Skip to main content

Handelinge 8:14-17 – Die wat die woord van God aanneem, ontvang die Heilige Gees

8 Januarie

Handelinge 8:14-17 – Die wat die woord van God aanneem, ontvang die Heilige Gees

14Toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaria die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes daarheen gestuur. 15Hulle het gegaan en vir hulle gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, 16want Hy het toe nog op niemand van hulle neergedaal nie; hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. 17Hierna het die apostels hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Ons fokus vandag en môre op die belofte van en vervulling met die Heilige Gees. Die vervolging wat met Stefanus se marteldood teen Christene losbars (Hand 7) is nie net slegte nuus nie. Dit is ook goeie nuus, omdat die evangelie daardeur oor die eng Joodse grense na Samaria en uiteindelik na die hele wêreld versprei. Dit leer ons dat in alles wat gebeur God aan die werk is en dat ons nie net op die oppervlak op negatiewe dinge moet reageer nie, maar dieper moet kyk na wat God doen en daaroor opgewonde word.

Let ook op dat wonders, tekens en kragte steeds hulle bediening begelei, soos ons nou in die bediening van Filippus sien. Die werklikheid van God en wat Hy vir mense kan beteken versprei nou oral waar die gelowiges verstrooi word deur die vervolging. Dit is ook opmerklik dat die wonders hulle aandag vang vir die prediking, maar dat dit Christus is wat die blywende blydskap bring. Wonders op sy eie beweeg mense normaalweg nie tot geloof nie.

Onmiddellik word die apostels ook ingeroep om die seël op die werk in Samaria te plaas, deur vir hulle te bid, en die hande op te lê, sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang. Só word Samaria ook ingesluit in die wonder van die Pinksterdag gebeure. Die belofte van die Gees is immers ook vir hulle bedoel (Hand 2:37-38). Elkeen wat daar die woord van God rondom Jesus aangeneem het, ontvang daarmee saam die vervulling van die belofte van die Heilige Gees. Soos Paulus later sal verkondig: “As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie.” (Rom 8:9).

Lees meer: https://bybelskool.com/handelinge-81-25-saulus-gaan-besete-tekere-maar-filippus-verlos-besetenes/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar