Skip to main content

Tag: Bid die Psalms

Psalm 5:10-13

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid ervaar die goddeloses nog verder in vers 10 as mense wat onwaarhede verkondig, en in die proses sy ondergang beplan deur hom te vlei, maar in werklikheid sy dood te beplan. Dit is nie net wat hulle doen nie, maar ook wat hulle sê (sins of speech – soos Craigie dit noem). In wese, sê Dawid, is dié manier van lewe ’n opstand teen God (vers 11), soos inderdaad alle sondes in hulle wese is. Hy het dus geen valse vertroue op sy eie waarde of vermoë voor God nie, slegs ’n grenslose vertroue op wat God in sy lewe kan doen, om hom te bewaar van die lewenstyl van sy vyande, en die gebed dat God op soortgelyke wyse vir almal wat by Hom skuil, vreugde en beskerming sal bied.

Bid die Psalm

“Hulle praat nie die waarheid nie, en begeer ander se vernietiging. Hulle keel is ’n ope graf, hulle tong is pure vleiery. O God, verklaar hulle skuldig. Laat hulle gevang word deur hulle eie planne. Jaag hulle weg oor hulle baie sondes, want hulle is opstandig teen U. Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd juig. Beskerm dié wat u Naam liefhet sodat hulle oor U kan jubel. Want U seën die vromes, Here, u genade beskerm hulle soos ’n skild.” NLV

Boodskap en betekenis

Die tragiese waarheid is dat die mens in sy diepste wese sondig is, soos Paulus vers 10 aanhaal in Romeine 3:13. Dit is juis die verlossingswerk van die Here Jesus Christus wat ons tot sondebesef en bekering wil bring, sodat Hy ons kan red en heiligmaak. Dat Dawid in vers 13 oor die regverdiges se voorspoed en beskerming skryf, is dus ’n gevolg van God se teenwoordigheid in hulle lewe, nie oor die een of ander intrinsieke waarde wat hulle in leer en lewe het nie. Dink na oor: “Laat almal wat by U skuil, bly wees.” – vers 12.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Psalm 5:1-9

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Twee groepe mense word beskryf in dié Psalm: dié wat op God vertrou (regverdiges) en dié wat Hom ignoreer (goddeloses). Let op hoe Dawid staat maak op God as Koning wat na hom sal luister as hy sug, roep en bid (vers 2-3) en op God wag (vers 4). Dit is deur God se groot liefde wat hy in staat is om in God se huis in te gaan en voor Hom te buig en aan Hom respek en eerbied te betoon. Dawid maak dus staat op die regverdigheid wat God gee aan dié wat Hom soek en op Hom wag. Let op hoe hy by God pleit om hom te leer wat reg is, en te help om sy wil te doen, WANT hy het baie vyande wat hom juis van dié pad af kan weghou (vers 9)!

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Met fluitspel. ’n Dawidspsalm. O Here, luister tog na my gebed; gee aandag aan my versugting. Luister tog na my geroep om hulp, my Koning en my God, want dis tot U dat ek bid. Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe. O God, U verdra geen boosheid nie; en sonde vind by U geen tuiste nie. Verwaandes kan nie voor U kom nie; U haat almal wat kwaad bewerk. U vernietig hulle wat leuens vertel. Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs. Maar ek kan u huis binnegaan op grond van u troue liefde; in u heilige tempel sal ek met ontsag aanbid. Leer my tog wat reg is, Here, vanweë my vyande, en u pad, maak dit voor my reguit.” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid kan met vrymoedigheid die Here nader op grond van God se natuur. God verdra geen boosheid nie. Hy verafsku almal wat kwaad bewerk (vgl. Spr. 6:16-19 se lysie van sewe dinge wat God haat wat hiermee ooreenstem). Selfs toe Habakuk eeue later gewonder het of dit steeds waar is dat God te regverdig is om onreg te duld toe die Galdeërs, die goddeloses, die volk van God, wat meer regverdig as hulle is, in ballingskap weggevoer het (Hab. 1:13 NLV), het hy uiteindelik moes bely dat dit alles deel van God se verlossingsplan is, want die belofte van die Here was steeds: “die regverdiges, daarenteen, sal deur hulle geloof lewe.” (Hab. 2:4 NLV). Jy kan dus steeds hierdie Psalm gebruik om die Here aan te roep midde in die boosheid, leuens en geweld rondom jou. God is steeds soos Dawid in hierdie Psalm van Hom bely het. Bid daarom ook dat die Here die hindernisse op jou pad reguit sal maak om sy wil te kan doen (vers 9). Bid vir ontsag en vreugde op God se pad.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Psalm 4

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Weereens moet Dawid sy geloof en vertroue in God alleen stel, al is daar baie teenstand van (naby?)-mense wat dié geloof en vertroue bespotlik maak en eintlik hulle ongeloof demonstreer dat God enigsins kan optree. Dawid is oortuig dat die Here steeds wonders doen vir dié wat Hom daarvoor vertrou. Vers 5 is waarskynlik ’n stukkie lewenswysheid wat Dawid neerpen – midde in sy gebed – wat ons leer dat ’n mens nie self negatief op ongelowige perspektiewe moet reageer nie, en op die Here alleen moet vertrou: “As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!“

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Dawidspsalm, met begeleiding van snaarinstrumente. Antwoord my wanneer ek roep, my regverdige God! U staan my by in my verknorsing. Wees my genadig en hoor my gebed. O mensdom, hoe lank sal julle my goeie naam beklad? Hoe lank sal julle valse beskuldigings maak? Hoe lank sal julle leuens najaag? Sela Hiervan kan julle seker wees: Die Here het besondere genade aan die getroues bewys. Die Here sal antwoord wanneer ek tot Hom roep. Moenie sondig as jy ontsteld is nie. Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig. Sela Bring die voorgeskrewe offers en vertrou op die Here. Baie mense sê: “Wie sal vir ons goeie dinge wys?” Laat u glimlag oor ons skyn, Here! U het vir my meer vreugde verskaf as dié met graan en wyn in oorvloed. Ek sal in vrede gaan lê en slaap, want U alleen, o Here, laat my veilig woon.” NLV

Boodskap en betekenis

Die uitsonderlike uitdagings in die lewe moet ons nie verlei om die normale dinge wat God van ons vra, na te laat nie (bv. offers in Dawid se tyd – geestelike offers [ons hele manier van lewe] in ons tyd – 1 Pet. 2:5 en Rom. 12:1-2). Ons moet dié dinge bly doen, terwyl ons Hom vertrou vir die uitdagings. Dra veral sorg dat jy nie self sondig in die proses nie, soos Paulus op grond van vers 5 ons waarsku: “Moenie sondig as jy kwaad word nie. Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ’n houvas gee nie.” (Ef. 4:26-27 NLV). Dan kan ons met oorgawe fokus op wat God gaan gee en bring dit rus in ons gemoed – soos Dawid sê – wat ons rustig laat slaap en veilig laat woon. En dink net – as dit waar sou wees dat Dawid dié gebed bid terwyl hy besig is om te vlug van Absalom – met hoeveel meer oortuiging jy in jou eie krisisse op hierdie vrede-stigtende God kan staatmaak. Gebruik die Psalm om die konflikte in jou lewe voor die Here te bring en vir sy “glimlag” te vra.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Psalm 3

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Sommige geleerdes dink dat die omstandighede van Psalm 3 en 4 dieselfde is – die tragiese verhaal van Dawid se vlug voor sy geliefde seun Absalom. Dawid sou dan Psalm 4 die aand na sy vlug uit Jerusalem kon gebid het (vgl. Ps. 4:9 – “nou sal ek onbesorg gaan lê”) en Psalm 3 die volgende oggend (vgl. Ps. 3:6 – “ek word ook weer wakker”). Ander stel voor dat ’n mens in Psalm 4 eerder moet dink aan die ervaring van swak– of misoeste, moontlik weens droogte, na aanleiding van vers 8 wat ’n skerp kontras trek tussen Dawid se situasie en die mense wat koring en wyn in oorvloed het.

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm toe hy voor sy seun Absalom gevlug het. O Here, ek het so baie vyande; so baie kom teen my in opstand. So baie sê: “God sal hom nooit red nie!” Sela Maar U, Here, is ’n skild rondom my. U herstel my eer, U lig my kop weer op. Ek het tot die Here geroep. Vanaf sy heilige berg het Hy my geantwoord. Sela Ek het gaan lê en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my waggehou. Ek is nie bang vir tienduisende mense wat my van alle kante bedreig nie. Sela Staan op, Here! Bevry my tog, my God! U het al my vyande op die kakebeen geslaan, die tande van die goddeloses het U gebreek! Verlossing kom van U, Here. Mag u seëninge op u volk rus. Sela” NLV

Boodskap en betekenis

Ek dink ’n belangrike perspektief vir hierdie Psalm, is dat ’n mens dié Psalm kan bid, selfs al is jy medeverantwoordelik vir die negatiewe dinge wat in jou lewe gebeur. Die Here luister na dié wat in Hom glo en sy teenwoordigheid opsoek, ongeag met watter geskiedenis hulle by Hom opdaag! Dis wat die hele ongelukkige geskiedenis tussen Dawid en Absalom ons leer (vgl. 2 Sam 11-13). Gebruik die Psalm as jou gebed vir God se beskerming en voorsiening teen jou vyande.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Psalm 2:7-12

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 2 vervolg in twee dele. Die gesalfde koning eien eerstens sy status en erfenis as God se seun toe. Hy waarsku tweedens die konings en regeerders van die aarde om die Here met ontsag te dien.

Bid die Psalm

“Ek wil vertel van die Here se besluit. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun. Vandag het Ek jou Pa geword. Vra My, en Ek gee vir jou nasies as erfporsie, die einde van die aarde as jou besitting. Met ’n ysterstaf sal jy hulle stukkend slaan, soos ’n kleipot hulle verpletter.” Wees nou verstandig, o konings! Wees gewaarsku, regeerders van die aarde! Dien die Here met eerbied en juig oor Hom met bewing. Onderwerp julle aan God sodat Hy nie toornig word en jy op die pad omkom nie. Want sy toorn ontvlam gou, maar daar is vreugde vir almal wat by Hom skuil.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie Psalm word die meeste in die NT aangehaal. Dit is die Psalm wat die duidelikste skakel tussen God se werk in Dawid en God se werk in Jesus gevorm het. Dit is hierdie Psalm wat agter die identifikasie lê van Jesus as die Seun van Dawid, die Een wat God se koninkryk laat kom (Mark. 1:14-15), wat nie net die Messias is nie (Luk. 9:20), maar ook die Seun van God (Joh. 1:34) die Een wat uit die dood opgestaan het (Hand. 13:32-34), en die totale beheer oor die nasies ontvang het (Openb. 2:27; 12:5; 19:15). Gebruik hierdie deel van Psalm 2 as jou gebed vir die nasies. Bid dat hulle tot insig en inkeer sal kom van hulle dwase opstand teen die Here. Hy is in beheer.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deuteronomium 4:39)

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…