Skip to main content

Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning

Psalm 18 en 20-21 is ook gebede om verlossing, soos Psalm 17 en 22, maar fokus die gebede spesifiek op die verlossing van die koning en gesalfde.  Psalm 20 is ’n Psalm wat vir oorwinning in oorlog vra, en Psalm 18 en 21 is Psalms wat van oorwinning en gebedsverhoring in oorlog sing. Dit is ook waarom ons Psalm 20-21 as ’n eenheid kan hanteer – die een gaan oor voorbereiding, die ander oor verhoring.

Psalm 18 – Dit is God wat die oorwinning gee

Psalm 18 toon groot ooreenkomste met 2 Samuel 22.  Die onderlinge verskille kan verklaar word uit twee groepe wat die teks onafhanklik van mekaar oorgelewer het, waarvan Psalm 18 mettertyd vir die liturgie aangepas is.  Die Psalm herdenk Dawid se oorwinning oor sy vyande, veral oor Saul, en word in 2 Samuel aan die einde van die verhaal van Dawid geplaas, saam met ‘n paar verhale oor die helde wat saam met hom geveg het, sowel as die verhaal van sy seun Salomo, sy opvolger. (Lees ’n kort bydrae daaroor hier: 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af)

Continue reading

Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons

SKEPPINGSPSALM

Psalm 19 is een van die skeppingspsalms (soos ook 29, 33, 65, 74, 104, 136, 147 en 148).  Dit roep die verloop van die skeppingsverhaal van Genesis 1-3 in herinnering.   Die Psalmis het gehoop dat dié Psalm mense in vervoering sou laat oor God, sodat hulle later as hulle van die tempel af huis toe gaan, met ‘n groter bewussyn van die heerlikheid van God sou lewe, sodat elke keer wat hulle weer kyk na die hemel en na die son en die normale gang van die dag en die nag ervaar, hulle van God bewus sou bly.

PSALM VAN DIE WOORD

Maar dié Psalm gaan nie net oor die heerlikheid van die skepping nie.  Dit beweeg van ‘n loflied oor die skepping na ‘n loflied oor die wet van God wat vir die mens doen wat die son doen vir die skepping.  Dit bring lig en krag en die teenwoordigheid van God self tot in die dieptes van die menslike hart (NT Wright).  En hierdie wet is natuurlik die spilpunt van die verbond wat Israel aan God verbind het, die hart van Sy Woord aan hulle.  Met die wet as hulle wegwyser, was Israel die uitverkore volk van die SkepperGod.

Continue reading

WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning

Psalm 25-33 fokus op gebed, lof en geloofsvertroue in die Skepperkoning.  ’n Mens kan ook hier ’n chiastiese patroon raaksien.
  • Psalm 25 en 33 besing God se genade in Sy verbond en die genade van Sy heerskappy.
  • Psalm 26 en 32 besing die geluk van een wat blaamloos lewe, sowel as een wat vergifnis ontvang het.
  • Psalm 27 en 31 bid om verlossing van valse beskuldigings en eindig telkens met die oproep tot vertroue in God en sterkwees en moedhou.
  • Psalm 28 en 30 hou verband deurdat die eerste die gebed is van een wat gevaar loop om onder te gaan (in die kuil/put – vers 1), en aan die ander kant die gebed van een wat verlos is van ondergang (uit die kuil/put – vers 4)!
  • Die sentrale Psalm, Psalm 29, besing dan die Skepperkoning se stem soos dit in die natuur met ’n donderstorm gehoor kan word en krag gee aan sy volk en hulle seën met oorvloed (vgl Psalm 19).

Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou

Vandag lees ons twee Psalms wat albei met vertroue te make het.  Psalm 25 is ’n gebed van vertroue.  Psalm 33 is ’n loflied van vertroue.

Psalm 25 – God neem dié wat Hom vertrou in vertroue

Psalm 25 is ’n akrostiese Psalm.  Elke vers begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet (behalwe vers 18 en 22).  Dit help met die onthou van die Psalm (ten minste vir die Jode!).  En dit help ook om simbolies gesproke die “alfabet van geestelike groei” aan te leer (Elwell).

Continue reading

Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue

Psalm 26 en 32 belig twee kante van ’n lewe van integriteit en vertroue.  Psalm 26 maak baie van die strewe om in alles op God se genade staat te maak om te leef soos Hy wil.  Dit sluit in dat jy jou daaraan verbind En staatmaak op God se geskenk/genade.  Psalm 32 skets weer die seën van sonde belydenis wat die vryheid en vrymoedigheid van vergifnis as veranderende krag in ’n mens se lewe aan die werk sit.

Psalm 26 – Lewe met integriteit en vertroue

Die Psalm kom ooreen met Psalms 15 en 24 en was moontlik ook ‘n tempel-toetrede Psalm wat deur pelgrims gebruik is.
Dawid maak hier sy lewe oop voor God en lê sy integriteit (onskuld) in optrede en vertroue op God aan Sy ondersoekende oog bloot. Daarmee herinner hy ons daaraan dat sowel ons lewe in die wêreld as ons lewe met God volgens dieselfde waardes geleef moet word. Dit is waarom hy sê dat Hy hom deur God se liefde laat lei het. Hy het God se karakter as rigtingwyser gebruik in sy lewenstyl, terwyl hy ook op God vertrou het om dit te kan regkry (Fil 2:12 in OT gewaad!).

Continue reading

Onlangse kommentaar