Skip to main content

1 Konings 9:1-5 – God se oë en hart sal altyd wees by dié wat voor Hom leef met ‘n eerlike en opregte hart

23 Februarie

1 Konings 9:1-5 – God se oë en hart sal altyd wees by dié wat voor Hom leef met ‘n eerlike en opregte hart

1Pas nadat Salomo klaar was met die bou van die huis van die Here en die koninklike paleis, met alles wat hy beplan het, met alles wat hy graag wou doen, 2het die Here ‘n tweede keer aan Salomo verskyn, net soos Hy aan hom verskyn het by Gibeon. 3Die Here het vir hom gesê: “Ek het jou gebed, jou smeekbede wat jy pleitend voor My uitgespreek het, gehoor. Ek het hierdie tempel wat jy gebou het, geheilig deur my Naam vir altyd daar te vestig. My oë en my hart sal altyd daar wees. 4En jy, as jy voor My leef soos jou vader Dawid geleef het, met ‘n eerlike hart en in opregtheid, deur op te tree volgens alles wat Ek jou beveel, en my vaste voorskrifte en beslissings nakom, 5sal Ek jou koninklike troon oor Israel vir altyd laat standhou, soos Ek jou vader Dawid beloof het deur te sê, ‘Daar sal vir jou nooit iemand ontbreek op die troon van Israel nie.’”

Dit is opmerklik watter rol die herinneringe aan Dawid, en veral sy opregte hart, in die lewe van sy seun, Salomo, speel. Wanneer Salomo reg aan die begin van sy koningskap in gesprek is met die Here en hy terugdink oor sy pa Dawid se lewe sê Salomo van Dawid dat: “hy voor U geleef het in waarheid en geregtigheid, en ook met opregtheid van hart teenoor U.” (1 Kon 3:6) En dit word die motivering vir Salomo om van die Here te vra: “’n hart wat luister.” (1 Kon 3:9) En Salomo spel uit wat só ‘n hart beteken. Dit is met só ‘n hart wat hy sal kan slaag: “om as regter op te tree vir u volk, om te kan onderskei tussen goed en kwaad.” (1 Kon 3:9). Dit is dan presies wat die Here vir Salomo gee. ‘n Onderskeidingsvermoë, ‘n wyse en verstandige hart, ‘n hart soos sy pa, Dawid (1 Kon 3:11-12).

Wanneer Salomo die tempel inwy en in sy omvattende gebed die tempel aan die Here opdra, fokus hy ook op God se werk in hulle harte: “Mag die Here ons God met ons wees, soos Hy met ons voorouers was. Mag Hy ons nie verlaat nie, ons nie in die steek laat nie, sodat Hy ons harte na Hom sal wend om al sy paaie te volg en sy gebooie, vaste voorskrifte en bepalings na te kom wat Hy ons voorouers beveel het.” (1 Kon 8:57-58) En in vers 61: “En mag julle harte volkome by die Here ons God wees, deur sy vaste voorskrifte te volg en sy gebooie na te kom soos dit vandag is.” (1 Kon 8:61)

Hier verskyn die Here weer aan Salomo en maak die volgende belofte: My oë en my hart sal altyd daar wees. Wat ‘n ongelooflike toesegging. God wil met sy mense in gemeenskap lewe. Sy oë en sy hart sal altyd daar wees waar sy mense is. Maar, daar is een voorwaarde: “as jy voor My leef soos jou vader Dawid geleef het, met ‘n eerlike hart en in opregtheid, deur op te tree volgens alles wat Ek jou beveel, en my vaste voorskrifte en beslissings nakom.” (1 Kon 9:4-5) God se hart is daar vir dié wat Hom met ‘n eerlike hart en in opregtheid opsoek, wie se hart aan die Here behoort.

Lees meer (kyk aan die einde van ‘n preek oor 1 Samuel 16): https://ngkerksomerstrand.co.za/hoe-lyk-jou-hart-1-samuel-16/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.