Skip to main content

Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa

Festus se regering het in 60 nC begin, en die hantering van Paulus se saak, wat nou al 2 jaar in die tronk is, neem baie dieselfde verloop as onder Felix se regering.  Die Jode probeer konkel om Paulus te vermoor, maar dit word gefnuik.

Wat anders is hierdie keer, is dat die koningshuis van Juda betrek word (soos dit ook met Jesus was – Luk 23:8), en Paulus die evangelie aan (Markus Julius) Agrippa II, een van die Herodes konings, en ook aan sy suster Bernice, kan verkondig. Sy oupa Herodes Antipas (Luk 9:9; 23:8) het baie belanggestel in Jesus self, hoewel sy pa, Agrippa I, weer verantwoordelik was vir die dood van Jakobus (Hand 12:1-2).  Hy is op bonatuurlik wyse dood (Hand 12:23 – deur ’n engel van die Here).

Continue reading

Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome

Die verhaal wys hoe God se wil ontvou beide in

  • die normale verloop van omstandighede (skeepsroetes, reisskedules op grond van weertoestande, die stormwind Eurakilon) en die keuses van leiers (die keuses van die Julius en die kaptein  en eienaar van die skip)
  • asook in die insette van God self (engel).

Die impak van verkeerde keuses word deur God ingespan en oorkom om sy wil te laat geskied.  Dit is ook opmerklik dat Paulus tree-vir-tree deur God gelei word,

  • aanvanklik met sy eie insig dat daar lewensverlies kan wees (ek sien) wat doodgewone “common sense” is,
  • en later met God se insig, dat daar geen lewensverlies sal wees nie, aan die hand van die gesig wat hy van die engel kry.

God gebruik beide normale maniere as abnormale maniere om sy wil ten uitvoer te bring.

Continue reading

Lees die vier evangelies en Handelinge

Soek jy ‘n planmatige deurlees van die evangelies van Jesus Christus?

Die vier evangeliste verteenwoordig met vier simbole: Matteus, 'n gevleuelde mens, Markus, 'n gevleuelde leeu, Lukas, 'n gevleuelde bul, en Johannes, 'n arend
Die vier evangeliste verteenwoordig met vier simbole: Matteus, ‘n gevleuelde mens, Markus, ‘n gevleuelde leeu, Lukas, ‘n gevleuelde bul, en Johannes, ‘n arend – https://ancientwordtour.wordpress.com/2013/06/

Begin by Markus wat ‘n vergelykende lees van Markus, Matteus, en Lukas is, met twee gedeeltes uit Johannes wat met Markus verband hou.  E-pos my vir ‘n lêer wat al die gedeeltes langs mekaar vir jou gee wat ‘n mens kan gebruik om die evangelies saam te lees (100 bladsye dik!).

Lees dan Matteus, Lukas-Handelinge, en uiteindelik Johannes.

Dit behoort julle ‘n tydjie besig te hou!

Onlangse kommentaar