Skip to main content

Spreuke 3:1-6 – Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak

1 Julie

Spreuke 3:1-6 – Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak

1My seun, my onderrig moet jy nie vergeet nie, en my gebooie – jou hart moet daarby hou; 2want die lengte van jou leeftyd, die lewensjare en vrede sal dan vir jou vermeerder word. 3Troue liefde en waarheid moet jou nooit verlaat nie. Bind dit om jou nek, skryf dit op die tafel van jou hart, 4dan sal jy guns en goeie begrip vind in die oë van God en die mense. 5Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie. 6Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak.

Spreuke maak geweldig baie van die idee dat daar ’n “regte pad” is om op te loop, en ’n verkeerde een. Alles moet in die stryd gewerp word om dié regte pad te vind. Niks moet jou daarvan weerhou nie. En alles moontlik moet gedoen word om die verkeerde pad te vermy. In hoofstuk 3 gee die pa nou praktiese raad oor hoe om God te vertrou en in alles te ken. Hy gee ook ‘n paar praktiese voorbeelde van hoe dit lyk om die “regte pad” te volg (Spr 3:13-35).

Die twee grondbeginsels om hierdie belofte van God in ontvangs te neem, is vertroue en verantwoordelikheid. Let op hoe hierdie vertroue en verantwoordelikheid uitgespel word met twee kernwoorde: onthou (“my onderrig moet jy nie vergeet nie”) en vashou (“jou hart moet daarby hou”). Dit is waarin die geheim van jou hele geestelike lewe opgesluit lê. Aan die een kant moet die verlossing, versorging en bevestiging van die Here in die verlede telkens in herinnering geroep word. Moet dit nie vergeet nie, sê die pa vir sy kind. Aan die ander kant moet vasgehou word aan die wyse riglyne wat God uitspel vir die tipe lewenstyl wat nie net Sy goedkeuring wegdra nie, maar die toets van die tyd deurstaan het.

Let op na die drie aspekte van die wyse lewenstyl en die voordeel wat dit bring wat hier uitgespel word (daar is nog drie in vers 7-12). Elke aspek word in 2 verse elk uitgespel telkens met ‘n voordeel daaraan gekoppel.

  • Spreuke 3:1-2 – Moenie vergeet wat jou pa jou leer nie → dit lei tot ’n lang en vol lewe.
  • Spreuke 3:3-4 – Moenie dat liefde en trou ontbreek nie (“skryf dit op die tafel van jou hart”) → dit laat jou guns verwerf en byval vind (“goeie begrip”) by God en mens.
  • Spreuke 3:5-6 – Vertrou volkome (“met jou hele hart”) op die Here en ken Hom in alles wat jy doen → dit laat die belofte dat God jou die regte pad laat loop, in vervulling gaan.

Lees meer: https://bybelskool.com/spreuke-31-35-vertrou-god-en-ken-hom-in-alles/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.