Het God ‘n “siel” of nie?

Ek kry vandag ‘n navraag of God ‘n “siel” het of nie.  In Levitikus 26:11 staan daar in die OAV: “En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.[1] (vgl. ook Ps. 11:5, Matt 12:18).  Het God dus ‘n “siel” soos ons (en die diere) of nie?

Dit is nie so ‘n eenvoudige vraag om te beantwoord nie, want die woord “siel” in Hebreeus kan op ten minste tien verskillende maniere verstaan en vertaal word. Die Hebreeuse woord נָֽפֶשׁ (něpěš) – wat baie keer met “siel” vertaal word – kan semanties in ‘n hele tien betekenisvelde gebruik word!  Hier is ‘n seleksie van tien van dié betekenisse:

  1. Keel – Jes. 5:14;
  2. Nek – Ps. 105:18;
  3. Asem – Job 41:13 (dít wat ons en diere lewende wesens maak);
  4. Lewende wese – Gen. 1:20 (diere); Gen. 2:7 (mens);
  5. Man, mens, persoon, mense – Lev. 24:17; Eseg. 27:13; Num. 31:19; Gen. 36:6;
  6. Persoonlikheid, individualiteit – Gen. 27:4 (myself); Ps. 124:7; 1 Sam. 18:3; Num. 30:14; Eks. 12:16; Lev. 7:27 ens.
  7. Lewe (van ‘n persoon) – Gen. 9:5;
  8. Siel as die plek van gevoel en sensasie – Spr. 23:2; 28:25; Ps. 35:25;
  9. Lyk (‘n dooie liggaam) – Lev. 19:28; Num. 6:6;
  10. Parfuum-bottel – Jes. 3:20.[2]

Siel” is dus net een van die betekenisse waarvoor die woord něpěš gebruik word.  Waar die woord vir die Here gebruik word, is dit daarom gewoonlik in die betekenis van sy persoon – “Ek” – soos in betekenis 6 of 7 hierbo.  As ‘n mens die woord něpěš in die betekenis van “siel” vir God sou verstaan, soos in betekenis 8 hierbo, dan dui dit God in sy emosionele gedaante aan.

Maar dit kan maklik verkeerd verstaan word, vandaar dat vertalings eerder “Ek” of “myself” gebruik wanneer van die něpěš van God gepraat word.

God het dus nie ‘n siel soos ons (of die diere) nie, maar kan tog antropomorfies[3] beskryf word as ‘n Persoon, Iemand wat gevoelens het en uitlewe.

[1] Terloops: lees Joh. 1:14 in dié lig en dit gee jou ‘n nog groter waardering vir wat Jesus onder ons kom doen het: “Hy het kom ‘Tabernakel’ onder ons” soos dit in die Grieks lui!

[2] Vgl. Holladay, W.L. & Köhler, L., 2000. A concise Hebrew and Aramaic lexicon of the Old Testament, pp.242–243.

[3] Menslike eienskappe wat aan God toegeskryf word.

God


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

    • JG, diere word beskryf as “lewende wesens”, in Hebreeus: “lewende siele” (Gen. 1:20). As hulle doodgemaak word, word dit weergegee as om die “siel van ‘n dier” dood te maak (Lev. 24:18). Net so ken ‘n regverdige die “siel van sy dier” in die sin van sy behoeftes (Spr. 12:10). Diere word egter nooit beskryf met ‘n siel wat voortbestaan ná die dood nie.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: