Skip to main content

Sefanja – Ruk julle reg voor die toorn van die Here julle tref

prayer-shawlInleiding

Die negende boek van die Twaalf Kleiner Profete is Sefanja. Hy is ‘n tydgenoot van Jeremia, Nahum, Obadja en moontlik Joël. Sefanja waarsku Juda en Jerusalem dat die belydenis van God se hulp in die profeet Nahum net vervulling kan vind in die nougesette terugkeer na en bekering tot die Here. Anders sal sy toorn hulle net so seker tref as wat dit Nineve sal tref. Hy profeteer ook téén die nasies (2:4-15).

Sefanja verkondig sterk – soos die profeet Joël – dat die “dag van die Here” (1:7,14) gaan aanbreek. Verwysings na “die/daardie dag” kom bv. 16 keer voor tussen 1:7 en 2:3! Hierdie dag van die Here sluit soos by al die ander profete oordeel en genade in. Vergelyk bv. 2:1-3 waar die dag moontlik ‘n geleentheid tot bekering kan wees: “Miskien bly julle die straf gespaar op die dag van die toorn van die Here.” Maar, sonder bekering sal die oordeel van die Here die volk verwoes, soos inderdaad met die wegvoering in ballingskap gebeur het.

Tog eindig die boek steeds met van die mooiste beskrywings van die verlossing wat God sal bring. Dit geld vir beide die nasies – “daarna sal Ek weer nasies se lippe rein maak” (3:9) – as vir die Godsvolk – “Die Here jou God is in jou midde, ‘n held wat bevry. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou nuut met sy liefde. Hy sal met uitroepe van vreugde oor jou jubel.” (3:17).

Sefanja is volgens vers 1 moontlik ‘n koninklike afstammeling, ‘n agter-kleinkind van koning Hiskia, hoewel Amarja nie as ‘n seun van Hiskia êrens anders genoem word nie (daar is wel só ‘n hoëpriester, maar uit ‘n vroeër tyd – 2 Kron. 19:11). Die ander name wat genoem word, is ook nie bekend nie. Daar is dus wel ‘n skraal moontlikheid dat Sefanja familie is van die koning van sy tyd, Josia. Ons het egter nie genoeg inligting om dit verseker te sê nie.

Sefanja profeteer in Juda vóór die val van Nineve in 612 v.C. (in 2:13 word dit voorspel) en ook waarskynlik vóór die hervormings van Josia ingeskop het in 622-621 v.C. Dié hervormings het veranderinge ingesluit van juis dié dinge waarteen Sefanja hom uitgespreek het (1:4 – Baälaanbidding; 1:5 – aanbidding van hemelliggame). Josia het dus waarskynlik Sefanja se boodskap ter harte geneem, soos hy dit ook gedoen het met die boodskap van Jeremia.

Lees meer daaroor by my bydraes 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek en 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid.

Interessant genoeg tree daar ook ‘n priester met die naam Sefanja ‘n bietjie later in dié tyd op (Jer. 21:1). Hoewel daar geleerdes is wat die priester en die profeet met mekaar in verband bring, was dié priester Sefanja se pa egter Maäseja. Sefanja het ’n meer gematigde houding as die ander amptenare teenoor Jeremia gehad. Hy lees op ’n punt vir hom briewe wat van die ballinge af teruggestuur is (Jer. 29:29) en reageer nie op die negatiewe inhoud daarin nie. Hy vra op ’n keer, in opdrag van koning Sedekia, dat Jeremia vir die volk sal bid (Jer. 37:3), hoewel dit nie tot enige uitkoms gelei het nie. Sefanja is in ballingskap weggevoer en deur koning Nebukadnesar doodgemaak in Ribla, in Hamat, ’n tragiese einde (Jer. 52:24-27).

Lees meer in my bydraes: Jeremia 21 – Ek het besluit om hierdie stad nie te spaar nie, Jeremia 29 – Ek beplan vir julle voorspoed, nie teenspoed nie, Jeremia 37 – Die Galdeërs sal Jerusalem verbrand, en Jeremia 52 – Die lot van Sedekia en Jojagin met die wegvoering in ballingskap.

Indeling

Die boek deel maklik in drie dele op:

  • 1:1-18 – Die dag van die Here bring oordeel oor dié wat die Here nie opsoek en raadpleeg nie
  • 2:1-3:8 – Kom tot inkeer nasies voor die Here se gloeiende woede julle inhaal
  • 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sefanja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!