Skip to main content

Tag: Kronologiese Bybelleesplan

Openbaring 13

Die antichris en die vals profeet vervolg die kerk

Openbaring 13 voltooi die prentjie van die Bose aanslag op die mensdom met die bekendstelling van twee diere, die dier uit die see (antichris) en die dier uit die aarde (vals profeet – vgl. 16:13 waar die dier uit die aarde die vals profeet genoem word).

Saam met die draak (Satan) vorm hulle ’n gedugte bose driemanskap wat die mensdom met hulle mag beïndruk en van God Drie-enig afvallig maak, behalwe dié wat deur God van die invloed daarvan beskerm word. Hulle teenstand sal in die volgende hoofstukke prominent geteken word, veral in die effek wat hulle op die mensdom het, sowel as op die gelowiges, totdat die wederkoms aanbreek en God hulle in die finale oordeel sal oorwin.

Continue reading

Openbaring 12

God beskerm sy kerk te midde van ernstige vervolging

Openbaring 12-14 fokus weereens op die tydperk tussen die eerste koms van Jesus, sy geboorte en sy tweede koms, die Wederkoms. Johannes deel met ons die wyse waarop God sy verlossende oordeel uitwerk in die geskiedenis.

Openbaring 12 skets die Messiaanse geloofsgemeenskap (swanger vrou) waaruit die Christus gebore is en die stryd met die draak (vers 1-6), die stryd tussen Migael en die draak in die hemel (vers 7-12) en die draak se verdere oorlog teen die geloofsgemeenskap op aarde (vers 13-17).

Continue reading

Openbaring 11

Die twee getuies en die sewende trompet

Openbaring 10 het gefokus op die verkondigingstaak van die kerk, gesimboliseer deur die boekrolletjie wat Johannes van die sterk engel in ontvangs neem, internaliseer en verkondig.

Openbaring 11 fokus nou op die bevestiging en beskerming van gelowiges as God se eiendom (die tel van die aanbidders in die tempel) en die inhoud van die getuienis van die kerk, gesimboliseer deur die twee getuies (priesterlike en koninklike getuienis, of die getuienis van die wet en die profete) wat martelaarskap na binne sowel as bekering na buite tot gevolg het.

Dit word opgevolg deur die blaas van die sewende trompet, die laaste “wee”, wat die heerskappy van “ons Here en sy Christus” laat aanbreek om die finale oordeel oor die dooies te vel en gelowiges te beloon.

Continue reading

Openbaring 10

Die kerk verkondig die verlossende oordeel van God

Openbaring 10 fokus op die verkondigingstaak van die kerk, gesimboliseer deur die boekrolletjie wat Johannes van die sterk engel in ontvangs neem, internaliseer en verkondig.

Continue reading

Openbaring 9

Die vyfde en sesde trompet pynig die mense sonder God se seël

Die oordele van die vyfde en sesde trompet tref veral die mense wat nie die seël van God op hulle voorkoppe het nie. Die tragedie is dat hulle nooit die kloutjie by die oor kry nie. Hulle sien nie vir God raak in die ellendes wat hulle tref nie. Gevolglik kom hulle nie tot inkeer nie.

Let op dat die vyfde trompet ooreenkom met die vyfde seël deurdat die gelowiges in bewaring bly midde in die verdrukking. Dieselfde geld die sesde trompet. Dit kom ooreen met die sesde seël in terme van die vier engele wat vroeër vasgehou is en nou losgelaat word.

Continue reading

Onlangse kommentaar