Sefanja – Ruk julle reg voor die toorn van die Here julle tref

prayer-shawlInleiding

Die negende boek van die Twaalf Kleiner Profete is Sefanja. Hy is ‘n tydgenoot van Jeremia, Nahum, Obadja en moontlik Joël. Sefanja waarsku Juda en Jerusalem dat die belydenis van God se hulp in die profeet Nahum net vervulling kan vind in die nougesette terugkeer na en bekering tot die Here. Anders sal sy toorn hulle net so seker tref as wat dit Nineve sal tref. Hy profeteer ook téén die nasies (2:4-15).

Sefanja verkondig sterk – soos die profeet Joël – dat die “dag van die Here” (1:7,14) gaan aanbreek. Verwysings na “die/daardie dag” kom bv. 16 keer voor tussen 1:7 en 2:3! Hierdie dag van die Here sluit soos by al die ander profete oordeel en genade in. Vergelyk bv. 2:1-3 waar die dag moontlik ‘n geleentheid tot bekering kan wees: “Miskien bly julle die straf gespaar op die dag van die toorn van die Here.” Maar, sonder bekering sal die oordeel van die Here die volk verwoes, soos inderdaad met die wegvoering in ballingskap gebeur het.

Tog eindig die boek steeds met van die mooiste beskrywings van die verlossing wat God sal bring. Dit geld vir beide die nasies – “daarna sal Ek weer nasies se lippe rein maak” (3:9) – as vir die Godsvolk – “Die Here jou God is in jou midde, ‘n held wat bevry. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou nuut met sy liefde. Hy sal met uitroepe van vreugde oor jou jubel.” (3:17).

Sefanja is volgens vers 1 moontlik ‘n koninklike afstammeling, ‘n agter-kleinkind van koning Hiskia, hoewel Amarja nie as ‘n seun van Hiskia êrens anders genoem word nie (daar is wel só ‘n hoëpriester, maar uit ‘n vroeër tyd – 2 Kron. 19:11). Die ander name wat genoem word, is ook nie bekend nie. Daar is dus wel ‘n skraal moontlikheid dat Sefanja familie is van die koning van sy tyd, Josia. Ons het egter nie genoeg inligting om dit verseker te sê nie.

Sefanja profeteer in Juda vóór die val van Nineve in 612 v.C. (in 2:13 word dit voorspel) en ook waarskynlik vóór die hervormings van Josia ingeskop het in 622-621 v.C. Dié hervormings het veranderinge ingesluit van juis dié dinge waarteen Sefanja hom uitgespreek het (1:4 – Baälaanbidding; 1:5 – aanbidding van hemelliggame). Josia het dus waarskynlik Sefanja se boodskap ter harte geneem, soos hy dit ook gedoen het met die boodskap van Jeremia.

Lees meer daaroor by my bydraes 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek en 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid.

Interessant genoeg tree daar ook ‘n priester met die naam Sefanja ‘n bietjie later in dié tyd op (Jer. 21:1). Hoewel daar geleerdes is wat die priester en die profeet met mekaar in verband bring, was dié priester Sefanja se pa egter Maäseja. Sefanja het ’n meer gematigde houding as die ander amptenare teenoor Jeremia gehad. Hy lees op ’n punt vir hom briewe wat van die ballinge af teruggestuur is (Jer. 29:29) en reageer nie op die negatiewe inhoud daarin nie. Hy vra op ’n keer, in opdrag van koning Sedekia, dat Jeremia vir die volk sal bid (Jer. 37:3), hoewel dit nie tot enige uitkoms gelei het nie. Sefanja is in ballingskap weggevoer en deur koning Nebukadnesar doodgemaak in Ribla, in Hamat, ’n tragiese einde (Jer. 52:24-27).

Lees meer in my bydraes: Jeremia 21 – Ek het besluit om hierdie stad nie te spaar nie, Jeremia 29 – Ek beplan vir julle voorspoed, nie teenspoed nie, Jeremia 37 – Die Galdeërs sal Jerusalem verbrand, en Jeremia 52 – Die lot van Sedekia en Jojagin met die wegvoering in ballingskap.

Indeling

Die boek deel maklik in drie dele op:

  • 1:1-18 – Die dag van die Here bring oordeel oor dié wat die Here nie opsoek en raadpleeg nie
  • 2:1-3:8 – Kom tot inkeer nasies voor die Here se gloeiende woede julle inhaal
  • 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde

Sefanja


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: