Skip to main content

Filippense 2:5-11 – Elke knie sal buig, elke tong bely: “Jesus Christus is die Here!”

5 April

Filippense 2:5-11 – Elke knie sal buig, elke tong bely: “Jesus Christus is die Here!”

5Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees: 6Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie, 7maar Hy het Homself daarvan leeggemaak, deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy in die vorm van ‘n mens verskyn het, 8het Hy Homself verneder, deurdat Hy gehoorsaam geword het tot die dood toe, ja, die dood aan die kruis. 9Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en aan Hom die Naam geskenk wat bo elke naam is, 10sodat in die Naam van Jesus elke knie sal buig – van diegene in die hemel en op die aarde en onder die aarde – 11en elke tong sal bely, “Jesus Christus is die Here!” tot eer van God die Vader.

Hierdie gedeelte is die hart van die boodskap van Paulus aan die gemeente van Filippi. Dit is ‘n teks waaroor ‘n mens nooit uitgepraat kan raak nie, en oor en oor moet lees, en oor moet nadink, tot dit deel raak van die praktyk van jou lewe. Ná die opdrag in vers 5 om die gesindheid van Christus Jesus te vertoon, word (waarskynlik) ‘n vroeë Christelike lied in vers 6-11 aangehaal wat verduidelik wat dié gesindheid behels. Die lied word in twee dele verdeel. Die eerste deel fokus op Christus Jesus se ontlediging (vers 6-8). Die tweede deel op sy verhoging (vers 9-11). In beide gevalle word die beweging trapsgewys beskryf. Jesus het Hom ontledig (kenosis) deur eerstens nie aan sy Goddelike gestalte (morphe) vas te klem nie, tweedens dié van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis. Omgekeerd word die verhoging in die eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets, tweedens as die verkryging van ’n Naam bo elke naam, en derdens met die kosmiese erkenning dat Hy Here is van alles en almal in die hemel, en op die aarde, en onder die aarde, dws orals.

Let op dat Christus se ontlediging nie iets is wat van buite af aan Hom gedoen word nie. Dit berus op sy eie keuse. Maar, let ook op dat sy ontlediging en menswording nie ’n afstand doen of ontkenning van sy Goddelikheid is nie, maar die manier waarop Hy wys dat Hy inderdaad God is! Hy wys daarmee vir ons ook hoe ons moet leef. Met dieselfde gesindheid; dat ons moet fokus daarop om te gee, nie om iets te ontvang nie: “not getting but giving” (Moule). Jesus gebruik dus sy posisie as God tot voordeel van die mense, anders as wat Adam gedoen het wat juis sy posisie as beelddraer van God misbruik het, en gekies het om saam met Eva op ‘n selfsugtige wyse die vrug van die boom van goed en kwaad te eet: “om soos God te wees.

Let verder op dat die verhoging gekoppel is aan die ontlediging. Omdat Christus Homself ontledig het: “Daarom het God Hom ook uitermate verhoog!” En aan dié verhoging word die belofte gekoppel hierdie verhoging sal uitmond in ‘n verheerliking in die hele heelal, dat: “in die Naam van Jesus elke knie sal buig … en elke tong sal bely, ‘Jesus Christus is die Here!’ tot eer van God die Vader.” Wat met Christus gebeur het, en veral wat nog sál gebeur, is dus die aanmoediging vir ons om met dieselfde gesindheid as Hy in elke situasie waarin ons is, op te tree. Om die belange van ander op die hart te dra; om alles wat jy het, te gee tot voordeel van ander. En terselfdertyd vas te gryp aan die belofte dat God dit nie net raaksien nie, maar sal deel maak van die uiteindelike bevestiging van die reg en heerlikheid van Christus Jesus self. En dat jy met groot vrymoedigheid aan die einde van die tyd voor Hom sal kan neerbuig en sy Naam met oortuiging sal kan bely.

Lees meer: https://bybelskool.com/filippense-25-30-jesus-se-selfontlediging-inspireer-ons-as-ligdraers-in-die-wereld/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.