Skip to main content

Jeremia 18:1-11 – God, die Pottebakker, is volkome in beheer van ons, die klei

4 September

Jeremia 18:1-11 – God, die Pottebakker, is volkome in beheer van ons, die klei

1Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het: 2“Maak gereed en gaan af na die pottebakker se huis; daar sal Ek jou my woorde laat hoor.” 3Ek het toe afgegaan na die pottebakker se huis; hy was juis besig om iets op die pottebakkerswiel te maak. 4Maar die houer wat hy besig was om van klei te maak, het onder die hand van die pottebakker misluk. Hy het toe ‘n ander houer gemaak, soos die pottebakker dit goed gedink het om te maak. 5Toe het die woord van die Here tot my gekom: 6“Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?” is die uitspraak van die Here. “Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel. 7Een keer dreig Ek om ‘n nasie en ‘n koninkryk uit te ruk, af te breek en ten gronde te laat gaan. 8Maar as daardie nasie teen wie Ek die bedreiging uitgespreek het, hom bekeer van sy boosheid, sal Ek jammer wees oor die onheil wat Ek beplan het om hom aan te doen. 9‘n Ander keer sê Ek oor ‘n nasie en ‘n koninkryk dat Ek dit sal bou en plant. 10Maar as hy doen wat verkeerd is in my oë deur nie te luister na my stem nie, sal Ek jammer wees oor die goeie wat Ek gedink het om aan hom te doen. 11Sê dan nou tog vir die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem, ‘So sê die Here: “Kyk, Ek maak onheil gereed vir julle, en beraam planne teen julle. Draai tog terug, elkeen van sy verkeerde pad, en laat julle doen en late goed wees.” ’ 12Maar hulle sal sê, ‘Tevergeefs! Want ons eie planne wil ons volg, en elkeen van ons wil volgens die verstoktheid van sy eie bose hart optree.’ ”

Die Here beveel Jeremia om te gaan kyk hoe ‘n pottebakker werk met klei, want die Here gaan sy boodskap aan Jeremia en die volk deur hierdie “visuele les” bring. Pottebakkery was ‘n bekende aktiwiteit in die Ou Nabye Ooste, maar die boodskap hiervan was egter nie net gemik op Jeremia se gehoor nie, maar op alle mense van alle tye, want die werkwoord waarvan die woord “pottebakker” (yôṣēr) afgelei word, is ook die werkwoord wat vir God se “vorming” van die mens op verskillende plekke in die OT gebruik word (vgl Gen 2:7; Ps 139:16; Jer 1:5).

In die grondteks word die “pottebakkerswiel” as “die twee klippe” beskryf. Hierdie twee sirkelvormige klippe is met ‘n vertikale as aan mekaar verbind waarvan die onderste plat klip dan deur die voete van die pottebakker gespin is, en die klei op die boonste plat klip deur sy hande gevorm is. Wat Jeremia toe waarneem, is dat die pottebakker volkome in beheer is van die klei. In die proses sou daar gereeld een of ander gebrek in ontwerp, grootte of struktuur ontstaan. Al wat die pottebakker dan doen is om die keli in ‘n ander geskikte vorm te druk. Wat Jeremia veral beïndruk het was die beheer wat die pottebakker oor die klei uitgeoefen het. Hy het die materiaal geneem en daarmee gewerk totdat dit aan sy spesifikasies voldoen het. Net so, kom die woord van die Here daarom na Jeremia, het Hy absolute beheer oor sy volk, en sal Hy hulle lot volgens sy voornemens bepaal (vgl Rom 9 waar Paulus by hierdie beeldspraak aansluit).

Jeremia onderstreep daarmee aan ons almal die soewereiniteit van God oor die ganse mensdom. Nie dat Hy wispelturig soos die ander gode is nie, want die beginsels waarvolgens Hy werk, is algemeen bekend. Waar sy geopenbaarde wil gedwarsboom word – soos wanneer die klei nie meegee in die rigting wat die pottebakker dit vorm nie – laat Hy die strawwe van die verbond in werking kom (Deut 27-28). Wanneer sy geopenbaarde wil gehoorsaam word, of ongehoorsames tot bekering kom en Hom gehoorsaam – soos wanneer die klei meegee in die rigting wat die pottebakker dit vorm – laat Hy die seën van die verbond in werking kom (Deut 28).

Lees meer: https://bybelskool.com/jeremia-18-maak-julle-lewe-en-julle-dade-reg/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda