Die woorde van Lemuel
- Aan die een kant gee die moeder in 31:1-9 aan haar seun, die koning, ‘n voorskrif vir sy regering en persoonlike lewe, waarin sy twee kernagtige wyshede uitlig, versigtig vir vroue (31:2-3) en versigtig vir drank (31:4-9). Dit is die wyse woorde van ‘n goeie vrou oor die gevaar van vreemde vroue en oor die vervreemding wat drank kan bring.
- Aan die ander kant leer sy hom in 31:10-31 van die tipe vrouwees waarop hy moet fokus in ‘n unieke fyn uitgewerkte gedig – in akrostiese styl (elke vers begin met ‘n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet). Dit is die wyse woorde van ‘n goeie vrou oor die ideale knap vrou, dié tipe vrou waarmee hy sy lewe moet versier.
In die eerste vers verneem ons dat Lemuel van Massa af kom. Dit is ‘n streek in Noord-Arabië (Gen 25:14). Soos met die woorde van Agur, is hierdie hoofstuk dus waarskynlik wysheid uit ‘n ander tradisie wat ingespan is in ‘n Israeliese konteks. Maar let op dat dit binne die Jahwe tradisie van Israel geplaas word (31:30).


Onlangse kommentaar