Skip to main content

Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe

Die gebeure in Seserea is van só ’n paradigma-skuiwende aard dat Petrus homself en die werk wat God onder die heidene (nie-Jode)  gedoen het moet gaan verantwoord teenoor die “moeder”-gemeente in Jerusalem.  Dié werkswyse sou ’n patroon word wat later ook met die uitbreiding deur Paulus se sendingreise gevolg moes word, waar die seël van goedkeuring deur die gemeente in Jerusalem geplaas moes word op die oorsteek van nuwe grense met die evangelie.  Dit is dan ook die begin van die idee van ’n verband van kerke soos deur die meeste gemeentes regdeur die wêreld gevolg word.

’n Mens sien hier ook al die groot vraag oor die plek van die besnydenis wat gelowiges uit die Jodedom in Jerusalem bly vra het, iets wat wel later in Handelinge 15 se vergadering geantwoord is (dat besnydenis nie nodig was vir gelowiges uit die heidene nie), maar op baie plekke in die wêreld ’n sleutelkwessie sou bly.

Continue reading

Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik

Vervolging het altyd ook ‘n positiewe kant, in die sin dat God dit gebruik om visie vir sy mense te gee, en positiewe gevolge daaruit te laat voortspruit. Let op dat dit mense uit Afrika was, dws mense wat nie in die hart van die Jerusalem gemeente was nie, wat die evangelie aan nie-Jode verkondig in Antiogië, die derde grootste stad van daardie tyd naas Rome en Alexandrië.

Hulle volg waarskynlik die voorbeeld van Petrus, ten minste soos Lukas vir ons die verhaal vertel. Verandering kom dus uit die sentrum, Petrus wys hoe deur die paradigma te skuif (nie-Jode is nou welkom), en van die randte af, mense op die periferie wat die nuwe paradigma ‘n lewenstyl maak.

Continue reading

Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping

Toe die Joodse leiers nie slaag in hul poging om die evangelie te stuit deur vervolging nie, besluit die Joodse koning, Herodes, om tot die stryd toe te tree en laat van die gemeentelede vang, vermoor een van die twee “manne van die donder”, Jakobus (Mark 3:17 – die bynaam wat Jesus hulle gegee het!), en laat Petrus in die tronk opsluit. Let op dat dit twee van die eerste vier geroepe dissipels van Jesus is (Luk 5:1-11). ‘n Geweldige aanslag dus op die leierskap van die jong gemeente in Jerusalem.

Dit gebeur weereens op die Paasfees, soos ’n paar jaar tevore met Jesus se kruisdood, die fees van die ongesuurde brood. Herodes wou net na die Paasfees vir Petrus om die lewe laat bring, soos die geval met Jesus was wat op die eerste dag van die Paasfees tereggestel is. Hy wou dus die leier, Petrus, wat begin het om die pas aan te gee vir die oorgrens beweging van die evangelie, se mond snoer, soos die Jode dit met Jesus probeer doen het, en nie daarin kon slaag nie.

Continue reading

WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5

Ons lees hierdie week die gebeure van die vierde fase van die uitbreiding van die evangelie oor grense heen.  Waar die evangelie 1) aanvanklik Jerusalem stormenderhand verower het – 1:1-6:7, 2) versprei het na Judea en Samaria, hoewel net na Jode en Samaritane (dieselfde voorvaders) toe – 6:8-9:31, 3) oor die Joodse grense gebars het na heidene in die breër Judese gebied – 9:32-12:24, stuur die Heilige Gees die leiers van die kerk nou na Asië (Turkye) toe – 12:25-16:5, waarna 5) Europa – 16:6-19:20 en 6) Rome aan die beurt sou kom – 19:21-28:30.  Die wêreld is al meer in die visier van die Gees en die kerk.

’n Belangrike wending gebeur reg aan die begin van hierdie 4de fase, met Antiogië wat die sentrum van hierdie nuwe ontwikkeling word, steeds natuurlik in ’n noue verband met die gemeente in Jerusalem, wat steeds ook ingetrek word wanneer belangrike  beleidsbesluite geneem moet word (hfst. 15).

’n Verdere ontwikkeling is dat waar Barnabas aanvanklik die toon aangee in hierdie evangeliese uitreik, Paulus (Saulus is die Hebreeuse weergawe van sy naam, en Paulus die Italiaans-Romeinse weergawe) al hoe sterker op die voorgrond tree en aan die einde van hierdie fase die primêre leier word wat die evangelie na Europa en Rome neem.

Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld

Vandag se leeswerk begin met die verwysing na Johannes Markus wat waarskynlik so aangegryp was deur Petrus se verlossing en die beantwoording van hulle gebede, dat hy, ietwat voortvarend, saam is op die terugreis na Antiogië.  Hy sou egter nie lank by hierdie voorneme hou nie en verlaat die evangelie-reisgeselskap in Asië (Turkye), hoewel Barnabas hom wel later sou begelei tot versoening met Paulus en die volvoering van sy roeping as evangelieskrywer.

Let op dat die samestelling van die leierskap in Antiogië multi-kultureel is wat waarskynlik een van die primêre redes vir hulle effektiewe uitreik na ander volkere toe was.

Continue reading

Onlangse kommentaar