Skip to main content

Tag: Kronologiese Bybelleesplan

Openbaring 18 – 19:10

Die oordeel oor Babilon bring bevryding vir die kerk

Openbaring 18 gee sewe uitvloeisels weer van die oordeelsaankondiging van Openbaring 17, ’n uitvloeisel van God se woorde oor Babilon-Rome – die verpersoonliking van die politieke en ekonomiese mag wat met godsdienstige begronding mense regoor die wêreld in hulle gemeenskapslewe beïnvloed het – wat nou hulle volledige doel bereik.

In die agtergrond lê die profetiese uitsprake oor die val van Babilon in die profete (Jes 13-14; 21; Jer 50-51) en ander koninkryke (Tirus in Eseg 26-28).

Dit word afgesluit met die sewende uitvloeisel van hierdie oordeelsaankondiging, die Hallelujas van Openbaring 19 waarna die bruilof van die Lam sal aanbreek, juis met dié kinders van God wat deur die politiese en ekonomiese sisteme van die wêreld verguis is.

Continue reading

Openbaring 17

Die oordeel word finaal oor Babilon voltrek

Nadat die sewende bak katastrofiese vernietiging oor die hele aarde ontketen het, ook oor Babilon, sien Johannes in Openbaring 17-18 visioene waarin die bose “Babilon”, die moeder van alle onsedelikheid, ‘n simbool van die antichristelike magte, se val verder beskrywe word.

Haar val lei tot ‘n groot aantal lofliedere deur die groot skare in die hemel en die 24 ouderlinge en die vier lewende wesens in Openbaring 19:1-10 wat nie net die gedeelte oor Babilon afsluit nie, maar ook die oorgang na die aankondiging van die bruilof van die Lam is.

Openbaring 17 word in twee dele opgedeel. Die eerste deel, vers 1-6, skets die prostituut Babilon in grafiese detail. Die tweede deel, vers 7-18, lê die eerste deel se betekenis uit, amper soos Jesus gedoen het met die gelykenis van die Saaier – eers die gelykenis, dán die verklaring daarvan (Matt. 13).

Openbaring 18 tot 19:10 handel oor haar vernietiging.

Continue reading

Openbaring 16

God vernietig Babilon met sewe bakke van sy oordeel

Openbaring 15 het die tafel gedek vir die uitgieting van die sewe bakke van God se toorn wat nou deur die sewe engele vanuit God se teenwoordigheid in die hemelse tempel en volgens sy wil (tent van die getuienis) uitgegooi word op die aarde.

Waar die seëls ’n kwart van die aarde vernietig het en die trompette ’n derde, tref die bakke eintlik die hele kosmos – aarde, see, riviere, son (hitte en duisternis), eilande en berge sowel as die aardbewoners. Weereens het die oordele van die bakke ooreenkomste met die plae in Egipte sowel as met die oordele van die aanvanklike sewe seëls en trompette.

Continue reading

Openbaring 15

God bevry sy kerk met sy verlossende oordeel

Openbaring 15 is ‘n kort hoofstuk wat die naderende einde van God se verlossende oordeel aankondig, met ‘n begeleidende lied van Moses en ‘n lied van die Lam wat die Here God, die Almagtige loof vir sy regverdigheid en betroubaarheid. Dit mond uit in die oordeel wat deur die sewe bakke met die laaste sewe plae van God uitgegiet word, waarvan Openbaring 16 ons vertel.

Continue reading

Openbaring 14

Die Lam vergader die kerk as sy eiendom

Openbaring 14 fokus egter op vervolgens op die vervolgde, maar oorwinnende kerk. Dit vorm die hart van die boodskap van Openbaring, want God beskerm sy mense – die vervolgdes op aarde (14:1-5), sowel as dié wat reeds in die hemel is (14:6-13) – vir die ewigheid ten spyte van al die boosheid van hierdie teenstand (14:14-20).

Die hoofstuk skets aan die eenkant die wonderlike toekoms van die gelowiges wat aan God getrou bly, sowel as aan die ander kant die afgryslike toekoms van die ongelowiges wat nie met ontsag vir God gelewe het nie en eerder die dier en sy beeld aanbid het. Dit is nog ‘n prentjie van die wederkoms van die Here Jesus Christus.

Continue reading

Onlangse kommentaar