In hoofstuk 2 het ons drie van Paulus se vier gevolgtrekkings oor die kerk gelees, wat voortvloei uit die baie belangrike stelling oor die kerk in hoofstuk 1:22-23: dat God Jesus oor alles in hemel en aarde aangestel het, en dat die kerk sy liggaam is: “die volheid van Hom wat alles in almal vervul”.
Ons lees vandag die vierde gevolgtrekking: “Alle mense kan deel word van die Godsvolk deur Christus Jesus” in 3:1-13, waarna ons een van die mooiste gebede in die Bybel – 3:14-21 – sal lees, waarin Paulus vra dat die hele gemeenskap van gelowiges heeltemal vervul sal word met die volheid van God, as ‘n getuienis aan alle mense dat hulle in Christus Jesus vrede met God kan geniet.
Paulus begin hierdie hoofstuk met ‘n frase wat baie herinner aan Filippense 1:27: “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.” In Filippense praat Paulus van ‘n ooreenstemming met die evangelie van Jesus Christus, hier van ‘n ooreenstemming met die roeping wat hulle van God ontvang het. Die roeping het dus te make met die wyse waarop die evangelie in die wêreld tot sy reg kom.
Paulus beweeg nou van die beskrywing van hoe die kerk behoort te werk, na hoe hulle lewens behoort te werk. En in drie perikope beskryf hy hoe dié lewe daar moet uitsien: 1) ‘n heilige lewe – 4:17-24; 2) ‘n lewe in liefde – 4:25-5:5; 3) vervul met die Heilige Gees – 5:6-20.
‘n Heilige lewe – 4:17-24
Dit is interessant vir my dat Paulus se appèl op ‘n heilige lewe (vers 24) gebaseer is op wat God reeds vir hulle gedoen het (vers 20), en wat in die kerk se groei na Christus toe geïllustreer word (vers 15-16).
Paulus sê nie vir hulle: kry julle lewens reg sodat julle deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges kan word nie. Hy sê in teendeel: julle is deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges – tree dan op as mense van wie dit waar is. Dit is ómdat ons die Here leer ken het, en ómdat ons in ‘n gemeenskap van gelowiges tereg gekom het, dat ons eintlik nie anders kan as om regtig te breek met die ou sondige mens in ons, en ons gees en gedagtes nuut kan word.
Paulus vervolg om oor die lewenstyl te gesels wat in die huwelik, huisgesin en werksomgewing gehandhaaf moet word – soos hy dit ook in die brief aan Kolosse gedoen het.
Die huweliksverhouding – 5:21-33
Die beskrywing van die huweliksverhouding begin by die algemene opdrag dat Christene uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig moet wees. Mans en vrouens het almal hierdie opdrag. Trouens, in die Grieks word die woord net in vers 21 gebruik en veronderstel in vers 22 waar van die vroue spesifiek gepraat word.
Die Engelse vertaling submit (NIV) of yield (NCV)vir die Griekse woord hupotasso help ons miskien meer as die Afrikaanse vertaling van onderdanigheid. Want die idee agter submit is dat die belange van die ander persoon eerste gestel word.
Paulus sluit sy brief af met ‘n fokus op wat ‘n mens krag gee in die publieke stryd om standvastig te bly in en vir die evangelie van Jesus Christus. God is besig om sy een nuwe mensheid te vestig (hfst 2) en deur die kerk uit te brei (hfst 3-4) en wil deur die krag wat Hy gee, sorg dat die liggaam van Christus die oorwinning sal behaal in die stryd om geestelike lojaliteit in die lewe van mense. Dit is ‘n geestelike stryd wat met die ideologieë en verstaansraamwerke van mense en sisteme te make het – polities, ekonomies, en kultureel – sowel as met die kosmiese magte wat daaragter sit.
Dit sluit aan by wat Paulus al vroeër gesê het en bou op die uitsprake van God wat krag gee. Ons het juis nodig dat ons oë oopgaan vir die groot krag wat God in ons ontketen het, soos Paulus al in 1:19 geskrywe het: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet … hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo”!
En die rede waarom dit belangrik is, is omdat dit net God se krag is wat ons in staat sal stel om op ons pos te kan bly en mee te werk aan die vestiging en uitbreiding van die evangelie! Ons voer die stryd nie alleen nie.
Dit is interessant om te sien wat die dinge is waardeur ons die krag van God ervaar en toelaat in ons lewe. Paulus noem 7 maniere, waarvan net een, die Woord, met ‘n aanvalswapen gekoppel word, die swaard:
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar