Skip to main content

Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep

12 Oktober

Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep

1Hy het vir hulle ‘n gelykenis vertel oor hoe nodig dit is om altyd te bid en nie moed te verloor nie. 2Hy het gesê: “Daar was ‘n sekere regter in ‘n bepaalde stad, wat nie ontsag vir God gehad het nie en hom aan geen mens gesteur het nie. 3Daar was ook ‘n weduwee in daardie stad, wat hom bly opsoek het met die versoek, ‘Laat reg aan my geskied in my saak teen my opponent.’ 4‘n Tyd lank wou hy nie, maar naderhand het hy by homself gedink: Al het ek geen ontsag vir God en steur ek my aan geen mens nie, 5sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, tog maar reg aan haar laat geskied; anders gaan sy my tot aan die einde bly teister.” 6Toe sê die Here: “Luister na wat die onregverdige regter sê! 7Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep nie? Sal Hy hulle lank laat wag? 8Ek sê vir julle, Hy sal baie gou aan hulle reg laat geskied. Die vraag is net: Sal die Seun van die Mens, wanneer Hy kom, geloof op aarde vind?”

Jesus het geweet dat negatiewe ervarings in die lewe ons negatief kan maak oor God. En dan óf moedeloos raak om te bid, óf nog erger, ophou om te bid. Daarom vertel Hy vir ons ‘n gelykenis om ons te bemoedig. En Hy gebruik ‘n voorbeeld uit die regstelsel, ‘n regter wat goddeloos en liefdeloos was, wat nie volgens God se wette optree nie, en ook nie volgens die samelewing se wette nie. ‘n Korrupte vent. En Jesus kontrasteer God met hierdie korrupte regter om ons iets belangriks van God te leer.

Die regter was adikia – onregverdig. Hy het hom nie gesteur aan wat reg is voor God nie – soos in die dae van Noag. Hy het hom ook nie gesteur aan wat reg is voor mense nie – soos in die dae van Lot (vgl die vorige perikoop). Die weduwee was iemand wat ‘n probleem gehad het met ‘n opponent. Iemand wat haar teëgestaan het. Wat haar regte benadeel het. Die regter wou haar egter nie help nie, selfs al was die reg oënskynlik aan haar kant. Maar, die weduwee het aangehou en hom “bly opsoek met die versoek”.  Sy het haar saak aanmekaar voor hom gaan bepleit. Sy het hom geen rus gegee nie. Dit het ‘n tyd lank só aangehou. Tot die regter onverwags besluit het, die vrou gee hom darem net te veel moeite. Hy raak net nie van haar en haar saak ontslae nie. So, al het hy vir God geen ontsag nie, en steur hy hom nie aan mense nie, hy gaan haar gee wat sy vra. Voordat sy hom nog gedaan maak!

Dan lê Jesus die gelykenis vir sy dissipels uit. Hy moedig hulle aan om te luister na wat die onregverdige regter sê, want dit sal hulle bemoedig in hulle gebed vir die koninkryk.

  1. God is nie soos die onregverdige regter van wie ‘n mens op ‘n soortgelyke wyse moet verwag dat hy onverwags tot sy sinne sal kom en help omdat hy gedaan is nie. Nee, God is nie net baie meer gereed om te help as die onregverdige regter nie. God sal sy uitverkorenes nie lank laat wag nie. Hy sal “baie gou aan hulle reg laat geskied”.
  2. Die probleem lê nie by God nie, maar by die mense. Anders as met die regter en die weduwee. Die regter was verkeerd en die weduwee reg. Die vraag is egter, sê Jesus: “Sal die Seun van die Mens, wanneer Hy kom, geloof op aarde vind.” Sal sy dissipels Hom genoeg vertrou om te wag vir sy wederkoms – dws soos die weduwee aanhou vra – tot wanneer Hy alles sal kom regstel?

Die Godsbeeld wat Jesus hier teken is van ‘n God wat nie slaap nie, en sy uitverkorenes se gebede om verlossing hoor en inderdaad verhoor. Hy sal reg laat geskied – die Griekse frase beteken letterlik: Hy sal regstel (of wraak neem, of herstel bring – in Engels revengeretribution). Ons mag dus nie ophou glo in God en sy geregtigheid in tye wat die sleur van die lewe en die gemaksug van ons eie voorspoed ons geestelike lewe begin afstomp nie. Ons durf nie ophou om te glo in tye van afvalligheid nie. Ons moedeloosheid in tye van onrus en onreg kan net getroef word deur voortdurende volhardende gebed om verandering. Ons moet leer om dag en nag te roep na God. Om wakker te wees, om ons slaap op te offer, en voor die troon van God te verskyn vir hierdie lewe. Ons kan die belofte van God vasgryp. Dit is Hy wat belowe dat Hy reg sal doen aan die mense wat dag en nag tot Hom roep om geregtigheid. Sal Hy ons lank laat wag? Jesus sê vir ons: Nee, Hy sal baie gou aan ons reg laat geskied.

Lees meer (‘n preek): https://ngkerksomerstrand.co.za/vra-sonder-ophou-lukas-181-8/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.