Wie is God? Wat is die Bybel? Wat is sonde? Hierdie konsepte is soms vir volwassenes moeilik om te verklaar, wat nog te sê vir kinders. Ek bied met hierdie boek egter ’n maklike en kinder-vriendelike oplossing om kinders toe te rus om die kernwaarhede van die Christelike geloof te begryp en sinvol weer te gee.
In Wat glo jy? gee ek antwoorde vir 52 geloofsvrae wat as basis vir die Christelike geloof beskou kan word. Elkeen van hierdie vrae word toegelig met ’n eenvoudige antwoord, ’n opsomming van ’n Bybelstorie ter illustrasie van die konsep en ’n teksgedeelte uit die Bybel.
Wat glo jy? is bedoel vir kinders tussen 8 en 12 jaar omdat hulle ’n onderskeid tussen feite en interpretasies begin ontwikkel en hulle eie menings begin vorm. Dit is dus die ideale tyd om die basiese boustene vir ’n standvastige geloof te lê.
Wat glo jy? is geskryf in samehang met en as metgesel vir Wie is God? wat gemik is op die volwasse mark. Wie is God? gee omvattender 60-woord-antwoorde op dieselfde vrae. Dit
word ook dieper begrond in die Bybel, maar bevat steeds ook volledig hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke.
Hier is meer inligting uit die Voorwoord van die boek.
Gerig op agt- tot tienjarige kinders
Wat glo jy? is gerig op agt- tot twaalfjarige kinders. Dit beantwoord die mees algemene vrae oor God, Christus, geloof en die Gees.
Elke antwoord word aangevul met ‘n Bybelse verhaal of gelykenis. ‘n Opsomming van die meer konkrete inhoud daarvan help jou om die Bybel beter te verstaan. Daar is ook aanhalings van ander Skrifgedeeltes en verwysings na die belydenisskrifte wat die antwoorde dieper begrond.
Gerig op geloofsgroei en geloofsbegeleiding
Die boek is bedoel vir kinders om self in hulle geloof te groei. Die kort 20-woord antwoord saam met die Bybel verhale en ’n Bybelteks kan in jou stiltetyd gebruik word. Deur vyf vrae ’n week te hanteer, kan jy die inhoud daarvan binne ’n kwartaal in jou hart bêre. Memoriseer dit en lees daarna van tyd tot tyd weer die vrae en antwoorde. Só sal dit deel van jou manier van dink en doen word.
Die boek is ook bedoel vir ouers, kategete en opvoeders wat kinders in hulle geloofsontwikkeling wil begelei. Daarom is daar by elke antwoord verwysings na die belydenisskrifte waarop die antwoorde berus. Die boek is dus uiters geskik om in gesprekvoering oor God, geloof en die Bybel te gebruik. Dit kan gemaklik in ’n jaar deurgewerk word in ’n groep.
Gerig op “lees om te leer”
Die inhoud van die antwoorde neem in ag dat kinders van hierdie ouderdom meesal geskuif het van ‘n “leer om te lees” na ‘n “lees om te leer” ingesteldheid.Hulle is besig om ‘n al hoe beter onderskeid tussen feite en interpretasies te maak. Hulle begin om hulle eie menings te vorm.Hulle vermoë om afleidings te maak van wat hulle lees, groei ook al hoe meer en stel hulle in staat om verbande te lê met hulle leefwêreld.
Die antwoorde en Bybelse inhoude van hierdie boek sluit by hierdie ontwikkeling aan. Die boek sal kinders help om al hoe meer die Bybelse antwoorde op hulle lewensvraete verstaan en vir hulleself toe te eien, juis omdat die inhoud nie te abstrak is nie. Die Bybelse verhale verduidelik waarhede wat andersins by hulle sou kon verbyglip.
Gerig op geloofsgesprekke
Kinders is in hierdie fase ook besig om ‘n al hoe beter begrip van oorsaak en gevolgte ontwikkel. Hierdie ontwikkelingsfase is daarom ‘n vrugbare tyd vir ‘n gesprek oor die genade van die evangelie met vrae soos: “Wat is sonde?”, “Wat beteken Jesus se kruisdood vir jou?”, en “Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou?”
Kinders van dié ouderdom hou ook daarvan om verskillende kante van ‘n antwoord op ‘n vraag te ondersoek en die waarheid vir hulleself toe te eien. Daarom sal die verdere leeswerk in die belydenisskrifte ’n dieper dimensie aan geloofgesprekke met begeleiers verleen. Skakels na gratis weergawes van die belydenisskrifte in pdf formaat kan by bybelskool.comgekry word. Vrae en kommentaar kan ook daar gevra en gelewer word.
Begeleiers moet onthou dat daar ‘n sosiale kant van kinders se ontwikkeling in taal– en konseptuele vaardighede is. Kinders verstaan al hoe beter watter rol “gee-en-neem” in ‘n gesprek speel, en geniet dit om iets te bespreek en hulle menings te toets en te vorm. Laat die kinders dus toe om hulle eie vrae te vra, menings te vorm, en volledig deel te neem aan die gesprekke.
Gerig op ’n algemene Christelike verwoording van basiese Bybelse waarhede
Die boek is ‘n algemene Christelike verwoording van basiese Bybelse waarhede. Dit is gerig op alle gelowiges, nie net op gelowiges van ‘n spesifieke kerk nie. Daarom word die antwoorde só geformuleer dat gelowiges hulle eie materiaal kan gebruik om die antwoorde verder in te kleur.
Die antwoorde is in die enkelvoud geskrywe sodat ’n mens die antwoorde vir jouself kan toeëien. By die geloofsbelydenis van Nicea en die Ons Vader gebed is die tradisionele “ons” egter behou. Dit is nodig sodat daar ‘n gevoel van gemeenskap met mekaar in die geloofsbelydenis en gebed geskep kan word.
As weergawe van die gesamentlike geloofsbelydenis is die Geloofsbelydenis van Nicea gekies, omdat dit ’n baie algemene ekumeniese belydenis is, en die verwoording van die belydenis oor die Seun en die Gees meer omvattend is daarin.
Daar word in die antwoorde na elke artikel van die drie ekumeniese geloofsbelydenisse verwys: Apostoliese Geloofsbelydenis, Geloofsbelydenis van Nicea, en Geloofsbelydenis van Athanasius. Daar word ook na elke artikel van die Gereformeerde Nederlandse Geloofsbelydenis(NGB) en die Heidelbergse Kategismus (HK) verwys, sowel as die grootste deel van die Dordtse Leerreëls (DL), en die Westminster Geloofsbelydenis (WG). Daar is ook ‘n paar verwysings na die Westminster Korter Kategismus (WKK).
Geskryf in samehang met die metgesel boek Wie is God?
Dit was ’n groot voorreg om hierdie boek Wat glo jy? te skryf in samehang met en as metgesel vir die ander boek Wie is God? wat tegelykertyd uitgegee word. Daardie boek is gerig op tieners en volwassenes en gee meer volledige 60-woord antwoorde op dieselfde vrae. Dit word ook dieper begrond in die Bybel, maar bevat steeds ook volledig hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke.
Dankwoord
Ek is dankbaar teenoor Chris Johnsen en Sua du Plessis van CUM vir die vertroue in my om hierdie publikasies die lig te laat sien. Hulle meelewing en aanmoediging was van onskatbare waarde. Ek is dankbaar teenoor Tim Keller wie se New City Catechism van groot waarde was in my navorsing. Ek is ook dankbaar teenoor my belydenisklas (2017) met wie ek saam in die Bybel en ons belydenisskrifte na antwoorde op hierdie vrae gesoek het. Die lewendige gesprekke sal my bybly. God is regtig groot en genadig, goed en getrou. Hy sorg vir alles en almal, vol liefde en trou.
Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
Ansie LessingonNumeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
Chris van ZylonNumeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
Chris van WykonJeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
PetroonJeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
Chris van WykonJesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
Marizanne LouwonJesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
Chris van WykonLukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
Susanna EllisonLukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
Chris van WykonNumeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
JerimyonNumeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
Chris van WykonOpenbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
Chris van WykonLevitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
Gretna
Mag ek vra van watter kerk asb?
Chris van Wyk
Ek is ‘n leraar van die NG Kerk.