1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou
Let op hoe Paulus die onderlinge eerbetoon motiveer: “sodat niemand sal kwaad praat van die Naam van God en van die Christelike leer nie”. Die gemeente is die draer en beskermer van die evangelie, en doen dit deur in leer en lewe opreg en outentiek te lewe. En veral in die werkplek kan die naam van God in gedrang kom, sowel as die leer van en geloof in Christus, as hulle met mekaar in konflik oor allerlei sou wees.
Lojaliteit aan mekaar en aan die evangelie is nie onderhandelbaar nie. Die bande tussen gelowiges is deur God gesmee, soos trouens ook hulle bande met Hom. En dit moet bo alles gehandhaaf word. Selfs ons onderlinge vermaning, bemoediging en onderskraging moet uit hierdie diep bewussyn van eenheid met mekaar en God gedoen word.
Onlangse kommentaar