2 Timoteus 3:14-4:8 – Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam
2 Timoteus 3:14-4:8 – Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam
3:10Jy het my egter nougeset nagevolg in leer, lewenswandel, voorneme, geloof, geduld, liefde en volharding, 11in vervolging en lyding, soos wat ek in Antiogië, Ikonium en Listra ervaar het. Watter vervolgings ek ook al verduur het – die Here het my van alles gered! 12Almal wat godvresend in Christus Jesus wil leef, sal inderdaad vervolg word. 13Slegte mense en bedrieërs sal van kwaad tot erger gaan, deurdat hulle ander mislei, en mislei word. 14Maar jy, bly jy by dit wat jy geleer het en waarvan jy vas oortuig is, omdat jy weet by wie jy dit geleer het, 15en omdat jy van kleins af die Heilige Skrifte ken wat jou die wysheid kan gee tot verlossing deur die geloof in Christus Jesus. 16Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, 17sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak. 4:1Ek vermaan jou ernstig voor God en Christus Jesus, wat die lewendes en die dooies gaan oordeel, en ook met die oog op sy verskyning en sy koninkryk: 2Verkondig die woord, hou tydig en ontydig aan, weerlê, bestraf, bemoedig in alle geduld en deur lering. 3Want daar kom ‘n tyd wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar omdat hulle ore gestreel wil word deur wat hulle hoor, sal hulle vir hulleself leermeesters na eie begeerte uitsoek. 4Hulle sal hulle doof hou vir die waarheid, en hulle tot versinsels wend. 5Maar bly jy in alles nugter, verduur jou lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, beoefen jou bediening voluit. 6Want ek word reeds as drankoffer uitgegiet, en die tyd van my dood is naby. 7Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, ek het die geloof behou. 8Nou wag die oorwinningskrans van geregtigheid op my, wat die Here, die regverdige Regter, op daardie dag vir my sal gee – en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat sy koms liefhet.
Paulus herinner Timoteus in hierdie twee brief aan hom – sy laaste “testament” – aan twee rigtinggewende invloede in sy lewe. Die eerste is die voorbeeld van Paulus self. Hy het vir Timoteus gewys hoe ‘n mens godvresend in Christus Jesus leef, selfs al word jy daarvoor vervolg. Timoteus het reeds gewys dat dié voorbeeld sy rigsnoer in die lewe geword het, want hy het Paulus in alles nougeset nagevolg, in leer en lewe.
Die tweede invloed is egter die belangrikste, die is die Heilige Skrifte wat deur God geïnspireer is en waarin hy van kleins af onderrig is deur sy ouma en moeder. Elke Skrifdeel sowel as die hele Skrif is hierin belangrik. Die Grieks frase pasa graphê kan óf uitgelê word as “elke Skrifdeel” óf as die “hele Skrif”. Die Hervormers het hierby aangesluit met die slagspreuk Sola et Tota Scriptura – die Skrif alleen, en die hele Skrif. Daar is niks in die geestelike lewe waarvoor die Skrif nie nuttig is nie. Dit kan gebruik word vir onderrig en opvoeding, vir weerlegging en teregwysing om kinders van die Here in staat te stel om God se wil te gehoorsaam. Daar is niks meer of niks anders nodig om ten volle toegerus te word vir elke goeie taak wat God vir hom beplan.
Dit is dan ook hierdie woord wat Timoteus in Efese aan die gemeente moet verkondig – tydig en ontydig. Hy moet aan die een kant deur sy lering die dwalinge weerlê en bestraf, en aan die ander kant die gelowiges in alle geduld bemoedig om in die gesonde leer te bly en daarin te volhard. Des te meer omdat daar ‘n tyd kom wanneer die gesonde leer in diskrediet sal verval en mense leermeesters na hulle eie begeertes sal uitsoek. Hulle sal maak asof hulle doof is vir die waarheid en hulle eie waarhede – versinsels – skep. Maar, Timoteus moet net volhard in sy bediening – bestraffend en bemoedigend – tot aan die einde met Jesus se Wederkoms.
Lees meer: https://bybelskool.com/2-timoteus-31-17-getrou-aan-die-woord/ en https://bybelskool.com/2-timoteus-41-22-getrou-aan-jou-roeping/
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eric Botha
Ek sou wou hoor dat jy bietjie meer ingaan op wat Paulus as die Skrif bedoel het? Die hele Bybel soos ons dit het, was soos jy weet, nog nie geskryf nie. (Natuurlik pas ons as Geroformeerde Christene dit toe op al die Kanonieke geskrifte maar die vraag is: Of Paulus dit op daardie stadium so bedoel het?)
Chris van Wyk
Oral waar in die NT oor die “Skrifte” of “Skrif” gepraat word, dui dit op die OT. Soms word ook na die OT verwys as: “die wet (van Moses) en die profete” waarby soms ook die psalms gevoeg word. Daar word ook na die briewe van Paulus verwys en gelykgestel aan die Skrif, dws aan die OT. Petrus gebruik die frase “ander Skrifte” om daardie verband te bevestig:
“net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.” (2 Petrus 3:16 )
Hier is ‘n paar verwysings om na te gaan:
SKRIF
Matthew 27:37
37 En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.
Mark 15:28
28 En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.
Luke 4:21
21 Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.
John 2:22
22 En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
John 7:38
38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
John 7:42
42 Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?
John 10:35
35 As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,
John 13:18
18 Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.
John 17:12
12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.
John 19:24
24 En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees—sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen.
John 19:28
28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was—sodat die Skrif vervul sou word—het Jesus gesê: Ek het dors!
John 19:36
36 Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie.
John 19:37
37 En weer sê ’n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het.
John 20:9
9 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.
Acts 1:16
16 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
Acts 8:32
32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ’n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.
Acts 8:35
35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
Romans 4:3
3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
Romans 9:17
17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
Romans 10:11
11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
Romans 11:2
2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie?—hoe hy by God optree teen Israel en sê:
Galatians 3:8
8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.
Galatians 3:22
22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.
Galatians 4:30
30 Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.
1 Timothy 5:18
18 Want die Skrif sê: Jy mag ’n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.
2 Timothy 3:16
16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
James 2:8
8 As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed.
James 2:23
23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ’n vriend van God genoem.
James 4:5
5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?
1 Peter 2:6
6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ’n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.
2 Peter 1:20
20 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie;
SKRIFTE
Matthew 21:42
42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
Matthew 22:29
29 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.
Matthew 26:54
54 Hoe sou die Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur?
Matthew 26:56
56 Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die dissipels Hom verlaat en gevlug.
Mark 12:24
24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
Mark 14:49
49 Dag vir dag was Ek by julle in die tempel besig om te leer, en julle het My nie gegryp nie. Maar die Skrifte moes vervul word.
Luke 24:27
27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
Luke 24:32
32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?
Luke 24:45
45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
John 5:39
39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.
Acts 17:2
2 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte
Acts 17:11
11 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.
Acts 18:24
Apollos in Éfese en Korinthe.
24 EN ’n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandríë gebore was, ’n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte.
Acts 18:28
28 want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.
Romans 1:2
2 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte,
Romans 15:4
4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
Romans 16:26
26 maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof —
1 Corinthians 15:3
3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
1 Corinthians 15:4
4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
2 Timothy 3:15
15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
2 Peter 3:16
16 net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.
WET EN PROFETE (EN PSALMS)
Matthew 7:12
12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
Matthew 11:13
13 Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.
Matthew 22:40
40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Luke 16:16
16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
Luke 24:44
44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.
John 1:46
46 Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.
Acts 13:15
15 En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle ’n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!
Acts 24:14
14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,
Acts 28:23
23 En hulle het vir hom ’n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in ’n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.
Romans 3:21
Regverdigmaking deur die geloof in Jesus Christus.
21 MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig