Skip to main content

2 Petrus 1:3-4 – sy goddelike krag het ons deel laat kry aan die goddelike natuur

26 November

2 Petrus 1:3-4 – sy goddelike krag het ons deel laat kry aan die goddelike natuur

3Sy goddelike krag het ons immers reeds alles gegee wat ons nodig het vir ‘n godvresende lewe, deur die kennis van Hom wat ons deur sy majesteit en goddelike krag geroep het. 4Hierdeur het Hy sy kosbare en grootse beloftes reeds aan ons gegee, sodat julle deel kan kry aan die goddelike natuur, noudat julle ontvlug het aan die verdorwenheid wat deur begeerte in die wêreld teenwoordig is.

‘n Godvresende lewe is nie iets wat eerstens aan ons toewyding gekoppel word nie. Dit is in die eerste plek ‘n geskenk van God deurdat ons die Here Jesus Christus al hoe beter leer ken. Dat ons deel kry aan die goddelike natuur. Dat ons daardeur die verdorwenheid van begeerte in hierdie wêreld kan ontvlug. Dit is die boodskap van Advent.

Geestelike groei is soos twee kante van dieselfde munt. Toewyding aan Jesus lei tot dieper kennis van Hom. Kennis van Jesus lei weer tot dieper toewyding aan Hom. Uiteraard is geestelike groei dus iets waaraan ons onsself moet en kan toewy. Maar, geestelike groei is ten diepste iets wat deur sy goddelike krag aan ons geskenk word, soos Petrus in die volgende verse gaan uitspel. Dit is hierdie kosbare en grootse beloftes wat ons hoop gee in ons geestelike lewe.

Geloof is dus beide objektief (iets wat God gee) en subjektief (iets wat ons beoefen). Ons moet groei in die subjektiewe kant van ons kennis van Jesus, sodat ons geloof kan groei in insig, selfbeheersing, volharding, toewyding, en liefde beide vir ons eie mense as vir alle mense. Maar, dit is gebaseer op die betroubaarheid van die objektiewe inhoud van ons geloof, Jesus Christus. Dit is omdat Hy op ‘n  kragtige wyse teenwoordig is in en onder ons, dat ons geestelik kan groei.

Lees meer: https://bybelskool.com/2-petrus-1-le-julle-daarop-toe-om-julle-roeping-en-verkiesing-stewig-te-vestig/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar