Genesis 2:4-25
Dit is nie goed dat die mens alleen is nie
Lees telkens eers die Bybelgedeelte (bv by die volgende skakel – registreer daar om dié 2020-vertaling te kan lees. Dit is gratis)
Die eerste fase van die geskiedenis van families
Die frase “dit is die geskiedenis van …” deel die res van die verhaal van Genesis in tien fases in. Die eerste vyf fases dek die tyd van die oergeskiedenis van die Skepping, Adam, en Noag tot en met die verhaal van Sem, Noag se kind. Die tweede vyf fases dek die tyd van die verbondsgeskiedenis met die verhaal van Tera waarin Abraham die groot rol speel, Ismael en Isak, Esau en Jakob wat eindig in Egipte.
Genesis 2:4 lei egter nie net die tweede skeppingsverhaal in nie, maar ook die sondeval waarvan Genesis 3 vertel. Die verhaal word as ‘n eenheid in sewe episodes vertel waarvan episode vier, die sondeval, die sentrum vorm (Wenham se indeling gebaseer op Gunkel):
- Episode 1 fokus op die tuin van Eden as lewensruimte vir die mens – 2:4-17
- Episode 2 fokus op die verhouding tussen die man en die vrou – 2:18-25
- Episode 3 fokus op die gesprek tussen die slang en die vrou – 3:1-5
- Episode 4 fokus op die sonde van die man en die vrou – 3:6-8
- Episode 5 fokus op die gesprek tussen God en die mens – 3:9-13
- Episode 3 fokus op die gesprek tussen die slang en die vrou – 3:1-5
- Episode 6 fokus op die versteuring van verhoudings in die skepping – 3:14-21
- Episode 2 fokus op die verhouding tussen die man en die vrou – 2:18-25
- Episode 7 fokus op die sluiting van die tuin van Eden vir die mens – 3:22-24

Onlangse kommentaar