Sefanja 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde

prayer-shawlSefanja sluit sy boek af met drie van die mooiste boodskappe van hoop wat in die Twaalf Kleiner Profete, trouens in die hele OT, te vinde is:

  • 3:9-13 – Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak – daarvoor kan ons bid.
  • 3:14-17 – Die Here jou God is by jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde – die belofte kan ons toeëien.
  • 3:18-20 – Ek gaan nou optree teen almal wat jou verdruk het – dit is ‘n groot troos.

3:9-13 – Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak

Sefanja spring weg met ‘n belofte dat God nie net die volk vanuit die ballingskap sal terugbring nie. Hy sal ook wêreldwyd ingryp: “Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak, sodat hulle almal My sal aanroep en soos een man My sal dien.” (3:9). Hy neem ook die skande en skaamte weg wat die ballingskap vir die Godsvolk gebring het. Sy doel met die ballingskap sal dan bereik wees: “Jy sal nie meer vol hoogmoed wees daar op my heilige berg nie.” (3:11).

Dit is duidelik dat die Here net ‘n pad kan stap met dié wat nederig en ootmoedig is, dié wat op Hom vertrou en nie op hulleself en hulle eie krag staatmaak nie. Dit is net dié mense wat die wet sal kan nakom, dít wat in die Tôrâ beskryf is. Aan die een kant sal hulle: “nie onreg doen nie en nie lieg nie; daar sal uit hulle mond nie valsheid kom nie.” (3:13). Aan die ander kant sal hulle: “’n kudde wees wat wei en gaan lê en rus sonder dat iemand hulle skrikmaak nie.” Psalm 23 gaan vir hulle in vervulling.

3:14-17 – Die Here jou God is by jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde

Sefanja se fokus skuif na die toekomstige vrede wat in Juda en Jerusalem sal heers. Die volk kan solank hulleself verheug in wat gaan kom: “Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem!” Die oorlog sal vergete wees die vyand verslaan. Die Here self sal as Koning optree en hulle van rampe beskerm. Hulle moedeloosheid sal verdwyn.

Let op hoe pragtig Sefanja die teenwoordigheid van die Here beskryf: “Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.” (3:17). Die voorgestelde BDV se vertaling gebruik vir die middelste deel ‘n ander tekslesing wat egter net so ‘n pragtige boodskap is: “Die HERE jou God is in jou midde, ‘n held wat bevry. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou nuut met sy liefde. Hy sal met uitroepe van vreugde oor jou jubel.

3:18-20 – Ek gaan nou optree teen almal wat jou verdruk het

Sefanja eindig met ‘n besondere woord van troos: “Ek maak dié bymekaar wat treur, ver van die feestelikheid af, dié wat uit jou uit kom en ter wille van jou die smaad gedra het.” (3:18). ‘n Mens kan daarin iets raaksien van die feit dat die Here baie bewus is van dié wat ter wille van ander regoor die wêreld en regdeur die eeue smaad gedra het. Soos Peterson die vers vertaal: “The accumulated sorrows of your exile will dissipate. I, your God, will get rid of them for you. You’ve carried those burdens long enough.” (The Message).

Dit is een van die helder boodskappe wat Sefanja dus vir ons gee. God tree op en stel onreg reg. Hy vra nie van ons iets wat Hyself nie ook doen nie. Soos Hy van ons verwag dat ons reg sal doen, só sal Hyself altyd reg laat geskied, al sluit dit ook in dat Hy straf om deur die straf dinge reg te stel. “Wanneer die tyd daar is,” sal die Here hulle lot verander.

Boodskap

Drie verse uit dié pragtige hoopvolle gedeelte bly my by, een uit elkeen van die drie perikope. Dit is die moeite werd om dit te memoriseer en met jou saam te dra as gebed, belofte en troos.

GEBED: “Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak, sodat hulle almal My sal aanroep en soos een man My sal dien.” (3:9) – dit is ‘n gebed wat ons daagliks kan en moet bid ter wille van hierdie wêreld. Ons mag nie ophou nie. Die Here sal antwoord en meer doen as wat ons bid of dink.

BELOFTE: “Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.” (3:17) – dit is ‘n belofte wat vir elke kind van God geld. Jy kan dit vir jou elke dag van jou lewe toeëien. Jy kan ook die voorgestelde BDV se vertaling gebruik wat, hoewel die middelste deel op ‘n ander tekslesing gegrond is, net so geldig is vir ons lewe: “Die HERE jou God is in jou midde, ‘n held wat bevry. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou nuut met sy liefde. Hy sal met uitroepe van vreugde oor jou jubel.

TROOS: “Ek maak dié bymekaar wat treur, ver van die feestelikheid af, dié wat uit jou uit kom en ter wille van jou die smaad gedra het.” (3:18) – die Here is baie bewus van dié wat ter wille van ander regoor die wêreld en regdeur die eeue smaad gedra het. Soos Peterson vertaal: “The accumulated sorrows of your exile will dissipate. I, your God, will get rid of them for you. You’ve carried those burdens long enough.” Daar kom ‘n einde aan lyding. Die Here sien raak wat jy doen vir ander, en die pyn wat baie keer daarmee gepaard gaan. Die Here haal uiteindelik die las van ons skouers af. Hy verander die lot van sy mense. Daarvoor kan ons Hom vertrou.

Sefanja


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • So “klein” bybelboek met so GROOT boodskap. Ek het Sefanja gaan lees nadat ek die fliek Uitvlucht gekyk het. Beslis nou een van my gunsteling bybelboeke! Hoofstuk 3:17 is nou ook deel van die verse wat ons Vader, Koning van alle konings, vir my uit gewys het vir die pad waarop ek nou is. Ek is so bly dat Vader jou gebruik as ‘n tuig om my te help om saam met HEILIGE GEES hierdie onbeskryflik-wonderlike woord van God te verstaan.

    Seën in oorvloed
    Marian

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d