Skip to main content

Efesiërs 1:15-23 – God se volheid vul alles in almal

26 Mei Hemelvaart

Efesiërs 1:15-23 – God se volheid vul alles in almal

15Om hierdie rede, omdat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en julle liefde vir al die heiliges, 16hou ek nie op om God oor julle te dank wanneer ek in my gebede aan julle dink nie. 17Dan bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, vir julle dit sal gee: geestelike wysheid en openbaring, wat in die kennis van Hom bestaan, 18en dat die oë van julle harte verlig mag wees, sodat julle kan insien wat die hoop is wat sy roeping bied, wat die heerlike rykdom van sy erfenis vir die heiliges behels, 19wat die onvergelykbare grootheid van sy mag is, vir ons wat glo ooreenkomstig die werking van sy groot krag, 20wat Hy uitgeoefen het in Christus, toe Hy Hom uit die dood opgewek het, en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, 21bo elke owerheid en gesag en mag en heerser, ja, bo enige naam wat genoem kan word, nie alleen in hierdie bedeling nie, maar ook in die toekomstige. 22Hy het alles onder sy voete gestel, en Hom aan die kerk gegee, as Hoof oor alles, 23die kerk wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vul.

Efese was ‘n groot en belangrike stad in wat ons vandag ken as Turkye. Historici bereken dat daar ongeveer 250 000 mense gewoon het aan die begin van ons jaartelling. Die tempel van Artemis (vgl Hand 19), een van die sewe wonders van die antieke wêreld, was ook daar. Vandag is daar net ruïnes oor van Efese, naby die moderne stad Selçuk. Paulus begin sy brief aan hulle met ‘n gesprek met die gemeente wat uitmond in ‘n gebed. In dié gesprek loof hy God die Vader vir al die seëninge van die Gees wat daar in Christus Jesus aan ons gegee is (1:3-14). In sy gebed bid hy dat die gemeente van Efese God werklik sal kan ken (1:15-23).

Saam met die dankgebed aan God vir hulle geloof en liefde, bid Hy indringend dat God die hoop in hulle verder sal aanwakker. Dit is merkwaardig hoe baie kere Paulus oor hierdie drieling geloof, hoop en liefde skrywe – in ‘n sekere sin een van die kortste opsommings van waaroor dissipelskap gaan (1 Kor 13:13 en vele ander plekke in Paulus se briewe). Paulus hoor dus van hulle dat hulle geloof en liefde groei en dat mense daarvan praat, maar dat hulle sukkel met die vashou aan God se toekoms vir hulle. Daarom bid hy dat hulle geestesoë sal oopgaan om die hoop juis in drie goed te sien: 1) in hulle roeping hier en nou waarvoor hulle met al die geestelike seëninge in die hemel geseën is, 2) in hulle hemelse erfenis wat nie deur aardse gebeure geraak kan en sal word nie en 3) in die groot krag van God wat in hulle aan die werk is; ‘n krag wat met die opstanding en hemelvaart van Jesus Christus gedemonstreer is, en vir hulle as ‘n voorbeeld dien van wat God alles nog vir hulle kan doen.

Let op dat die posisie van Christus as: “hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy” uitgespel word. Dit het volgens Paulus nie net betrekking op wat nou aan die gebeur is nie, maar sal selfs in die bedeling wat kom (die nuwe hemel en aarde) van krag wees. En dit is dié Jesus wat die hoof van die kerk is. Paulus sal later meer hieroor skryf, veral in hoofstuk 3 en dan weer in hoofstuk 6. En dan een van die rykste en wonderlikste uitsprake oor die kerk – vers 23 – “Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.” ‘n Mens kan baie hieroor sê, maar dink net nou eers oor die een revolusionêre ding. Paulus sê hier dat die kerk deur God gebruik word “om alles in almal te vervul”. Dit is nie ‘n klein en onbelangrike belofte nie. Om die waarheid te sê, dit word beskrywe as iets wat reeds gebeur … en ons moet daarby inskakel.

Lees meer: https://bybelskool.com/efesiers-11-23-god-seen-ons-om-alles-in-almal-te-vervul/ – en hier is ‘n preek meer spesifiek vir Hemelvaart: https://ngkerksomerstrand.co.za/hulle-het-almal-eensgesind-in-gebed-volhard-handelinge-11-14-hemelvaart-2021/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.