Skip to main content

Tag: Hebreërs

Hebreërs 4:14-5:10 – Hou styf vas aan ons belydenis en nader met vrymoedigheid die troon van genade

HebreërsWaar die skrywer in hoofstuk 3 gesê het dat Jesus belangriker is as Moses, vervolg hy hier om te verklaar dat Jesus ook belangriker as Aäron is.  Jesus is die “groot Hoëpriester.”

Die hoëpriester was ’n amp wat deur die Here ingestel is en daarom net deur afstammelinge van Aäron beklee kon word (Eks. 28).  God het dus die hoëpriester vir sy taak geroep.  Die hoëpriester se funksie was om versoening vir die sondes van die volk (en sy eie) te doen deur eenmaal per jaar in die heiligdom van die tempel te verskyn voor die Here.

Jesus is egter nie ’n Hoëpriester volgens die orde van Aäron nie.  Hy is ’n Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek (“my koning [is] geregtigheid”).  Hy het dieselfde funksie as die Aäronitiese hoëpriester om versoening te doen, maar daar is vier baie groot verskille. 

Continue reading

Hebreërs 3:12-4:13 – Waak daarteen dat geeneen van julle van die lewende God afvallig word nie

HebreërsDie skrywer brei in hierdie gedeelte uit op sy aanmoediging vanuit Psalm 95 dat die gelowiges na die stem van die Heilige Gees moet luister.  Hy spoor hulle egter aan om dit nie net self te doen nie, maar daarteen te waak dat nie een van hulle ooit van God afvallig word nie.

Hy doen dit in twee dele:

  • 3:12-19 – Spoor mekaar elke dag aan sodat niemand verhard word nie
  • 4:1-13 – Wees versigtig dat niemand agterbly om in God se rus in te gaan nie

Continue reading

Hebreërs 2-3:11 – Jesus is die Leidsman van ons verlossing en die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis

HebreërsDie skrywer vervolg met sy openbaring van Jesus en fokus hulle aandag op sy alles oortreffende rol in hulle verlossing en belydenis met die volgende twee boodskappe:

  • 2:1-18 – Jesus is die Leidsman van ons verlossing – opgebou rondom ’n uitleg van Psalm 8.
  • 3:1-11 – Jesus is die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis en daarom belangriker as Moses – opgebou rondom ’n uitleg van Psalm 95.

Continue reading

Hebreërs 1 – God praat met ons deur sy Seun

HebreërsDie skrywer begin direk met die hart van sy bemoedigende boodskap aan die gemeente, die feit dat God met hulle deur sy Seun praat.  Daar is niemand belangriker as Hy nie.  Daar is geen boodskap belangriker as Syne nie.

Hy verdeel die begronding van dié deel van sy boodskap in vier afdelings:

  • 1:1-4 – God praat deur sy Seun
  • 1:5-14 – Die Seun is belangriker as die engele
  • 2:1-18 – Jesus is die Leidsman van ons verlossing
  • 3:1-11 – Jesus is die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis

Ons lees vandag die eerste twee dele en môre die laaste twee dele.

Continue reading

Riglyne vir Bybelstudiegroepe en Bybelskole

HebreërsLaat elkeen die gedeeltes lees wat ek publiseer by www.bybelskool.com (registreer by die webtuiste om dit elke weeksdag in jou Inbox te ontvang) en vir hulle persoonlike stiltetyd gebruik soos hierbo beskryf.

Kom ooreen op die aantal hoofstukke wat julle elke week gaan lees.  Julle kan byvoorbeeld kies om die aantal hoofstukke te lees wat ek weekliks hanteer, en dan een keer ’n week by mekaar te kom om dit te bespreek.  Julle kan dit natuurlik ook oor ’n langer tydperk deurlees.

Gebruik dan die volgende proses vir julle byeenkoms:

  1. LEES – Raak stil voor die Here.  Gebruik van die voorstelle hierbo van die Silencio van Lectio Divina.  Laat elkeen een kort teksgedeelte voorlees uit die hoofstukke wat julle gelees het, en deel wat hom of haar daarin getref het.  Gebruik julle joernale.  Deel dan met mekaar watter temas julle raakgesien het in die onderskeie bydraes.  Watter ander gedagtes wil julle byvoeg?  Wat sê dit van God?  Wat sê dit van mense?  Wat sê dit van die wêreld?
  2. LUISTER – Dink na oor wat God vir julle as groep deur al die gedagtes wil sê.  Waar raak hierdie gedagtes julle lewe in die praktyk?  Wat vra dit van julle?  Wat belowe dit vir julle?  Wat moet julle dink of doen daarmee?  Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir julle lewe?
  3. LEEF – Besluit hoe julle daarop gaan reageer.  Sê dit vir die Here in gebed.  Doen ook voorbidding.  Geniet Sy teenwoordigheid.  Laat die boodskap wat God julle gee met julle saamgaan tot die volgende byeenkoms.  Leef dit uit.

Indien die stof in ’n Bybelskool hanteer word, en daar baie deelnemers is, kan die groep óf in kleiner groepe opgedeel word, met ’n kleingroepleier wat die gesprek in elke kleiner groep begelei, waarna terugvoer gegee word aan die hele groep.

Óf die leier van die Bybelskool kan in wisselwerking met die groep meer tyd spandeer om  hulle insigte en vrae te fasiliteer en hoofstuk vir hoofstuk deur die Bybelteks te werk.  Fokus telkens op wat die afgelope week se leeswerk vir julle van God sê, van mense, en van die wêreld.

Probeer om deelnemers se verstaan van die Bybelteks op te helder, veral in die hantering van hulle insigte en vrae.  Lei die gesprek altyd ook in die rigting van die betekenis daarvan vir julle as gemeente, en vir elkeen persoonlik.  En beklemtoon dat ons eers regtig die teks verstaan wanneer ons begin om dit wat ons lees ook uit te leef.

Onlangse kommentaar