Skip to main content

Tag: Hel

Is daar ‘n hel?

Daar is baie mense wat die bestaan van die hel ontken. Die poel van vuur wat die Bybel sê vir die teenstanders van God voorberei word. Waarin die bose driemanskap – die antichris, die profeet en die Satan – en al hulle volgelinge – bose geeste en ongelowige mense – gegooi word aan die einde van die tyd (Openb 19:20; 20:10; 21:8).

Die ontkenning van die hel berus op die idee dat die God van die Bybel nie veroordelend is nie, maar genadig en liefdevol, en dat Hy nooit ongelowiges aan hulle lot sal oorlaat nie. Hy sal self sorg dat hulle met Hom versoen word, of hulle nou wil of nie. Die uitverkiesing word dan dikwels ook só uitgelê dat alle mense uitverkies is. Sommige weet dit. Ander nie. Maar, of jy dit nou weet of nie, jy sal in die hemel kom. Daar is nie ’n hel vir dié wat nie in God glo nie.

In die proses word bv na die profeet Jona verwys wat wys dat God genadig is, en sy oordeel oor Nineve teruggetrek het. Of na Hosea 11 waar God sê my liefde brand te sterk. Hoe kan ek jou oordeel, Efraim? Of na dele uit Johannes waar Jesus sê dat Hy nie oordeel nie (Joh 8:15; 12:47).

Die probleem is egter dat só ’n lees van die Bybel eerstens eensydig is. Aanhalings uit die Bybel word konteksloos gemaak.

Die probleem is tweedens dat die Bybel se boodskap verdraai word om by ’n voorafingenome prentjie van God in te pas. Só ’n lees van die Bybel werk nie met die volle boodskap van die Bybel nie.

Continue reading

‘n Kort bydrae oor die hel, doderyk en vuurpoel in die NT

Jesus het ons geleer dat mense óf gered word om in die koninkryk van God in te gaan óf in die hel (gehenna) gegooi te word (Matt. 10:28; Luk. 13:28). Op soortgelyke wyse verkondig Hy aan die ongelowiges in Kapernaum dat hulle tot die doderyk (hades – sheol in die OT bv. in Ps. 16:10) verdoem sal word. Dieselfde geld mense wat in hulle sonde bly (Matt. 5:22, 29-30; 23:31-33).  Die hel en die doderyk (vir ongelowiges) kan dus min of meer as sinoniem aan mekaar gesien word.

Hy beskryf hierdie plek weg van God se aangesig as ‘n ewige vuur (Matt. 25:41), ‘n plek van donkerte (Matt. 8:8-12), ‘n bodemlose afgrond (abussos – Luk. 8:31), waar mense in pyn verkeer weens die vuur van die doderyk (Luk. 16:23). Die vuur word nooit geblus nie en die wurm hou nooit op met vreet nie (Mark. 9:48).

Continue reading

Onlangse kommentaar