Skip to main content

Handelinge 16:16-40 – Glo in die Here Jesus, en jy en jou hele huishouding sal verlos word

27 Mei

Handelinge 16:16-40 – Glo in die Here Jesus, en jy en jou hele huishouding sal verlos word

16Terwyl ons ‘n keer op pad was na die bidplek, het ‘n slavin met ‘n gees van waarsêery wat met haar voorspellings baie wins vir haar eienaars ingebring het, ons tegemoet gekom. 17Sy het agter Paulus en ons aan geloop en aanhoudend geskreeu: “Hierdie mense is diensknegte van God, die Allerhoogste! Hulle verkondig aan julle ‘n weg tot verlossing!” 18Dit het sy dae aaneen gedoen. Paulus het daaroor ontsteld geraak, omgedraai en vir die gees gesê: “Ek gebied jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan!” En presies op daardie oomblik het die gees uitgegaan. 19Toe haar eienaars merk dat hulle hoop op ‘n inkomste daarmee heen was, het hulle Paulus en Silas gegryp en hulle na die markplein gesleep tot voor die owerhede; 20en nadat hulle hulle voorgebring het, het hulle vir die stadsbestuurders gesê: “Hierdie mense stook onrus in ons stad, want hulle is Jode 21en verkondig gebruike wat vir ons as Romeine nie toelaatbaar is om te aanvaar of na te volg nie.” 22Die skare het toe ook teen hulle gedraai, en die stadsbestuurders het hulle klere laat afskeur en beveel dat hulle met stokke geslaan moet word. 23Nadat hulle met baie houe geslaan is, is hulle in die tronk gegooi, en is die tronkbewaarder opdrag gegee om hulle baie goed te bewaak. 24In die uitvoering van hierdie opdrag het hy hulle in die binneste deel van die tronk gegooi en hulle voete in die blok vasgeklem. 25Om middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing, en die gevangenes het na hulle geluister. 26Skielik was daar ‘n hewige aardbewing, sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure het onmiddellik oopgegaan, en almal se boeie het losgegaan. 27Die tronkbewaarder het wakker geskrik, en toe hy sien dat die tronk se deure oop was, het hy sy swaard getrek en wou homself doodmaak, omdat hy gedink het dat die gevangenes ontsnap het. 28Maar Paulus het hard uitgeroep: “Moenie jouself leed aandoen nie, want ons is almal hier!” 29Die bewaarder het vir lig gevra, ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. 30Hy het hulle na buite gelei en gesê: “Menere, wat moet ek doen om verlos te word?” 31En hulle het geantwoord: “Glo in die Here Jesus, en jy en jou hele huishouding sal verlos word.” 32Hulle het toe die woord van die Here aan hom en almal in sy huis verkondig. 33En hy het hulle op daardie uur van die nag saamgeneem en hulle wonde gewas. Hy en al sy mense is onmiddellik gedoop. 34Hy het hulle na sy huis geneem en ‘n ete voorgesit. Hy en sy hele huishouding was jubelend, omdat hulle tot geloof in God gekom het. 35Teen dagbreek het die stadsbestuurders die geregsdienaars gestuur met die opdrag: “Laat daardie mense vry!” 36Die tronkbewaarder het die boodskap aan Paulus oorgedra: “Die stadsbestuurders het laat weet dat julle vrygelaat moet word. Kom dan nou uit en gaan in vrede!” 37Maar Paulus het die geregsdienaars geantwoord: “Hulle het ons sonder verhoor in die openbaar laat slaan en in die tronk laat gooi, alhoewel ons Romeinse burgers is, en nou wil hulle ons stilletjies uitgooi? Beslis nie! Laat hulle ons self kom uitlei.” 38Die geregsdienaars het hierdie boodskap aan die stadsbestuurders oorgedra. Toe hulle hoor dat Paulus en Silas Romeinse burgers is, het hulle bang geword. 39Hulle het hulle om verskoning kom vra, hulle uitgelei en versoek om die stad te verlaat. 40Toe hulle uit die tronk kom, het hulle na Lidia se huis gegaan. Daar het hulle die broers gesien, hulle moed ingepraat en vertrek.

Die slavin met ‘n gees van waarsêery is die eerste teenstand wat Paulus en Silas in Filippi ondervind. Die woord wat gebruik word vir die waarsêergees, is puthon-gees. Die Puthon was die mitologiese slang of draak wat die orakel of tempel van Delphi bewaar het en deur Apollo doodgemaak is. Blykbaar het mense onder die invloed van dié gees met buikspraak gepraat, dws sonder dat hulle lippe beweeg het. Maar, Paulus dryf, na ‘n paar dae, die gees uit haar uit, wat waarskynlik beteken dat sy by die huiskerk van Lidia aangesluit het. Die reaksie op die eerste hindernis, die slawemeisie, demonstreer op geen onseker wyse nie, dat God sterker is as die magte van die duisternis. Maar die oorlog het natuurlik nog net begin!

Met die konsternasie wat haar eienaars vir Paulus veroorsaak, want die slavin het nou nie meer geld met haar voorspellings ingebring nie, verskerp die teenstand en word hulle erg verneder en geslaan en in die tronk gegooi. Net om daar ‘n volgende bekeerling vir die gemeente te werf, die tronkbewaarder. “Glo in die Here Jesus, en jy en jou hele huishouding sal verlos word!” Hy en sy huishouding (oikos) word gedoop en Paulus-hulle word in ‘n volgende huis gasvry ontvang. Jesus red die tronkbewaarder van sy selfmoord gedagtes en daarby ook sy huishouding tot geloof in Hom. Die tweede hindernis, die stadsbestuur wat Paulus en Silas in die tronk gooi, word dus nie net oorkom deurdat die aardbewing die deure van die tronk oopforseer nie, maar die tronkbewaarder self kom tot bekering, hy en sy hele huishouding.

Aan die einde van die verhaal, sien ons dat hulle almal (“broers” was die benaming vir die geloofsgemeenskap) weer bymekaar kom in Lidia se huis. En die grondslag vir die eerste gemeente in Europa is gelê. Paulus sou hulle nog twee keer besoek (Hand 20:1 en 6) en uiteindelik die pragtige brief aan die Filippense skryf vanuit die tronk in Rome. En hulle sou hom die meeste kere ondersteun van alle gemeentes wat Paulus ooit gestig het. Die eerste lidmate van hierdie pragtige gemeente begin dus hulle geloofspad saam in die huis van Lidia en word die grootste ondersteunersgroep van Paulus in die res van sy bediening.

Lees meer: https://bybelskool.com/handelinge-166-40-die-europese-kerkgeskiedenis-begin-met-die-bekering-van-n-vrou/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda