Skip to main content

Wat glo jy? – 52 antwoorde op kinders se vrae oor God, Christus, geloof en die Gees.

Kik hier om dit aan te skaf

Wie is God? Wat is die Bybel? Wat is sonde? Hierdie konsepte is soms vir volwassenes moeilik om te verklaar, wat nog te sê vir kinders. Ek bied met hierdie boek egter ’n maklike en kinder-vriendelike oplossing om kinders toe te rus om die kernwaarhede van die Christelike geloof te begryp en sinvol weer te gee.

In Wat glo jy? gee ek antwoorde vir 52 geloofsvrae wat as basis vir die Christelike geloof beskou kan word. Elkeen van hierdie vrae word toegelig met ’n eenvoudige antwoord, ’n opsomming van ’n Bybelstorie ter illustrasie van die konsep en ’n teksgedeelte uit die Bybel.

Wat glo jy? is bedoel vir kinders tussen 8 en 12 jaar omdat hulle ’n onderskeid tussen feite en interpretasies begin ontwikkel en hulle eie menings begin vorm. Dit is dus die ideale tyd om die basiese boustene vir ’n standvastige geloof te lê.

Wat glo jy? is geskryf in samehang met en as metgesel vir Wie is God? wat gemik is op die volwasse mark. Wie is God? gee omvattender 60-woord-antwoorde op dieselfde vrae. Dit
word ook dieper begrond in die Bybel, maar bevat steeds ook volledig hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke.

Hier is meer inligting uit die Voorwoord van die boek.

Gerig op agt- tot tienjarige kinders

Wat glo jy? is gerig op agt- tot twaalfjarige kinders.  Dit beantwoord die mees algemene vrae oor God, Christus, geloof en die Gees.

Elke antwoord word aangevul met ‘n Bybelse verhaal of gelykenis.  ‘n Opsomming van die meer konkrete inhoud daarvan help jou om die Bybel beter te verstaan.  Daar is ook aanhalings van ander Skrifgedeeltes en verwysings na die belydenisskrifte wat die antwoorde dieper begrond.

Gerig op geloofsgroei en geloofsbegeleiding

Die boek is bedoel vir kinders om self in hulle geloof te groei.  Die kort 20-woord antwoord saam met die Bybel verhale en ’n Bybelteks kan in jou stiltetyd gebruik word.  Deur vyf vrae ’n week te hanteer, kan jy die inhoud daarvan binne ’n kwartaal in jou hart bêre. Memoriseer dit en lees daarna van tyd tot tyd weer die vrae en antwoorde. Só sal dit deel van jou manier van dink en doen word.

Die boek is ook bedoel vir ouers, kategete en opvoeders wat kinders in hulle geloofsontwikkeling wil begelei.  Daarom is daar by elke antwoord verwysings na die belydenisskrifte waarop die antwoorde berus.  Die boek is dus uiters geskik om in gesprekvoering oor God, geloof en die Bybel te gebruik.  Dit kan gemaklik in ’n jaar deurgewerk word in ’n groep.

Gerig op “lees om te leer”

Die inhoud van die antwoorde neem in ag dat kinders van hierdie ouderdom meesal geskuif het van ‘n “leer om te lees” na ‘n “lees om te leeringesteldheid.  Hulle is besig om ‘n al hoe beter onderskeid tussen feite en interpretasies te maak. Hulle begin om hulle eie menings te vorm. Hulle vermoë om afleidings te maak van wat hulle lees, groei ook al hoe meer en stel hulle in staat om verbande te lê met hulle leefwêreld.

Die antwoorde en Bybelse inhoude van hierdie boek sluit by hierdie ontwikkeling aan. Die boek sal kinders help om al hoe meer die Bybelse antwoorde op hulle lewensvraete verstaan en vir hulleself toe te eien, juis omdat die inhoud nie te abstrak is nie.  Die Bybelse verhale verduidelik waarhede wat andersins by hulle sou kon verbyglip.

Gerig op geloofsgesprekke

Kinders is in hierdie fase ook besig om ‘n al hoe beter begrip van oorsaak en gevolgte ontwikkel. Hierdie ontwikkelingsfase is daarom ‘n vrugbare tyd vir n gesprek oor die genade van die evangelie met vrae soos: Wat is sonde?”, “Wat beteken Jesus se kruisdood vir jou?”, en “Wat beteken die vergifnis van al jou sondevir jou?

Kinders van dié ouderdom hou ook daarvan om verskillende kante van n antwoord op n vraag te ondersoek en die waarheid vir hulleself toe te eien.  Daarom sal die verdere leeswerk in die belydenisskrifte ’n dieper dimensie aan geloofgesprekke met begeleiers verleen.  Skakels na gratis weergawes van die belydenisskrifte in pdf formaat kan by bybelskool.com gekry word.  Vrae en kommentaar kan ook daar gevra en gelewer word.

Begeleiers moet onthou dat daar ‘n sosiale kant van kinders se ontwikkeling in taal– en konseptuele vaardighede is.  Kinders verstaan al hoe beter watter rol gee-en-neem” in ‘n gesprek speel, en geniet dit om iets te bespreek en hulle menings te toets en te vorm.  Laat die kinders dus toe om hulle eie vrae te vra, menings te vorm, en volledig deel te neem aan die gesprekke.

Gerig op ’n algemene Christelike verwoording van basiese Bybelse waarhede

Die boek is ‘n algemene Christelike verwoording van basiese Bybelse waarhede. Dit is gerig op alle gelowiges, nie net op gelowiges van ‘n spesifieke kerk nie.  Daarom word die antwoorde só geformuleer dat gelowiges hulle eie materiaal kan gebruik om die antwoorde verder in te kleur.

Die antwoorde is in die enkelvoud geskrywe sodat ’n mens die antwoorde vir jouself kan toeëien. By die geloofsbelydenis van Nicea en die Ons Vader gebed is die tradisionele “ons” egter behou.  Dit is nodig sodat daar ‘n gevoel van gemeenskap met mekaar in die geloofsbelydenis en gebed geskep kan word.

As weergawe van die gesamentlike geloofsbelydenis is die Geloofsbelydenis van Nicea gekies, omdat dit ’n baie algemene ekumeniese belydenis is, en die verwoording van die belydenis oor die Seun en die Gees meer omvattend is daarin.

Daar word in die antwoorde na elke artikel van die drie ekumeniese geloofsbelydenisse verwys: Apostoliese Geloofsbelydenis, Geloofsbelydenis van Nicea, en Geloofsbelydenis van Athanasius. Daar word ook na elke artikel van die Gereformeerde Nederlandse Geloofsbelydenis(NGB) en die Heidelbergse Kategismus (HK) verwys, sowel as die grootste deel van die Dordtse Leerreëls (DL), en die Westminster Geloofsbelydenis (WG).  Daar is ook ‘n paar verwysings na die Westminster Korter Kategismus (WKK).

Geskryf in samehang met die metgesel boek Wie is God?

Dit was ’n groot voorreg om hierdie boek Wat glo jy? te skryf in samehang met en as metgesel vir die ander boek Wie is God? wat tegelykertyd uitgegee word. Daardie boek is gerig op tieners en volwassenes en gee meer volledige 60-woord antwoorde op dieselfde vrae. Dit word ook dieper begrond in die Bybel, maar bevat steeds ook volledig hierdie boek se antwoorde.  Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke.

Dankwoord

Ek is dankbaar teenoor Chris Johnsen en Sua du Plessis van CUM vir die vertroue in my om hierdie publikasies die lig te laat sien.  Hulle meelewing en aanmoediging was van onskatbare waarde.  Ek is dankbaar teenoor Tim Keller wie se New City Catechism van groot waarde was in my navorsing.  Ek is ook dankbaar teenoor my belydenisklas (2017) met wie ek saam in die Bybel en ons belydenisskrifte na antwoorde op hierdie vrae gesoek het.  Die lewendige gesprekke sal my bybly.  God is regtig groot en genadig, goed en getrou.  Hy sorg vir alles en almal, vol liefde en trou.

Chris van Wyk

 


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…