Skip to main content

Tag: Hebreërs

Hebreërs 9:23-10:18 – Jesus Christus verskyn in die heiligdom voor God ter wille van ons

HebreërsDie skrywer kom nou by die derde gevolg van Jesus se Hoëpriesterskap:

  • Benewens die feit dat Jesus in die eerste plek tussen ons en God staan as Middelaar om ons met Hom te versoen (Hebr. 8:1-13),
  • benewens die feit dat Hy in die tweede plek ons gewete reinig van dooie werke om die lewende God vandag te dien (Hebr. 9:1-22),
  • verskyn Hy in die derde plek in die hemelse heiligdom voor God ter wille van ons totdat Hy weer kom om ons te verlos (Hebr. 9:23-10:18).

En dít doen Hy vir ewig.

Die skrywer spel hierdie derde gevolg van Jesus se Hoëpriesterskap in twee perikope uit:

  • Jesus reinig die hemelse heiligdom deur sy bloed – 9:23-28
  • Jesus maak ons heilig eens en vir altyd – 10:1-18

Continue reading

Hebreërs 9:1-22 – Jesus Christus reinig ons gewete van dooie werke sodat ons die lewende God kan dien

HebreërsHoofstuk 9 brei uit op die tweede gevolg van Jesus se Hoëpriesterskap, nl., dat Jesus Christus ons gewete reinig sodat ons die lewende God kan dien (vers 14).  Hy doen dit in twee dele:

  • Jesus het Homself as vlekkelose offer aan God geoffer – 9:1-14;
  • Jesus is nou ’n Middelaar van ’n nuwe verbond – 9:15-22.

Continue reading

Hebreërs 8:1-13 – Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond

HebreërsIn hierdie hoofstuk word die eerste gevolg van Jesus se Hoëpriesterskap uitgespel.  Hy is die Middelaar van ’n beter verbond, die vervulling van die nuwe verbond soos Jeremia reeds in die 6de eeu v.C. voorspel het in Jer. 31:31-34 (vgl. wat ek daaroor geskryf het: Jeremia 31:2-40 – Ek sluit ’n nuwe verbond met julle).

Dit hang saam met die feit dat die vorige verbond met sy priesterlike bediening vanuit ‘n aardse tabernakel/tempel vanweë die aardsgebondenheid daarvan onvolkome was.  Trouens die aardse tabernakel is gebou na die voorbeeld van die hemelse een in opdrag van die Here (Eks. 25:40).  Daarom het dit wel baie waarde gehad, maar was dit vanselfsprekend net ’n afbeelding en daarom ’n skadubeeld van die hemelse heiligdom.

Jesus het die heiligdom van God in die hemele betree en sit aan die regterkant van God van waar Hy ’n besondere magsposisie beklee.  Hy maak nou die belofte van God in Jeremia dat daar ’n nuwe verhouding/verbond tussen God en sy mense tot stand sal kom, vir almal wat in Jesus Christus glo waar.  Daarmee vervang God die ou verbond dan ook met die nuwe verbond.

Continue reading

Hebreërs 7:1-28 – Jesus Christus is Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek

HebreërsIn hierdie hoofstuk begrond die skrywer sy aansporing tot geestelike volwassenheid in die Hoëpriesterskap van Jesus Christus.  Hy doen dit op twee maniere:

  • Hy beskryf die wese van Melgisedek se priesterskap – 7:1-10
  • Hy stel Jesus as Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek voor – 7:11-28

Hy sal in die volgende hoofstukke drie gevolge hiervan uitspel, dat:

  • Jesus die Hoëpriester van ’n beter verbond is – 8:1-13;
  • Jesus ons gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien – 9:1-22;
  • Jesus in die heiligdom van God verskyn ter wille van ons – 9:23-10:18.

Daarna sal hy ’n verdere appèl maak:

  • dat ons self die heiligdom van God sal betree met ’n opregte hart en volle geloofsekerheid, bemoedig deur ons eie geloofsgenote – 10:19-39, sowel as dié uit die verlede – hfst. 11;
  • sodat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding sal hardloop die oog gevestig op die Leidsman en Voleinder van die geloof – hfst. 12.

Sy brief-boodskap sal afsluit met ’n beskrywing van die tipe geloofsgemeenskap wat nodig is om hierdie groei na geestelike volwassenheid te ondersteun – hfst. 13.

Dit help om dié breë prentjie in gedagte te hou soos ons die twee perikope van hoofstuk 7 lees.

Continue reading

Hebreërs 5:11-6:20 – Gaan voort na volwassenheid en hou stewig vas aan die hoop wat voorlê

HebreërsDie skrywer is egter bewus van die feit dat die dinge wat hy oor Jesus se Hoëpriesterskap wil sê gefokusde aandag van die gemeente gaan verg.  “Hieroor het ons baie om vir julle te sê wat moeilik is om te verduidelik.”  Dit verwys terug na die boodskap oor Jesus, meer spesifiek sy Hoëpriesterskap.  In hfst. 7-8 sal die skrywer meer daaroor sê, omdat dit só ’n belangrike en hoopvolle boodskap is, maar nou wil hy eers die problematiek aanspreek waarom dit so moeilik is om daaroor te praat.

Daarom brei hy oor twee dinge in dié gedeelte uit:

  • 5:11-6:12 – Fokus op geestelike volwassenheid
  • 6:13-20 – Fokus op God se belofte

Continue reading

Onlangse kommentaar