Skip to main content

LUKAS 1:57-66 – Johannes die Doper word gebore tot ontsag van almal wat dit gehoor het

57Vir Elisabet het die tyd gekom om geboorte te gee, en sy het geboorte gegee aan ’n seun. 58En haar bure en familielede het gehoor dat die Here aan haar sy groot barmhartigheid bewys het, en hulle was saam met haar bly.

59En dit het gebeur op die agtste dag dat hulle gekom het om die kind te besny, en hulle wou hom Sagaria noem volgens die naam van sy vader. 60Maar sy moeder het geantwoord en gesê: “Nee, hy moet eerder Johannes genoem word.”

61En hulle het vir haar gesê: “Daar is niemand van jou familielede wat met hierdie naam genoem word nie.” 62Hulle het vir sy vader beduie wat hy wou hê hy genoem moes word. 63En hy het ’n skryftablet gevra en geskryf: “Johannes is sy naam.” En hulle was almal verbaas.

64Skielik is sy mond en sy tong geopen, en hy het gepraat en God geprys. 65En ontsag het oor almal gekom wat rondom hulle gewoon het, en in die hele heuwelland van Judea is al hierdie gebeure bespreek, 66en almal wat dit gehoor het, het dit in hulle hart gebêre en gesê: “Wat sal hierdie kind dan wees?” Want die hand van die Here was inderdaad met hom.

Teks en konteks

1:57-63 Hierdie gedeelte gaan oor die vervulling van die belofte aan Sagaria, en sy profesie net hierna oor die Verlosser en sy Voorloper. God se barmhartigheid was dus baie groter as maar net die gawe van ‘n kind aan ‘n kinderlose. Hy het ‘n gawe gegee vir die mensdom, ‘n kind wat die voorloper, die wegbereider vir die Messias, die Verlosser van die wêreld sou wees. Johannes die Doper.

1:64-66 Let op hoe die wonder wat God doen, uitkring. Wat in die privaatheid van die tempel aangekondig is, gekoester is deur Elisabet en die naby familie, het hier met die geboorte van Johannes ’n publieke effek op die bure, die gemeenskap en selfs in die wyer landstreek van Judea. Johannes se geboorte lei dus tot groot vreugde en ontsag in die publiek vir wat God doen. Die wonders van God is bedoel as publieke tekens van sy goedheid en mag.

Dit tref my hoe Lukas skryf dat dit duidelik was dat die Here by Johannes was, iets wat na Pinksterdag eintlik elke kind van God se deel sou wees.

Betekenis en boodskap

  1. Ons dink baie keer dat ons lewe nie ‘n groot invloed het nie. Sagaria se verhaal wil ons verbeelding wakker maak. Die getuienis van ‘n gehoorsame lewe het ‘n rimpeleffek in die hele gemeenskap. Dit roer harte en verander lewens. Toe. En vandag nog.
  2. Dink spesifiek na oor die hand van die Here wat ook met jou is. In die verlede. En vandag. Loof die Here daarvoor en gebruik dit in jou gebede vir jou toekoms.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesus se geboorte en kinderjare


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda