Skip to main content

Tag: Kronologiese Bybelleesplan

Hebreërs 9:1-22

Jesus Christus reinig ons gewete van dooie werke sodat ons die lewende God kan dien

Hebreërs 9 brei uit op die tweede gevolg van Jesus se Hoëpriesterskap, nl., dat Jesus Christus ons gewete reinig sodat ons die lewende God kan dien (vers 14).  Hy doen dit in twee dele:

  • Jesus het Homself as vlekkelose offer aan God geoffer – Hebreërs 9:1-14;
  • Jesus is nou ’n Middelaar van ’n nuwe verbond – Hebreërs 9:15-22.

Continue reading

Hebreërs 8:1-13

Continue reading

Hebreërs 7:1-28

Jesus Christus is Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek

In hierdie hoofstuk begrond die skrywer sy aansporing tot geestelike volwassenheid in die Hoëpriesterskap van Jesus Christus.  Hy doen dit op twee maniere:

  • Hy beskryf die wese van Melgisedek se priesterskap – Hebreërs 7:1-10
  • Hy stel Jesus as Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek voor – Hebreërs 7:11-28

Hy sal in die volgende hoofstukke drie gevolge hiervan uitspel, dat:

  • Jesus die Hoëpriester van ’n beter verbond is – Hebreërs 8:1-13;
  • Jesus ons gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien – Hebreërs 9:1-22;
  • Jesus in die heiligdom van God verskyn ter wille van ons – Hebreërs 9:23-10:18.

Daarna sal hy ’n verdere appèl maak:

  • dat ons self die heiligdom van God sal betree met ’n opregte hart en volle geloofsekerheid, bemoedig deur ons eie geloofsgenote – Hebreërs 10:19-39, sowel as dié uit die verlede – Hebreërs 11;
  • sodat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding sal hardloop die oog gevestig op die Leidsman en Voleinder van die geloof – Hebreërs 12.

Sy brief-boodskap sal afsluit met ’n beskrywing van die tipe geloofsgemeenskap wat nodig is om hierdie groei na geestelike volwassenheid te ondersteun – Hebreërs 13.

Dit help om dié breë prentjie in gedagte te hou soos ons die twee perikope van Hebreërs 7 lees.

Continue reading

Hebreërs 5:11-6:20

Gaan voort na volwassenheid en hou stewig vas aan die hoop wat voorlê

Die skrywer is egter bewus van die feit dat die dinge wat hy oor Jesus se Hoëpriesterskap wil sê gefokusde aandag van die gemeente gaan verg.  “Hieroor het ons baie om vir julle te sê wat moeilik is om te verduidelik.”  Dit verwys terug na die boodskap oor Jesus, meer spesifiek sy Hoëpriesterskap.  In Hebreërs 7-8 sal die skrywer meer daaroor sê, omdat dit só ’n belangrike en hoopvolle boodskap is, maar nou wil hy eers die problematiek aanspreek waarom dit so moeilik is om daaroor te praat.

Daarom brei hy oor twee dinge in dié gedeelte uit:

  • Hebreërs 5:11-6:12 – Fokus op geestelike volwassenheid
  • Hebreërs 6:13-20 – Fokus op God se belofte

Continue reading

Hebreërs 4:14-5:10

Hou styf vas aan ons belydenis en nader met vrymoedigheid die troon van genade

Waar die skrywer in Hebreërs 3 gesê het dat Jesus belangriker is as Moses, vervolg hy hier om te verklaar dat Jesus ook belangriker as Aäron is.  Jesus is die “groot Hoëpriester.”

Continue reading

Onlangse kommentaar