Hebreërs 8:1-13 – Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond

HebreërsIn hierdie hoofstuk word die eerste gevolg van Jesus se Hoëpriesterskap uitgespel.  Hy is die Middelaar van ’n beter verbond, die vervulling van die nuwe verbond soos Jeremia reeds in die 6de eeu v.C. voorspel het in Jer. 31:31-34 (vgl. wat ek daaroor geskryf het: Jeremia 31:2-40 – Ek sluit ’n nuwe verbond met julle).

Dit hang saam met die feit dat die vorige verbond met sy priesterlike bediening vanuit ‘n aardse tabernakel/tempel vanweë die aardsgebondenheid daarvan onvolkome was.  Trouens die aardse tabernakel is gebou na die voorbeeld van die hemelse een in opdrag van die Here (Eks. 25:40).  Daarom het dit wel baie waarde gehad, maar was dit vanselfsprekend net ’n afbeelding en daarom ’n skadubeeld van die hemelse heiligdom.

Jesus het die heiligdom van God in die hemele betree en sit aan die regterkant van God van waar Hy ’n besondere magsposisie beklee.  Hy maak nou die belofte van God in Jeremia dat daar ’n nuwe verhouding/verbond tussen God en sy mense tot stand sal kom, vir almal wat in Jesus Christus glo waar.  Daarmee vervang God die ou verbond dan ook met die nuwe verbond.

In vers 8-12 haal die skrywer die belofte van Jeremia aan en verduidelik daarmee dat die Here in Jesus die gebreke van die Ou Verbond kom herstel het, spesifiek die feit dat die volk die verbond kon verbreek, al was God getrou aan hulle.  Dit doen Jesus deur die wet (woorde) van die verbond as ’n interne werklikheid in hulle harte en verstand te skrywe wat hulle op ’n onverbreekbare manier aan Hom sal verbind.  Die sekerheid van die nuwe verbond is dus volledig in God se aksie in ons lewe geleë.  God gee ons dus die innerlike motivering en krag wat nodig sal wees vir die nakoming van die wet in die nuwe verbond.

Nie dat dit nie nog altyd die droom van God vir sy mense was nie (Deut. 6:6 – “hierdie woorde moet in jou hart wees”), maar God maak self in Jesus die droom nou ’n werklikheid.  Die wonder is verder dat elkeen wat in Jesus Christus glo, sal deel in dié werklikheid, van die kleinste tot die grootste.  In Jesus Christus het die vervulling van die nuwe verbond van Jeremia nou beslissend aangebreek.

Boodskap

Die wonder van Jesus Christus se Middelaarskap lê in die sekerheid wat dit bring.  Jesus staan nie net tussen God en ons nie.  Hy staan by God vir en ter wille van ons.  Hy neem verantwoordelikheid vir ons om ons nie net in ’n intieme verhouding met God te bring nie, maar ons ook daarin te hou.  In Jesus kan ons dit ervaar dat God ons God wil wees, en dat Hy sorg dat ons sy volk kan wees.  Ons sekerheid is dus nie geleë in ons eie gehoorsaamheid nie, maar in Jesus s’n.

Hebreërs


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (5)

  • Sjoe – ek raak sommer opgewonde om so die woord te ondersoek! In die tempel het geen hoe priester ‘n sitplek gehad nie, maar deur dat God Jesus uitnooi om te kom sit aan Sy regterhand (ps 110:1) beteken dat Hy Jesus as offer aanvaar het (Heb 10:12)

  • Vir my was dit weereens ‘n wonderlike bevestiging dat Jesus Christus by God staan VIR en TERWILLE VAN ONS! Prys die Here!!
    Dankie vir u wonderlike insette om die Bybel vir ons “oop te sluit” Dis heeeeerlik om saam met u Bybelstudie te kan doen!
    Alle eer aan God!

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: