Skip to main content

Het God ‘n “siel” of nie?

Ek kry vandag ‘n navraag of God ‘n “siel” het of nie.  In Levitikus 26:11 staan daar in die OAV: “En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.[1] (vgl. ook Ps. 11:5, Matt 12:18).  Het God dus ‘n “siel” soos ons (en die diere) of nie?

Dit is nie so ‘n eenvoudige vraag om te beantwoord nie, want die woord “siel” in Hebreeus kan op ten minste tien verskillende maniere verstaan en vertaal word. Die Hebreeuse woord נָֽפֶשׁ (něpěš) – wat baie keer met “siel” vertaal word – kan semanties in ‘n hele tien betekenisvelde gebruik word!  Hier is ‘n seleksie van tien van dié betekenisse:

  1. Keel – Jes. 5:14;
  2. Nek – Ps. 105:18;
  3. Asem – Job 41:13 (dít wat ons en diere lewende wesens maak);
  4. Lewende wese – Gen. 1:20 (diere); Gen. 2:7 (mens);
  5. Man, mens, persoon, mense – Lev. 24:17; Eseg. 27:13; Num. 31:19; Gen. 36:6;
  6. Persoonlikheid, individualiteit – Gen. 27:4 (myself); Ps. 124:7; 1 Sam. 18:3; Num. 30:14; Eks. 12:16; Lev. 7:27 ens.
  7. Lewe (van ‘n persoon) – Gen. 9:5;
  8. Siel as die plek van gevoel en sensasie – Spr. 23:2; 28:25; Ps. 35:25;
  9. Lyk (‘n dooie liggaam) – Lev. 19:28; Num. 6:6;
  10. Parfuum-bottel – Jes. 3:20.[2]

Siel” is dus net een van die betekenisse waarvoor die woord něpěš gebruik word.  Waar die woord vir die Here gebruik word, is dit daarom gewoonlik in die betekenis van sy persoon – “Ek” – soos in betekenis 6 of 7 hierbo.  As ‘n mens die woord něpěš in die betekenis van “siel” vir God sou verstaan, soos in betekenis 8 hierbo, dan dui dit God in sy emosionele gedaante aan.

Maar dit kan maklik verkeerd verstaan word, vandaar dat vertalings eerder “Ek” of “myself” gebruik wanneer van die něpěš van God gepraat word.

God het dus nie ‘n siel soos ons (of die diere) nie, maar kan tog antropomorfies[3] beskryf word as ‘n Persoon, Iemand wat gevoelens het en uitlewe.

[1] Terloops: lees Joh. 1:14 in dié lig en dit gee jou ‘n nog groter waardering vir wat Jesus onder ons kom doen het: “Hy het kom ‘Tabernakel’ onder ons” soos dit in die Grieks lui!

[2] Vgl. Holladay, W.L. & Köhler, L., 2000. A concise Hebrew and Aramaic lexicon of the Old Testament, pp.242–243.

[3] Menslike eienskappe wat aan God toegeskryf word.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

God


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders