3 Johannes – Getrouheid aan die waarheid en gasvryheid word geprys en aangemoedig

Johannes noem homself in dié brief net soos in 2 Johannes weereens net die “Oudste” of “Ouderling”, soos die woord presbuteros vertaal kan word.  Hierdie rig hy die brief egter aan Gaius, “die geliefde”, soos die Griekse woord agapetos vertaal kan word.  Sommige vertaal dan dié woord ook as vriend, soos in die N.A.V..

Daar is drie ander Christene in die NT wat die naam Gaius dra:

  • Gaius van Korinte wat deur Paulus gedoop is en bekend gestaan het as ’n gasvrye man (Rom 16:23; 1 Kor. 1:14);
  • Gaius van Masedonië wat saam met Paulus op sy tweede sendingreis was en saam met hom in die moeilikheid kom in Efese (Hand 19:29);
  • Gaius van Derbe wat saam met Paulus op sy derde sendingreis was (Hand. 20:4).  Laasgenoemde is deur Johannes biskop van Pergamum gemaak – die gemeente aan wie Johannes die derde brief in Openbaring geskryf het waarin hy leerstellige sake aangeraak het (Openb. 2:12-17) – volgens ’n tradisie wat uit die 4de eeu n.C. kom.

Hoewel Gaius uit Derbe dus die mees waarskynlike identifikasie met die Gaius in Johannes se derde brief is, kan ’n mens dit nie met stelligheid bewys nie, omdat daar geen ander duidelike aanduiding hiervan uit die vroeë kerkgeskiedenis is nie.  Die tradisie uit die 4de eeu verbind ongelukkig ook nie eksplisiet dié Gaius van Pergamum aan die Gaius van die 3de Johannes brief nie.  Dit bly egter die mees waarskynlike identifikasie.

Gaius word deur Johannes geskets as iemand wat hom aan die ware leer probeer hou het (vers 3-4), wat ’n groot invloed in sy gemeenskap gehad het (vers 5), omdat hy gerespekteer is (vers 2,6) en vermoënd genoeg om reisende leraars finansieel te ondersteun (vers 6) – soos Smalley dit tereg opsom (Word kommentaar).  Hy was egter ook iemand wat self maklik beïnvloedbaar was en daarom aangemoedig moes word om te fokus op die goeie voorbeelde, nie die slegtes nie (vers 11).

Johannes se voorbidding en blydskap oor Gaius se getrouheid aan die waarheid – vers 1-4

Johannes bid (N.A.V. vertaal “hoop”) dat dit met Gaius se gesondheid in alle opsigte net so goed sal gaan as wat met hom geestelik (Griekse woord siel word gebruik) gaan.  Dit is veral Gaius se getrouheid aan die waarheid wat vir Johannes groot vreugde verskaf.  Só het die berig Johannes bereik deur medegelowiges wat by hulle in Efese aangedoen het.  Gauis het die “pad van die waarheid geloop” (N.a.v. vertaal: “in die waarheid lewe”).

Johannes se blydskap oor Gaius se gasvryheid – vers 5-8

Johannes is ook bly vir Gaius se gasvryheid vir besoekende gelowiges, veral omdat dié mense vir hom vreemdelinge was.  Sy liefde vir hulle is prakties bewys en Johannes moedig Gaius aan om hulle verder te help op hulle reis vir die evangelie, op ’n manier wat God waardig sal ag.  Daarmee, sê Johannes, word ons medewerkers van die waarheid en help ons die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus.

Johannes kontrasteer die optredes van Diotrefes en Demetrius – vers 9-12

Johannes waarsku Gaius egter teen die hoogmoed en magsbeheptheid van Diotrefes wat gesteld is op sy status en magsposisie in die gemeente en daarom nie net Johannes-hulle se gesag verwerp nie, maar doelbewus slegte en valse gerugte oor hulle versprei.  Hy bewys ook nie gasvryheid nie, wat wys hoe hy ’n streep trek deur die praktiese hulpbetoon wat die kenmerk van die Christelike gemeenskap is en behoort te wees.  Trouens, hy keer dié wat gasvryheid wil betoon en dryf hulle uit die gemeente uit.

Johannes waarsku Gaius dus om hom van Diotrefes te distansieer en eerder die voorbeeld van Demetrius te volg wat ’n positiewe getuienis  van almal het, Johannes-hulle inkluis.  Daar word op een ander plek in die NT van ’n Demetrius gepraat, die silwersmid wat Paulus hulle soveel probleme in Efese gegee het (Hand. 19:23-41).  Dit sou wonderlik wees om te dink dat dié man tot bekering gekom het en nou as voorbeeld vir die gelowiges voorgehou word.  Daar is ook sprake uit ’n 4de eeuse tradisie van ’n Demetrius wat deur Johannes as biskop van Filadelfia aangestel is – die gemeente aan wie die 6de brief in Openbaring geskryf is (Openb. 3:7-10).  Daar is egter geen ander getuienis om dit te staaf nie, so dit bly net ’n interessante moontlikheid.

Slot

Johannes sluit die brief op dieselfde manier as sy 2de brief en voeg by dat Gaius se vriende vir hom groete stuur.  Johannes is op pad en sal sake aanspreek en regstel met sy koms.

3 Johannes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: