Skip to main content

Veritas Module 1 fasilitering vir predikante en ander met ‘n teologiese agtergrond

Hierdie boodskap is vir alle predikante en diegene met ‘n graad of diploma in teologie.

Veritas SA bied ‘n intensiewe gekombineerde deelnemer & fasiliteerderkursus in Module 1 in Afrikaans aanlyn aan op zoom op die volgende dae:

  • Dinsdag 26 November 9:00-13:00 (Lesse 1-4 – Bybeloorsig, kommunikasie, interpretasie en eksegese)
  • Donderdag 28 November 9:00-13:00 (Lesse 5-14 – Eksegese van Efesiërs en Kolossense met ‘n fokus op geloofsekerheid en geestelike volwassenheid)
  • Woensdag 4 Desember 9:00-13:00 (Lesse 15-23 – taal, vertalings, semantiek, eksegese van Galasiërs 5 met ‘n fokus op oorwinning oor versoeking en sonde)
  • Donderdag 5 Desember 9:00-13:00 (Lesse 24-26 – Bybelse teologie en hermeneutiek, Bybelstudiegroepe, prediking en stap-vir-stap implementering van fasilitering)

Aanbieders: Tiesie de Coning en Chris van Wyk

Skryf in by Amanda Smit: amanda @ veritascollege. org

Veritas module 1-4 opleiding vir die volgende jaar in Afrikaans en Engels

Hier bo is die datums vir die amptelike aanlyn aanbiedinge van die vier modules van Veritas. Dit sal telkens gelyktydig in Afrikaanse en Engelse groepe aangebied word. Die opleiding as fasiliteerders is oor drie aande versprei.

Hier onder is meer inligting oor die opleiding:

Veritas module 4 aanlyn – Afrikaans en Engels

Ek bied in Augustus die Deelnemers module 4 van Veritas aanlyn aan op zoom. In Afrikaans (and English – detail at end of this post). Jy kan inskryf met hierdie registrasievorm. Koste R550.

Skryf in voor 27 Julie en stuur die ingevulde registrasievorm vir my sodat die boeke betyds versend en afgelewer kan word (daar is ook ‘n opsie vir ‘n pdf).

Ons begin Dinsdag 6 Augustus en eindig 3 September.

Die module word op Dinsdae 18:00-21:00 en Saterdae 08:00-12:00 aangebied.

Continue reading

Veritas module 3 aanlyn – Afrikaans en Engels

Ek bied binnekort die Deelnemers module 3 van Veritas aanlyn aan op zoom. In Engels en Afrikaans. Jy kan hier inskryf met die ingeslote registrasievorm: Veritas SA Registrasievorm. Koste R450. Daar is meer inligting oor die inhoud van die modules en opleiding op hierdie pdf: Veritas Brosjure Afrikaans. (Module 4 kom in Augustus)

Skryf so gou as moontlik in en stuur die vorm vir my sodat die boeke betyds versend en afgelewer kan word (daar is ook ‘n opsie van die pdf). Ons begin Maandag 18 Maart 18:00-21:00 met die Afrikaanse kursus en Dinsdag 19 Maart 19:00-21:00 met die Engelse kursus.

Continue reading

Psalm 2 – Challenge to prayer and missions

Bybelskool.com se bydraes het vanoggend vasgehaak op die bediener. Jy kan Psalm 104 hier lees.

Ek preek vanoggend in Summerstrand United oor Psalm 2 en stel Veritas College International daar bekend. Hier is dus ‘n bonus bydra oor Psalm 2.

I want to bring a message from God and share about Veritas.

The Lord placed Psalm 2 on my heart. This message, especially as it is applied in the NT, in the book of Acts, chapter 4 and 13, as well as in Revelation 2, the letter to Thyatira, dovetails nicely with the intent of Veritas to motivate congregations towards prayer and missions.

Claris will read Psalm 2. And then I will give the message and, in the process, also share about Veritas.

Continue reading

Onlangse kommentaar