Skip to main content

Tag: Kronologiese Bybelleesplan

Hebreërs 3:12-4:13

Waak daarteen dat geeneen van julle van die lewende God afvallig word nie

Die skrywer brei in hierdie gedeelte uit op sy aanmoediging vanuit Psalm 95 dat die gelowiges na die stem van die Heilige Gees moet luister.  Hy spoor hulle egter aan om dit nie net self te doen nie, maar daarteen te waak dat nie een van hulle ooit van God afvallig word nie.

Hy doen dit in twee dele:

  • Hebreërs 3:12-19 – Spoor mekaar elke dag aan sodat niemand verhard word nie
  • Hebreërs 4:1-13 – Wees versigtig dat niemand agterbly om in God se rus in te gaan nie

Continue reading

Hebreërs 2-3:11

Jesus is die Leidsman van ons verlossing en die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis

Die skrywer vervolg met sy openbaring van Jesus en fokus hulle aandag op sy alles oortreffende rol in hulle verlossing en belydenis met die volgende twee boodskappe:

  • Hebreërs 2:1-18 – Jesus is die Leidsman van ons verlossing – opgebou rondom ’n uitleg van Psalm 8.
  • Hebreërs 3:1-11 – Jesus is die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis en daarom belangriker as Moses – opgebou rondom ’n uitleg van Psalm 95.

Continue reading

Hebreërs 1

God praat met ons deur sy Seun

Die brief-boodskap aan die Hebreërs word geskrywe aan huisgemeentes in ’n stad in Italië, waarskynlik Rome.  Dit is ’n “Boodskap van aansporing” of ’n “Boodskap van bemoediging” (Hebr. 13:22) aan ’n diverse groep gelowiges wat onder baie druk verkeer.

Hierdie gelowiges het tot bekering gekom deur die werk van eerstehandse getuies van die boodskap van Jesus (Hebr. 2:3;13:7).  Hulle was veral Jode (vgl. die titel: “Aan die Hebreërs”, hoewel dit eers later bygevoeg is), goed bekend met die Joodse geloof en tradisies, maar het waarskynlik ook gelowiges uit die heidene in hulle geledere gehad (“dié wat van Italië is” – Hebr. 13:24).

Die middel sestiger – die tyd van Nero se vervolging is die mees waarskynlike tyd vir die brief, hoewel dit nie meer presies gedateer kan word nie.  Teen die middel negentigs haal Klemens van Rome al uit die brief aan, so dit moes voor daardie tyd geskryf gewees het.

Hoewel hierdie gelowiges die verligting van die Heilige Gees en die “goeie woord van God gesmaak het” (Hebr. 6:4-5), het hulle ironies genoeg “traag geword om te luister” (Hebr. 5:11) en onder andere ’n “behoefte aan melk en nie vaste kos nie” (Hebr. 5:12) gehad.

Hoekom?  Dit is duidelik dat hulle baie teenstand in die gemeenskap ervaar het: ’n “geweldige stryd van lyding”.  Hulle is nie net “deur beledigings en verdrukking openlik bespotlik gemaak” nie, maar daar is ook vroeër op hulle besittings beslag gelê (Hebr. 10:32-36 – dit kan dui op keiser Claudius wat in 49 n.C. Christene saam met die Jode uit Rome verdryf het, of op die vervolginge in die sestiger-jare).  Baie van die gelowiges het dus die gevaar geloop om weens hierdie volgehoue druk uit die publieke gemeenskap van die geloof en die geloofsgemeenskap afvallig te raak.

Continue reading

2 Timoteus 4:1-22

Getrou aan jou roeping

Paulus fokus in hoofstuk 4 op die laaste een van die vier aspekte waaraan Timoteus getrou moet bly. Die eerste drie was getrouheid aan die evangelie, Christus en die Woord. Die laaste aspek is getrouheid aan sy roeping.

Continue reading

2 Timoteus 3:1-17

Getrou aan die Woord

Dan fokus Paulus op die hart van die getrouheid aan die evangelie en die Here Jesus Christus, en dit is om getrou te wees en bly aan die Woord van God. Hy moet bly in wat hy geleer het en vas glo, want dit is die enigste vaste bron van sekerheid wat rigting kan gee in ‘n tyd van afvalligheid.

Continue reading

Onlangse kommentaar