‘n Kort bydrae oor die hel, doderyk en vuurpoel in die NT
Jesus het ons geleer dat mense óf gered word om in die koninkryk van God in te gaan óf in die hel (gehenna) gegooi te word (Matt. 10:28; Luk. 13:28). Op soortgelyke wyse verkondig Hy aan die ongelowiges in Kapernaum dat hulle tot die doderyk (hades – sheol in die OT bv. in Ps. 16:10) verdoem sal word. Dieselfde geld mense wat in hulle sonde bly (Matt. 5:22, 29-30; 23:31-33). Die hel en die doderyk (vir ongelowiges) kan dus min of meer as sinoniem aan mekaar gesien word.
Hy beskryf hierdie plek weg van God se aangesig as ‘n ewige vuur (Matt. 25:41), ‘n plek van donkerte (Matt. 8:8-12), ‘n bodemlose afgrond (abussos – Luk. 8:31), waar mense in pyn verkeer weens die vuur van die doderyk (Luk. 16:23). Die vuur word nooit geblus nie en die wurm hou nooit op met vreet nie (Mark. 9:48).
Onlangse kommentaar