As iemand vir jou vra: “Wat glo jy?” kan jy die kern van wat ons glo as antwoord gee? Vrae omtrent die Bybel, geloof en die kerk is nooit maklik nie. Sommige vrae lýk eenvoudig en ander kan jy sommer sien, gaan ure se kopkrap meebring!
Ek het in Wie is God? kort en kragtige antwoorde geformuleer op vrae soos: “Wat is die Drie-eenheid?” “Wat verwag God van jou in sy wet?” “Waarom moet my Verlosser waarlik mens én waarlik God wees?” “Watter hoop hou die ewige lewe vir my in?” Die resultaat was Wie is God? Hierdie kompakte gids bevat antwoorde op 52 geloofsvrae soos hierdie vir gelowiges.
Die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea, die Geloofsbelydenis van Athanasius, die Heidelbergse Kategismus en die Westminster Geloofsbelydenis dien as basis vir die kernantwoorde in Wie is God?
Wie is God? is geskryf in samehang met en as metgesel vir Wat glo jy? wat gemik is op kinders. Wat glo jy? is gerig op agt- tot twaalfjarige kinders en gee korter 20-woord antwoorde op dieselfde vrae. Dit word steeds begrond met kort aanhalings uit die Bybel, maar ook met ’n bykomende Bybelse verhaal of gelykenis wat deur ’n kort 100-woord opsomming meer bevatlik vir kinders sal wees.
Die antwoorde in Wat glo jy?is doelbewus dieselfde as die swartgedrukte deel van hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat kinders kan deelneem.
Hier is meer inligting uit die Voorwoord van die boek.
Gerig op tieners en volwassenes
Wie is God? is gerig op tieners en volwassenes. Die boek beantwoord die mees algemene vrae oor wie God is, sy wese en sy werke. Deur 52 kernantwoorde te gee oor God, Christus, en die Gees word die grondbeginsels van die Christelike geloof vasgelê. Elke antwoord word aangevul met vier of meer Bybelse aanhalings. Daar is ook verwysings na die belydenisskrifte wat die antwoorde dieper begrond.
Gerig op geloofsgroei en geloofsgesprekke
Die boek is bedoel vir gelowiges wat in hulle geloof wil groei. Die kort 60-woord antwoord saam met die Bybeltekste kan in jou stiltetydgebruik word. Deur vyf vrae ’n week te hanteer, kan jy die inhoud daarvan binne ’n kwartaal in jou hartbêre. Memoriseerdit en lees daarna van tyd tot tyd weer dievrae en antwoorde. Só sal dit deel van jou manier van dink en doen word.
Die boek is ook bedoel vir belydenisklas- en Bybelstudiegroepe. Daarom is daar by elke antwoord verwysings na die belydenisskrifte waarop die antwoorde berus. Die verdere leeswerk in die belydenisskrifte sal ’n dieper dimensie aan geloofgesprekke verleen. Skakels na gratis weergawes van die belydenisskrifte in pdf formaat kan by bybelskool.comgekry word. Vrae en kommentaar kan ook daar gevra en gelewer word.
Die boek is dus uiters geskik om in gesprekvoering oor God, geloof en die Bybel te gebruik. Dit kan gemaklik in ’n jaar deurgewerk word in ’n groep.
Gerig op “lees om te leef”
Die inhoud van die antwoorde neem in ag dat tieners en volwassenes meesal geskuif het van ‘n “lees om te leer” na ‘n “lees om te leef” ingesteldheid. Volwasse-wordende gelowiges is besig om nie net al hoe meer inligting te versamel ter wille van ’n beter begrip van geestelike sake nie. Hulle wil al hoe meer betekenis maak met wat hulle lees.
Die antwoorde en Bybelse inhoude van hierdie boek sluit by hierdie behoefte aan. Die boek sal jou help om al hoe meer die Bybelse antwoorde op jou lewensvrae te verstaan en vir jouself toe te eien, sodat jy dit kan leef.
Gerig op ’n algemene Christelike verwoording van basiese Bybelse waarhede
Die boek is ‘n algemene Christelike verwoording van basiese Bybelse waarhede. Dit is gerig op alle gelowiges, nie net op gelowiges van ‘n spesifieke kerk nie. Daarom word die antwoorde só geformuleer dat gelowiges hulle eie materiaal kan gebruik om die antwoorde verder in te kleur.
Die antwoorde is in die enkelvoud geskrywe sodat ’n mens die antwoorde vir jouself kan toeëien. By die geloofsbelydenis van Nicea en die Ons Vader gebed is die tradisionele “ons” egter behou. Dit is nodig sodat daar ‘n gevoel van gemeenskap met mekaar in die geloofsbelydenis en gebed geskep kan word.
As weergawe van die gesamentlike geloofsbelydenis is die Geloofsbelydenis van Nicea gekies, omdat dit ’n baie algemene ekumeniese belydenis is, en die verwoording van die belydenis oor die Seun en die Gees meer omvattend is daarin.
Daar word in die antwoorde na elke artikel van die drie ekumeniese geloofsbelydenisse verwys: Apostoliese Geloofsbelydenis, Geloofsbelydenis van Nicea, en Geloofsbelydenis van Athanasius. Daar word ook na elke artikel van die Gereformeerde Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB) en die Heidelbergse Kategismus (HK) verwys, sowel as die grootste deel van die Dordtse Leerreëls (DL), en die Westminster Geloofsbelydenis (WG). Daar is ook ‘n paar verwysings nadie Westminster Korter Kategismus (WKK).
Vir die statistici onder ons: daar is aanhalings uit 42 boeke van die Bybel waarvan 15 uit die OT boeke is. Daar is aanhalings uit al 27 NT boeke. In totaal is daar 299 Skrifverwysings na perikope en verse. Op die webtuiste sal daar indekse verskyn wat die boek vir jou vanuit die Skrifverwysings sowel as die verwysings na geloofsbelydenisse kan oopsluit.
Geskryf in samehang met die metgesel boek Wat glo jy?
Dit was ’n groot voorreg om hierdie boek Wie is God? te skryf in samehang met en as metgesel vir die boek Wat glo jy?wat tegelykertyd uitgegee word. Daardie boek is gerig op agt- tot twaalfjarige kinders en gee korter 20-woord antwoorde op dieselfde vrae. Dit word steeds begrond met kort aanhalings uit die Bybel, maar ook met ’n bykomende Bybelse verhaal of gelykenis wat deur ’n kort 100-woord opsomming meer bevatlik vir kinders sal wees.
Die antwoorde in Wat glo jy? is doelbewus dieselfde as die swartgedrukte deel van hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat kinders kan deelneem.
DV word in die vooruitsig gestel dat daar mettertyd ook ‘n Bybelstudieboek sal verskynwat in veertig weke deur hierdie 52 vrae en antwoorde sal werk. Daar sal dan uiteraard baie dieper ingegaan kan word op die antwoorde.
Dankwoord
Ek is dankbaar teenoor Chris Johnsen en Sua du Plessis van CUM vir die vertroue in my om hierdie publikasies die lig te laat sien. Hulle meelewing en aanmoediging was van onskatbare waarde. Ek is dankbaar teenoor Tim Keller wie se New City Catechism van groot waarde was in my navorsing. Ek is ook dankbaar teenoor my belydenisklas (2017) met wie ek saam in die Bybel en ons belydenisskrifte na antwoorde op hierdie vrae gesoek het. Die lewendige gesprekke sal my bybly. God is regtig groot en genadig, goed en getrou. Hy sorg vir alles en almal, vol liefde en trou.
Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
Ansie LessingonNumeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
Chris van ZylonNumeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
Chris van WykonJeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
PetroonJeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
Chris van WykonJesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
Marizanne LouwonJesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
Chris van WykonLukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
Susanna EllisonLukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
Chris van WykonNumeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
JerimyonNumeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
Chris van WykonOpenbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
Chris van WykonLevitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…