Skip to main content

Sefanja 1:1-18 – Die dag van die Here bring oordeel oor dié wat die Here nie opsoek en raadpleeg nie

prayer-shawlHierdie hoofstuk is literêr baie kunstig saamgestel. Ná vers 1 die profesie histories geplaas het in die tyd van koning Josia van Juda, vervolg Sefanja met die aankondiging van die dag van die Here.

Die Here gaan die hele aarde vernietig met vuur – 1:2-3 en 1:18b

Sefanja omraam die gedeelte oor die dag van die Here met ‘n aankondiging dat die Here metafories die hele aarde gaan vernietig soos eenmaal met die sondvloed in die tyd van Noag. Let op hoe Hy in vers 2-3 sê: “Ek gaan ‘n einde maak aan alles op aarde”. Dit sluit die mense, diere, voëls en visse in. Dit word geëggo in vers 18b: “Hy bring vernietiging en skrik oor al die inwoners van die land/aarde.” Die Hebreeuse woord vir land en aarde is presies dieselfde: ‘êrêtz. In die konteks verkies ek om vers 18 te verstaan as dat dit op die aarde dui, soos dit in die OAV en NIV en verskeie ander vertalings gedoen word.

Dit enigste verskil is dat die oordeel nie met water geskied nie, maar met vuur. Hier sien ons dieselfde boodskap van die ander profete rondom die oordeel van die Here wat metafories met vuur geskied (Jes. 66; Jer. 21; Eseg. 20; Joël 2; Amos 7; Miga 1) en deur die NT verder geneem en met die voleinding in verband gebring word (Matt. 13; 1 Kor. 3; Hebr. 12; Openb. 14).

Binne hierdie raamwerk wy Sefanja eerstens uit oor die sonde van Juda (1:4-9), beskryf tweedens die reaksie van die mense as God hulle oordeel (1:10-13) en beskryf derdens die katastrofale karakter van die dag van die Here wanneer dit uiteindelik in sy felheid aanbreek (1:14-18a).

Die rede vir dié verwoesting is in vers 2-3 die goddeloosheid van die mense wat nie net God geminag het nie, maar ander: “mense laat struikel het”. ‘n Mens dink onmiddellik weer aan die ooreenkomste met oortredings van die twee tafels van die wet soos dit opgesom is in die liefdesgebod in die NT.

Juda se sonde – 1:4-9

In die res van die gedeelte binne hierdie raamwerk word die sondes van die mense verder uitgepak. Sefanja verwys na die sondes van Baälaanbidding (1:4), hemelliggaam aanbidding (1:5), kinderoffers aan Milkom (1:5), en doodgewoon: “dié wat die rug vir die Here draai, nie na sy wil vra nie en Hom raadpleeg nie.” (1:6).

Daarby word gevoeg: dié wat “uitlandse klere dra” (1:8 – ander kulturele gebruike aanneem), bygelowe handhaaf deur bv, nie op ‘n drumpel te trap nie (1:9 – dit verwys moontlik na die Filistynse gebruik om nie op die drumpel van die tempel te trap nie ná die val van die afgod Dagon, soos in 1 Sam. 5:5 vertel), geweld en bedrog (1:9) en selftevredenheid waarin nie met God rekening gehou word nie (1:12).

Die Here gaan dit alles uit “hierdie plek” uitroei.

Juda se reaksie – 1:10-13

Die nood en smart in die stad word baie konkreet beskryf met die benoeming van die plekke waar dit in Jerusalem ervaar sal word. Die Vispoort was in die noorde, die tweede stadswyk was waarskynlik ‘n nuwer deel (by wyse van spreke, anderkant die spoor), en die Vysel waarskynlik ‘n aanduiding van die markplein. Sosiaal en ekonomies sal Jerusalem verwoes word tot groot verbasing en afgryse van dié wat gedink het dat die Here nie goed óf kwaad kan doen nie.

Die katastrofale karakter van die dag van die Here – 1:14-18a

Die dag van die Here kom met geweld. Dit is ‘n dag van nood en benoudheid – let op hoe poëties dit beskryf word met metafore uit die natuur. Angs pak die mense beet en laat hulle soos blindes loop. Geen rykdom sal in dié dag enigiemand red nie. Silwer en goud sal nutteloos wees, wanneer: “die hele land verteer word deur die vuur van sy woede.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sefanja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms