Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Psalm 136

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 136 was waarskynlik bedoel as wisselsang tussen ‘n liturg of tempelkoor en die geloofsgemeenskap in die tempel. Die liturg of koor het die eerste reël van elke vers gesing en die gemeente het geantwoord, telkens met dieselfde frase: “want vir ewig duur sy troue liefde” (2020-vertaling) of soos in die NLV: “Aan sy liefde is geen einde nie.” Dieselfde tipe teologie as in Psalm 135 word ook hier verkondig: God is goed; God is groot in die skepping en in die geskiedenis; God sorg vir sy volk in die gawe van die land sowel as vir almal met sy voorsiening van kos: “wat kos gee aan alles wat leef”. Wat die Psalm egter laat uitstaan is die fokus op die hêsêd van die Here wat 26 keer herhaal word – sy troue liefde. Só word by die geloofsgemeenskap die hart van die Godsbegrip ingeskerp, dat God liefde is, nie net ‘n liefde wat ‘n reaksie is op hulle gehoorsaamheid nie, maar ‘n liefde wat ten spyte van omstandighede voortgaan en hou. Die volk sou hieruit ook kon aflei, al is was dit nog asof deur ‘n spieël in ‘n raaisel, dat God se troue liefde nie net iets is wat vir ewig duur in terme van hulle tydsbegrip nie. Sy troue liefde deurstaan ook die toets van die tyd. Dit verander nie. Dit bly altyd dieselfde. Dit bly waar regdeur die geslagte, en regdeur die geskiedenis. ‘n Mens kan altyd op God se liefde staatmaak. God is immers liefde, soos die NT in Jesus Christus later so helder sou bely (1 Joh. 4:8). ‘n Mens kan die Psalm in drie dele opdeel (God is goed – vers 1-3; God is groot – vers 4-20; God sorg vir sy volk – vers 21-25, met die laaste opsommende lofprysing in vers 26), net soos dit in Ps. 135 die geval is.

Bid die Psalm

“Prys die Here, want Hy is goed! Aan sy liefde is geen einde nie. Prys die God van die gode. Aan sy liefde is geen einde nie. Prys die Heer van die here. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy wat alleen magtige dade doen. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy wat die hemele met insig gemaak het. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy wat die aarde oor die waters uitgesprei het. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy het die groot ligte gemaak, Aan sy liefde is geen einde nie. die son om te heers oor die dag, Aan sy liefde is geen einde nie. die maan en die sterre om te heers oor die nag. Aan sy liefde is geen einde nie. Die eerstelinge van Egipte het Hy getref Aan sy liefde is geen einde nie. en Israel onder hulle uitgelei Aan sy liefde is geen einde nie. met ’n sterk hand en uitgestrekte arm. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy het die Rietsee oopgekloof Aan sy liefde is geen einde nie. en Israel veilig laat deurtrek, Aan sy liefde is geen einde nie. maar Farao en sy leër in die Rietsee gegooi. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy het sy volk deur die woestyn gelei. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy het magtige konings uitgeroei, Aan sy liefde is geen einde nie. en magtige konings doodgemaak: Aan sy liefde is geen einde nie. Sihon, die koning van die Amoriete, Aan sy liefde is geen einde nie. en Og, die koning van Basan. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee, Aan sy liefde is geen einde nie. ’n erfdeel vir Israel, sy dienaar. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy het aan ons gedink toe ons moedeloos was Aan sy liefde is geen einde nie. en ons gered van ons vyande. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy gee kos aan al wat lewe. Aan sy liefde is geen einde nie. Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is geen einde nie.” NLV

Boodskap en betekenis

‘n Mens kan nie anders as om Paulus se fokus op God se liefde in herinnering te roep nie, soos hy so roerend helder in sy brief aan die huisgemeentes van Rome skryf:

35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 8:35-39). Loof vandag die Here met dié inhoud in gedagte as jy die frase oor en oor in jou gedagtes herhaal: “want vir ewig duur sy troue liefde” (2020-vertaling) of soos in die NLV: “Aan sy liefde is geen einde nie.” Soos Peterson dit vertaal: “His love never quits.” (The Message)

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 135

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 135 is waarskynlik ‘n lied wat by verskeie van die feeste van Israel gebruik is, en pas dus aan die einde van die reeks van Pelgrimspsalms. Dit is tegelykertyd ‘n liturgie van lof waarin God se goedheid besing word sowel as ‘n liturgie van verwondering waarin God se grootheid in die hemel en aarde sowel as in die geskiedenis besing word. Dié werklikheid kom veral na vore in sy sorg vir sy volk waarin Hy hulle help om die verleiding van die afgode te kan trotseer. Ons hanteer dit as ‘n eenheid.

Bid die Psalm

“Prys die Here! Prys die Naam van die Here! Prys Hom, dienaars van die Here, julle wat diens doen in die Here se huis, in die voorhowe van die huis van ons God. Prys die Here, want die Here is goed; sing tot eer van sy heerlike Naam. Die Here het Jakob vir Hom gekies, vir Israel as sy besondere besitting. Ek weet die Here is groot, ons Here is groter as alle gode. Die Here doen wat Hy wil, in die hemel en op die aarde, op die see en in die diepste oseane. Hy laat wolke oor die aarde saampak. Hy maak weerlig vir die reën en bring die wind uit sy stoorkamers. Egipte se eerstelinge het Hy getref, mense sowel as diere. Oor Egipte het Hy wonders en tekens gestuur, oor die farao en al sy mense. Hy het groot nasies verslaan en magtige konings doodgemaak: Sihon, koning van die Amoriete, Og, koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän. Hulle land het Hy as erfdeel aan Israel gegee, as erfdeel vir sy volk Israel. U Naam, Here, duur vir altyd; U word onthou, Here, van geslag tot geslag. Die Here sal reg verskaf aan sy volk en Hom ontferm oor sy dienaars. Die afgode van die nasies is voorwerpe van silwer en goud, die werk van mensehande. Hulle het monde, maar is stom. Hulle het oë, maar kan nie sien nie. Hulle het ore, maar kan nie hoor nie, in hulle monde is geen asem nie. Hulle makers is net soos hulle, so ook almal wat op hulle vertrou. Israel, loof die Here! Priesters, nageslag van Aäron, loof die Here! Leviete, loof die Here! Julle wat Hom dien, loof die Here! Loof die Here in Sion, Hy wat woon in Jerusalem. Prys die Here!” NLV

Boodskap en betekenis

Die hele volk word opgeroep om die Here te loof, want Hy is goed. Sy goedheid het Hy bewys deur die feit dat Hy hulle as sy “persoonlike eiendom” – soos dit letterlik daar staan – uit te kies. Daarom moet al die diensknegte van die Here wat diens verrig in die huis van die Here – die tempelpersoneel – ook in die voorhowe van die huis van die Here – die hele volk – die Here loof. God se goedheid kan net iets beteken as Hy terselfdertyd ook groot is. Daarom besing die liturg (let op die enkelvoud) God se mag soos dit geopenbaar word in die skepping (vers 5-7) sowel as in die geskiedenis (vers 8-12). God is nie net groter as die afgode nie, maar Hy bewys dit boonop deurdat Hy alles wat Hy wil, kan doen. Hy kan dit boonop oral in die skepping doen, in die hemel en op die aarde, in die oseane en alle dieptes (ondergrondse waters). ‘n Mens sien dit ook in die stapelwolke wat opstyg, in die weerligstrale, in die wind en in die reën. God is egter nie net in die groot kosmiese skema en die ekologiese voorsiening betrokke nie. Hy is ook besig in die geskiedenis soos Hy met die plae, tekens en wonders in die verlossing uit Egipte gewys het teen die farao en al sy amptenare. Die Psalmis/liturg herinner die aanbidders aan die oorloë in die woestyn teen Sihon van die Amoriete en Og, die koning van Basan (Moses het hulle albei oorwin – Num. 21; Og was die laaste van die Refaïte, dit is reuse, volgens Deut. 3:11), sowel as die ander teen die konings van Kanaän met die Intog in die Beloofde Land. God het die land van die ander nasies af weggeneem en aan sy uitverkorenes gegee as ‘n erfdeel. Die Psalmis brei ook uit oor die Here se blywende sorg vir sy volk (vers 13-14), wat opgevolg word deur ’n uitspraak oor die afgode wat niks beteken nie (vers 15-18). Let op hoe God direk aangespreek word in die lofprysing van God se ewigheid, regverdigheid en ontferming. Dit is die dinge waarin God Hom laat ken en waarvoor Hy vertrou kan word. Daarteenoor verkondig die liturg die nutteloosheid van die afgode wat lyk asof hulle iets kan doen (monde, oë, ore), maar hulle praat nie, sien nie, en hoor nie, soos die spreekwoordelike apies. En hy gee die stellige waarskuwing dat mense wat hulle maak en op hulle vertrou net soos hulle sal word – nuttelose ornamente. Daarmee help die Psalmis die volk om die verleiding van die afgode te trotseer en hulle vreugde en vertroue in die Here te vind. Die Psalm sluit af soos dit begin het, met ’n oproep om die Here te loof (vers 19-21).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 134

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm is nie om dowe neute aan die einde van die reeks van 15 Pelgrimspsalms geplaas nie. Dit is ‘n wisselspraak tussen die pelgrims – vers 1-2 – en die tempelpersoneel – vers 3. Dit simboliseer die afskeid wat onvermydelik kom met die einde van die week se feesviering en uiteindelik met die terugreis na die eise van die normale lewe. Die hele gemeenskap van pelgrims roep dus aan die einde van die besoek die verantwoordelike tempelpersoneel op om die Here te seën of prys in die heiligdom terwyl hulle voortgaan om hulle diens deur die nag daar te verrig. Dit verwys waarskynlik onder andere na die Levitiese hoofwagte en poortwagte en ander funksionarisse wat vir die gladde verloop van die tempeldiens sowel as vir die beveiliging verantwoordelik was (vgl. 1 Kron. 9:10-34). Die tempelpersoneel reageer daarop deur op wederkerige wyse die seën van die Here uit Sion op elkeen van die pelgrims (vgl die enkelvoud jou) uit te spreek. Een só ‘n voorbeeld vind ons in die seënbede van Numeri 6:24-26: ”Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!” Waaraan die belofte gekoppel is: “So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.” Dié seën word hier ook spesifiek aan die Here wat hemel en aarde gemaak het, verbind. D.w.s., God sal hulle seën waar ook al hulle in sy skepping beweeg.

Bid die Psalm

“’n Pelgrimslied. Prys die Here, alle dienaars van die Here. Julle wat snags diens doen in die huis van die Here, hef op julle hande in die heiligdom en prys die Here. Mag die Here julle seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het.” NLV

Boodskap en betekenis

Die boodskap is dus duidelik. Die gereelde aanbidding by die tempel het die pelgrims in kontak gebring nie net met die lewensveranderende teenwoordigheid van die Here, maar sy omvattende seën vir die lewe ontsluit. Tye het verander, maar God se seën waar die geloofsgemeenskap bymekaar kom, is steeds ‘n werklikheid. Soos Jesus self sê: “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”(Matt. 18:19-20).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 133

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm van Dawid gebruik die ideaal van broers uit dieselfde uitgebreide familie wat eensgesind saamwoon op hulle gesamentlike erfporsie as metafoor om die viering van die eenheid van die pelgrims van die verbondsgemeenskap in Jerusalem te beskryf: “Kyk hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon.” Waar hulle uit alle rigtings bymekaar kom in Jerusalem en saam die Here in die verskillende feestelike liturgieë dien, illustreer hulle die onlosmaaklike band wat hulle in die Here met mekaar deel. Dit is die gom wat hulle dan ook weer saambind as hulle elkeen in sy eie rigting teruggaan na hulle eie stukkie van die grondgebied van Israel. Dié eenheid is aan die een kant ‘n geestelike een wat beskryf word met die kosbare reukolie wat van die kop af in die baard van Aäron, die hoëpriester, tot op sy klere afloop. Dit verwys na die bevele van die Here in dié verband wat Aäron en sy seuns in hulle diens aan die Here gesalf het (Eks. 29:7; 30:23-25, 30; Lev. 8:12). Dieselfde het natuurlik ook by die salwing van die konings gebeur wat hulle roeping geestelik bevestig het. Oral waar gelowiges dit dus regkry om hulle eenheid te bevestig het dit ‘n geestelike impak, nie net vir hulleself nie, maar ook vir hulle geloofsgemeenskap. Dié eenheid is aan die ander kant ook iets wat ‘n impak op die gewone lewe het, soos uitgedruk met die metafoor van die spreekwoordelike oorvloedige dou van die Hermonberg – ‘n berg in Sirië noord van Israel – wat ook op die berge by Sion sal val. Dit beteken dat die seën van eenheid het ook ‘n impak op die wyer gemeenskap. ‘n Mens kan selfs hieruit ekologiese en ekonomiese seën aflei.

Bid die Psalm

“’n Pelgrimslied. Van Dawid. Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon! Dit is soos kosbare olie op die kop wat afloop op die baard, op die baard van Aäron, tot op die soom van sy kleed. Dit is soos die dou van Hermonberg wat neersak op die berge van Sion. Want daar gee die Here sy seën: ’n baie lang lewe.” NLV

Boodskap en betekenis

Die punt is, waar mense dit regkry om eensgesind te leef met mekaar is daar ‘n ongelooflike seën, geestelik en andersins. Trouens, dit is iets wat jou eintlik ‘n voorsmakie van die ewige lewe gee, die lewe wat God aan ons skenk. Dié Psalm gee dus ‘n ongelooflike beeldryke ondersteuning vir die NT ideaal van eensgesindheid soos Paulus bv. aan die Filippense skryf: “Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing—maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.” (Fil. 2:1-4).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 132

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm roep die geskiedenis van Dawid en die koningshuis in herinnering. Die pelgrims dink terug aan die passie van Dawid om ‘n tempel vir die Here te bou waarin die ark, die simbool van God se teenwoordigheid, ‘n vaste rusplek kan kry. Die twee name wat in vers 6 genoem word, Efrata en Jaär, help ‘n mens om die geskiedenis van die ark in herinnering te roep sowel as die tradisie van die Messias wat aan God se teenwoordigheid gekoppel is. Efrata verwys na Betlehem, die plek waar Ragel oorlede is met die geboorte van Benjamin (Gen. 35:19). Dit is ook die plek waar die verhaal van Naomi en Rut afspeel. Ook Samuel se pa, Elkana, se voorsate het van Efrata af gekom (1 Sam. 1:1). Miga voorspel dat die Messias van Betlehem-Efrata afkomstig sal wees (Miga 5:1), die teks wat die Skrifgeleerdes in die NT oortuig het dat die sterrekenners die Christus in Betlehem moes gaan soek (Matt. 2:6). Die plek Jaär (Jaärsveld) verwys waarskynlik na die plek waar die ark vir ‘n tyd lank gehou is, Kirjat-Jearim. Dit was in die huis van Abinadab, waar sy seun Eleasar gewy is om na die ark om te sien (1 Sam. 6:21; 1 Sam. 7:1). Ná Dawid Jerusalem ingeneem en as hoofstad gevestig het, was die eerste ding wat hy gedoen het om die ark terug te bring na die tabernakel in Jerusalem (2 Sam. 6:1 vv.; 1 Kron. 13:6 vv.). Die pelgrims tree opnuut ook in vir die Dawidshuis dat die Here sy belofte van trou aan hom en sy nageslag sal nakom. Hulle fokus is egter nie net op die verlede en die herinnering aan wat God in die verlede gedoen het nie. Hulle bid dat God se trou ook hierna sal manifesteer in die voortgang en bevestiging van God se gesalfde, dit is Messias. Ons lees dit as ‘n eenheid.

Bid die Psalm

“’n Pelgrimslied. Here, onthou tog vir Dawid en alles wat hy deurgemaak het. Hy het ’n eed voor die Here afgelê, ’n gelofte gemaak aan die Magtige van Jakob: “Ek sal nie huis toe gaan en na my bed toe gaan nie. Ek sal my oë nie laat slaap of laat sluimer nie tot ek ’n plek gekry het vir die Here, ’n heiligdom vir die Magtige van Jakob.” Ons het gehoor die ark is in Efrata, en dit gekry in die velde van Jaär. Kom ons gaan sy woning binne; laat ons laag voor Hom buig. Kom na u rusplek toe, Here, U en die ark, die teken van u mag. Laat u priesters geklee word met regverdigheid; mag u troue dienaars sing van vreugde. Ter wille van u dienaar Dawid, moet tog nie u gesalfde verwerp nie. Die Here het vir Dawid gesweer, en dit staan vas. Hy sal daarvan nie afwyk nie: “Een van jou afstammelinge sal Ek op jou troon laat sit. As jou seuns luister na my verbond en die eise navolg wat Ek hulle leer, sal ook húlle seuns vir altyd regeer.” Want die Here het Sion gekies, dit as sy woning begeer: “Dit is my rusplek vir altyd. Hier sal Ek woon, want die plek het Ek begeer. Ek sal die stad oorvloedig seën met voedsel en haar armes van kos voorsien. Haar priesters klee Ek met redding; haar getroues sal sing van vreugde. Hier vestig Ek die mag van Dawid, en ’n nageslag vir my gesalfde. Ek klee sy vyande met skaamte, maar sý kroon sal bly skitter.”” NLV

Boodskap en betekenis

Die gebed het in die eerste plek ‘n toepassing op die wyse waarop die Godsvolk regeer word. Hulle tree veral in vir die koningshuis se gehoorsaamheid aan die verbond en sy bepalings en die seëninge wat daaraan verbind is. Dié seëninge sluit vier goed in:

  • God se voortgaande verkiesing van Sion as woonplek – d.w.s .sy teenwoordigheid;
  • God se voortgaande voorsiening van voedsel, ook vir behoeftiges;
  • God se verlossende geskenk van oorwinning vir die priesters – onthou die ark is ook met oorloë gebruik;
  • God se voortgaande voorsiening van nasate om op Dawid se troon te sit, wat die Messiaanse verwagting lewend gehou het: “sy kroon sal op hom skitter”.

Dié Psalm nooi ons dus ook uit om met onvermoeide ywer vir die koms van die koninkryk te bid, in die kerk, sowel as regdeur die wêreld.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar