Drie verdere verhale word oor Simson vertel. Op die oppervlak word hy aangedryf deur sy wellus vir die Filistynse vroue. Onder die oppervlak is die Here besig om hom as rigter in te span om die volk van die verdrukking deur die Filistyne te verlos.
Simson en die prostituut van Gasa – Rigters 16:1-3
Op ‘n keer was Simson in nog ‘n belangrike stad in Filistynse gebied, Gasa. Daar het ‘n Filistynse prostituut sy oog gevang en hy het by haar oornag. Die Filistyne wou hom verras by die stadspoort, maar hy het die stadspoort met deure, kosyne en al uitgeruk en tot by ‘n berg regoor Hebron in Judese gebied gedra.
Die verhaal dien eintlik maar net om sy legendariese krag ten toon te stel. Die heldedaad het niemand se lewe gekos nie.
Die skrywer van die boek Rigters fokus in hoofstuk 14-17 op vyf van die verhale oor Simson. Dit is duidelik dat daar meer sulke verhale was, soos die eerste woorde van die eerste verhaal reeds aandui: “Op ‘n keer”. Hierdie seleksie verhale gee egter ‘n goeie oorsig oor die wyse waarop die Here hom as rigter gebruik het:
Simson en die Filistynse meisie van Timna – Rigters 14:1-15:8
Simson uitgelewer aan die Filistyne deur die mense van Juda – Rigters 15:9-20
Simson en die prostituut van Gasa – Rigters 16:1-3
Simson en die Filistynse Delila van die Sorekvallei – Rigters 16:4-22
Simson vernietig die tempel van die Filistynse god Dagon – Rigters 16:23-31
Ons lees die eerste twee verhale in hoofstuk 14-15 as ‘n eenheid en daarna die drie verhale in hoofstuk 16.
Ná die fokus op Jefta in sy stryd met die Ammoniete verskuif die fokus van die boek na Simson in sy stryd met die Filistyne, iets wat alreeds in Rigters 10:7 aangeraak is. Die tydperke kon natuurlik ook oorvleuel het, omdat Simson meer in Juda in die suide van die land optree en Jefta in Gilead in die noordooste.
Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Die Here gee hierdie keer Israel vir ’n baie langer tyd as vantevore in die hand van hulle vyande oor – 40 jaar lank. Die patroon van verval en straf herhaal hom dus weer.
Die vyand kom nie hierdie keer uit die ooste, soos by Jefta nie, maar uit die weste. Die Filistyne het wes van Kanaän, in die kusstrook by die Middellandse See tot by die grens met Egipte in die suide, gewoon, dit wat ons vandag as die Gasa strook ken.
‘n Mens kan nie anders as om tot stilstand geruk te word deur ‘n tweede verhaal van ‘n man met ‘n gebroke verhouding met sy familie nie. Hulle leierskap was dus van die begin af gedoem tot ‘n kortstondige “flash in the pan” termyn. Die fundamentele onderbou wat ‘n gesonde familie in ‘n gesonde geloofsgemeenskap in ‘n intieme verhouding met die Verbondsgod aan jou gee, was hulle nie beskore nie.
Die eerste verhaal was dié van Abimelek, die seun by ‘n Kanaänitiese vrou wat sonder sy pa Gideon in Sigem grootword, soos ons in Rigters 9 gelees het. Abimelek het leeglêers rondom hom vergader en ‘n ou wrok ter wille van sy eie magsvergrype laat herleef.
Met die herinnering aan Sigem se Kanaänitiese voorouer Gamor, wie se mense deur die stamvaders Simeon en Levi meer as vyf eeue gelede uitgemoor is, vermoor hy self 69 van sy broers aan Joodse kant, en bestyg vir 3 jaar die troon. Totdat daar ook teen hom gedraai word. Hoe anders kon dit nie gewees het as hy in Ofra by Gideon grootgeword het in ‘n geborge familie omgewing nie!
Die tweede verhaal word nou hier in Rigters 11-12 vertel. Jefta was ‘n seun van Gilead uit Manasse, maar by ‘n Kanaänitiese prostituut. Hy was dus ‘n buite-egtelike kind en sonder enige wetlike beskerming. Sy ma was nie eers ‘n byvrou van Gilead nie. Sy het dus ook geen regte gehad nie.
Jefta se halfbroers by Gilead se wettige vrou het hulle dus van hom gedistansieer en weggejaag sodat hy nie saam met hulle sou erf nie. Bloed is dus nie dikker as water nie, veral nie as geld en besit ter sprake is nie. Sy pa Gilead het egter niks daaraan gedoen nie al was Jefta alreeds as kind bekend as ‘n dapper held. Hoe hartseer en hoe dom.
Jefta het van hulle af weggetrek en soos Abimelek ‘n klomp leeglêers rondom hom vergader. Die Hebreeuse woord rêqîm wat met leeglêers vertaal word, beteken letterlik leeg (soos in ‘n put of ‘n maag). Wanneer dit vir mense gebruik word, dra dit die betekenis oor van beginselloosheid of roekeloosheid (2 Sam 6:20). Dit kan ook vir ydele woorde (Deut 32:47) of nuttelose dinge gebruik word (Spr 12:11). Dié niksnutte raak nou sy mentors en meelopers!
En soos die verhaal ontplooi, kom jy agter dat daar dinge is wat hy nie weet nie – bv dat hy sy dogter sou kon loskoop uit die dwase gelofte wat hy gemaak het (Levitikus 27). As hy maar ‘n pa gehad het wat hom geleer het wat in die wet van God staan … dan kon die totale tragedie van sy dogter se dwase dood verhoed gewees het.
Die volgende drie hoofstukke beskryf vir ons eers twee kleiner rigters, Tola en Jaïr. Daarna word die verhaal van die groot rigter Jefta in al sy kleur en geur vertel. Die laaste hoofstuk sluit met die verhaal van drie kleiner rigters, Ibsan, Elon en Abdon. Vir die eerste keer sien ons dat die siklus van verval en verlossing die Here se geduld begin beproef … Hy begin onwillig raak om te red sonder dat die volk in ‘n volhoubare verhouding met Hom bevestig word.
Tola hou die naam van Issaskar hoog
Na Abimelek het Tola na vore gekom om die Israeliete te red. Hy was uit Issaskar en was vir 23 jaar lank ‘n rigter van Israel. Geen ander detail is oor hom bekend nie.
Jaïr verwerf vir hom ‘n naam met sy 30 seuns en hulle tentdorpe
Na Tola het Jaïr uit Gilead (die halwe stam Manasse oos van die Jordaan) na vore gekom wat 22 jaar lank ‘n rigter van Israel was. Oor hom is daar meer bekend. Hy het 30 seuns gehad en elkeen van hulle het op ’n jong donkie gery, voorspoedige vername mense. Hulle het ook 30 dorpe besit wat met die skrywe van die boek steeds die tentdorpe van Jaïr genoem is, soos die geval was met van hulle voorsate (Num 32:41; Deut 3:14; Jos 13:30). Meer as dit is nie oor hom bekend uit die boek Rigters nie.
Die Here raak onwillig om in te tree om die volk van hulle afvalligheid te red
Die werk van Tola vanuit Issaskar en dié van Jaïr vanuit Manasse het wel betekenis gehad vir die Israeliete, maar waarskynlik op ‘n meer lokale skaal. Dit kon nie voorkom dat die Israeliete oor hulle hele gebied in hulle ou gewoontes verval om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie.
Hierdie keer het hulle nie net die Baäls en die Astartes vereer nie, maar ook ‘n hele reeks van vyf ander: die gode van Sidon, dié van die Arameërs, dié van die Moabiete, dié van die Ammoniete en ook dié van die Filistyne. Sewe gode of godedomme in totaal. Hulle was op ‘n groot skaal ontrou aan die Here. Trouens, hulle het nie eers meer voorgegee dat hulle Hom dien nie.
Uiteraard het die Here vir hulle kwaad geword en hulle dié keer oorgegee in die mag van die Filistyne en die Ammoniete, maar hierdie keer nie in die hoop dat hulle tot inkeer sou kom nie. Nee, Hy het onwillig begin raak om die herhaalde afvalligheid om te keer. Terloops, die verhaal van die Filistyne sal natuurlik met die verhaal van Simson verder aangeraak word. Dit kan wees dat die verhaal van Jefta en Simson moontlik gelyklopend afgespeel het.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar