Skip to main content

Tag: Jakobus

Jakobus 5 – Volhard in gebed

JakobusLEES

Raak stil voor die Here met ’n kort gebed. Lees die teksgedeelte deeglik deur. Let op vir temas in die gedeelte. Vra jouself af: Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek hieronder geskryf het.

My bydrae

Jakobus sluit sy brief af met vier verdere bydraes wat die uitdagings van die lewe met die voorsiening van die Here verbind. Hy rig dié boodskappe aan die rykes om hulle te waarsku, aan die lydendes om hulle tot geduld in lyding aan te spoor, en aan die hele geloofsgemeenskap om met integriteit te lewe, en veral nie op te hou om te bid nie, want dit is kragtig en effektief. Ek deel dit as volg in:

  • Dit is dwaas om skatte te vergader in die laaste dae – 5:1-6
  • Wees geduldig in lyding – 5:7-11
  • Leef met integriteit – 5:12
  • Bid gelowig – dit is kragtig en effektief – 5:13-20

Continue reading

Jakobus 4 – Tree met respek vir mekaar en in afhanklikheid van God op

JakobusLEES

Raak stil voor die Here met ’n kort gebed. Lees die teksgedeelte deeglik deur. Let op vir temas in die gedeelte. Vra jouself af: Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek hieronder geskryf het.

My bydrae

Jakobus gaan dieper in op die bron van die destruktiewe kragte wat in ‘n hele aantal van die gemeentelede aan die werk is en wat in die oorloë en gevegte te siene is wat onder hulle voorkom. Dié onmin en konflik kom van die “begeertes wat in julle ledemate oorlog voer.”

Hy raai hulle dus aan om op drie maniere daarmee te handel:

  • Vertrou God vir sy voorsiening – 4:1-10
  • Moenie van mekaar kwaadpraat nie – 4:11-12
  • Leef afhanklik van God – 4:13-17

Continue reading

Jakobus 3 – Tree met sagmoedige wysheid op

LEES

JakobusRaak stil voor die Here met ’n kort gebed. Lees die teksgedeelte deeglik deur. Let op vir temas in die gedeelte. Vra jouself af: Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek hieronder geskryf het.

My bydrae

Die feit dat ‘n mens flink moet wees om te luister en stadig om te praat, beteken nie dat ‘n mens stom deur die lewe moet gaan nie. Inteendeel. Daarom wy Jakobus uit oor hoe belangrik dit is om op die regte wyse die tong te gebruik – om te seën eerder as te vervloek. Só werk die tipe sagmoedige wysheid wat Jakobus voorstel.

Continue reading

Jakobus 1:19-2:26 – Doen wat die woord sê

LEES

JakobusRaak stil voor die Here met ’n kort gebed. Lees die teksgedeelte deeglik deur. Let op vir temas in die gedeelte. Vra jouself af: Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek hieronder geskryf het.

My bydrae

As God vrygewig is, as Hy genadig is en as Hy die beste voorsien, veral wanneer mens van hom wysheid vra (Jak. 1:5), dan is dit net logies dat Hy kan verwag dat ’n mens sal doen wat Hy sê. Die wysheid wat Hy gee, is bedoel vir optrede en gehoorsaamheid. Ons moet doen wat Hy sê.

Jakobus pas hierdie waarhede van God nou toe op ’n aantal praktiese maniere wat as volg gekategoriseer kan word:

  • Doen wat die woord sê – 1:19-27
  • Moenie volgens die uiterlike beoordeel nie – 2:1-12
  • Doen wat jy glo – 2:13-26

Let veral op hoe die twee liefdegebooie – om God lief te hê en jou naaste soos jouself – verweef word regdeur hierdie gedeelte. Dit is twee kante van dieselfde munt.

Continue reading

Jakobus 1:1-18 – Volhard in beproewing

JakobusLEES

Raak stil voor die Here met ’n kort gebed.  Lees die teksgedeelte deeglik deur.  Let op vir temas in die gedeelte.  Vra jouself af: Wat sê dit van God?  Wat sê dit van mense?  Wat sê dit van die wêreld?  Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref.  Skryf dit in jou joernaal neer.  Lees dan wat ek hieronder geskryf het.

My bydrae

1:1 – Jakobus, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus

Jakobus noem homself “’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus”.  Daarmee kies hy om sy geloofsbande met Jesus te beklemtoon, nie sy familiebande nie.  Hy rig sy brief “aan die twaalf stamme in die Diaspora”.  Dié woord Diaspora is, soos reeds genoem, gebruik om die “verstrooiing” van die Jode buite hulle land aan te dui.  Dié titel word nou op Christen Jode in verstrooiing van toepassing gemaak.

Continue reading

Onlangse kommentaar