Genesis 37 – Josef die dromer word ‘n slaaf in Egipte
Ons kom by die vyfde en in vele opsigte die belangrikste fase van die verbondsgeskiedenis in Genesis. Dit is die familiegeskiedenis van Jakob, maar word ook die Josef-siklus genoem, omdat Josef so ‘n belangrike rol in hoofstuk 37-50 speel. Trouens, Josef is die eerste persoon wat in die familiegeskiedenis van Jakob genoem word en is die hoofkarakter waarom dié uitmuntend saamgestelde verhaal wentel.
‘n Mens kan die verhaal in twaalf episodes indeel wat ook die manier vorm waarop ons dit gaan lees:
- Josef die dromer word ‘n slaaf in Egipte – Gen. 37
- Tamar word in die gelyk gestel teenoor Juda – Gen. 38
- Josef weerstaan Potifar se vrou – Gen. 39:1-20
- Josef lê drome uit in die tronk – Gen. 39:21-40:23
- Josef se lot word dramaties verander – Gen. 41
- Jakob se seuns word deur God uitgedaag in Egipte – Gen. 42
- Jakob stuur Benjamin na Egipte in die hoop dat God hulle goedgesind sal wees – Gen. 43
- Juda pleit vir Benjamin se lewe toe God hulle sonde aan die lig bring – Gen. 44
- Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was – Gen. 45
- Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef – Gen. 46
- Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns – Gen. 47-48
- Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms – Gen. 49-50
Onlangse kommentaar