooi ons dus wel uit om die betekenis wat die Gees vir ons het, aan dié name te koppel.


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Adri van der Merwe

    Wil bietjie klaring kry oor iets wat pla..ek het nie ‘n hemelse taal ontvang nie en vra gedurig vir Vader om my aan te raak..is dit waar dat nie almal ‘n taal sal ontvang nie? en dan ‘n ander gawe sal kry..voel al ek doen iets verkeerd..almal sê dat enigiemand dit kan kry? as hulle vra..
    asb ek soek advies..

    • Nie almal kry ‘n hemelse taal nie. Dit is duidelik uit Paulus se retoriese vrae: “Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?” (1 Kor 12:29-30). Die antwoord is duidelik, nee. Paulus sê ook oor tale dat hy in die gemeente liewer 5 woorde met sy verstand sal praat as 10 000 woorde in ‘n taal (1 Kor 14:19). Hemelse tale is vir die binnekamer. Om met ‘n verstaanbare taal met God te kan praat, is genoeg. Lees meer in hierdie bydrae oor die spreek in tale van my. Wat ons vandag wel baie nodig het, is mense wat ‘n ander taal as hulle eie aanleer om die evangelie in te kan verkondig.

  • Dankie Chris vir jou uitlieg van die sewe Geeste. Dit het juis ter sprake gekom in ‘n preek wat ek die afgelope Pinkster uit Op 2 & 3 gelewer het.

  • Dominee Chris, Baie dnki vir insiggewende geskrewe stukke. Ek besig om ‘n Kinderboek te skryf, met illustrasies en Heilige Gees is sooo getrou.

    Gaan lees gerus Ds Christo van die Nuwe Wyn website – u sal besondere seen daaruit ontvang.

    Vriendelike groete, Mariette

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: