Skip to main content

‘n Kort bydrae oor die hel, doderyk en vuurpoel in die NT

Jesus het ons geleer dat mense óf gered word om in die koninkryk van God in te gaan óf in die hel (gehenna) gegooi te word (Matt. 10:28; Luk. 13:28). Op soortgelyke wyse verkondig Hy aan die ongelowiges in Kapernaum dat hulle tot die doderyk (hades sheol in die OT bv. in Ps. 16:10) verdoem sal word. Dieselfde geld mense wat in hulle sonde bly (Matt. 5:22, 29-30; 23:31-33).  Die hel en die doderyk (vir ongelowiges) kan dus min of meer as sinoniem aan mekaar gesien word.

Hy beskryf hierdie plek weg van God se aangesig as ‘n ewige vuur (Matt. 25:41), ‘n plek van donkerte (Matt. 8:8-12), ‘n bodemlose afgrond (abussos – Luk. 8:31), waar mense in pyn verkeer weens die vuur van die doderyk (Luk. 16:23). Die vuur word nooit geblus nie en die wurm hou nooit op met vreet nie (Mark. 9:48).

Paulus praat nie oor die hel en die doderyk as sodanig nie, maar kontrasteer steeds die wonder van die koninkryk van God met die afgryse van die dood (thanatos – 2 Kor. 7:10) en die ewige verdoemenis of verwoesting (olethros) waar God die mense wat nie vir Hom ken nie, sal straf (2 Tess. 1:6-10). Dit sluit dus alle mense in wat nie in Jesus glo nie, maak nie saak in watter godsdiens hulle hulle bevind nie.

Daar is volgens Petrus alreeds engele wat daarheen verdoem is (tartaroō – 2 Pet. 2:1-10). Dit is ‘n plek van gloeiende vuur waarin al die vyande van God uiteindelik gegooi sal word (Hebr. 10:26-27).

Sommige interpreteer al bogenoemde beskrywings as metaforiese beskrywings. Ander interpreteer dit letterlik. Dit maak in wese nie saak watter roete ‘n mens met die interpretasie gaan nie, want selfs metafore het werklike referente. Die hel/doderyk is dus ‘n plek waar God in sy toorn aanwesig is, en in sy genade afwesig. Dit is ‘n werklikheid van onbedenkbare leed.

Johannes brei op dié temas uit in sy Openbaring en voeg nog twee belangrike elemente by.

  1. Dit is Jesus wat die mag het oor die doderyk (hades – Openb. 1:18). Hy sluit dit oop vir die ongelowiges en Hy sluit dit toe vir die gelowiges. Gelowiges is immers ná hulle dood met God verenig (Luk. 16:19-31; 23:43; 2 Kor. 5:8; Fil. 1:23; Hebr. 12:23; Openb. 14:13).
  2. Die doderyk (hades) word as sodanig uiteindelik in ‘n vuurpoel (hē   limnē   tou   pyros) gegooi wat bedoel is vir almal wie se name nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie (Openb. 20:13-14). Die hel/doderyk beland dus uiteindelik in hierdie finale vuurpoel. Dit is ook die plek waar die duiwel vir ewig sal brand (Openb. 20:20) saam met al die ongelowiges.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Doderyk, Hel, Vuurpoel


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda