Skip to main content

1 Petrus 5 – Versorg mekaar en wees voorbeelde vir mekaar

600-x-800px-Voorblad---Petrus-JudasPetrus rond sy brief af deur te fokus op die laaste twee aspekte van hulle gemeentelike lewe wat hulle standvastigheid in die geloofstryd in die wêreld sal gee. Die eerste het te make met die leierskap in die gemeente en die absolute belang van vrywillige, geesdriftige versorging wat gewortel is in die voorbeeld wat hulle stel. Die tweede het te make met die navolging van die leiers se toesig en voorbeeld, terwyl almal saam op die kragtige hand van God sal vertrou. Hoekom? “Want Hy gee vir julle om!

Ons lees die laaste hoofstuk dus aan die hand van dié indeling, waarna die slot van Petrus se brief aan die orde sal kom (vers 12-14):

  • Versorg die geloofsgemeenskap – 5:1-4
  • Volg die leierskap na en vertrou op die kragtige hand van God – 5:5-11

5:1-4 – Versorg die geloofsgemeenskap

Petrus doen ‘n ernstige beroep op die ouderlinge as leiers van die gemeente. “Versorg soos herders die kudde van God in julle midde”. Hy spel dié versorging uit op twee maniere: 1) as toesig oor hulle, en 2) as voorbeeld vir hulle. Aan die een kant moet hulle dus verantwoordelikheid neem vir die lede van hulle geloofsgemeenskap om hulle te help om standvastig te bly. En hulle moet dit doen op vrywillige en geesdriftige wyse, nie op ‘n baasspelerige manier óf deur wins daaruit te maak nie. Aan die ander kant moet hulle ook as voorbeelde die standvastigheid in die Here voorleef. Woorde wek, maar voorbeelde trek.

Hy motiveer hulle op twee maniere vir hierdie belangrike taak. Aan die een kant verwys hy na homself as ‘n voorbeeld vir hulle – as mede-ouderling, getuie, en deelgenoot. Aan die ander kant verwys hy na die beloning wat die Here, die “Groot Herder”, vir elke getroue ouderling sal gee, die erekrans van heerlikheid wat nooit sal verwelk nie.

5:5-11 – Volg die leierskap na en vertrou op die kragtige hand van God

Die keersy van hierdie versorging is natuurlik dat die leierskap se toesig en voorbeeld aanvaar en nagevolg sal word, veral deur die jongeres in die geloofsgemeenskap. Nederigheid moet die onderlinge gemeenskap kenmerk.

Petrus roep hulle almal op om al hulle bekommernis op God te werp en die vertroue dat sy kragtige hand aan die werk sal kom in hulle lewens. Hoekom? “Want Hy gee vir julle om!” Wat ‘n voorreg.

Dit is des te meer noodsaaklik, omdat die uitdagings van hierdie lewe ‘n geestelike basis het: “Julle teenstander, die duiwel, loop rond ‘soos ‘n brullende leeu’ op soek na wie hy kan verslind.” Daarom moet die gelowiges waaksaam en nugter wees om hom te kan teenstaan en standvastig in die geloof te bly. Dit is trouens die lot van alle gelowiges regdeur die wêreld.

Hulle kan egter staatmaak op God se werk, self al sluit dit lyding in, om hulle te herstel, bemagtig, versterk en stewig te vestig. Hy het die krag om dit te doen en sal die roeping van Jesus Christus in hulle lewens waarmaak.

5:12-14 – Slotwoord en seëngroet

Petrus sluit sy brief af met ‘n verwysing na Silvanus wat hom met die briefskryf gehelp het, sowel as na Markus wat saam met hom sy groete aan die vreemdelinge in die noorde en weste van Turkye stuur. Hy spel ook die doel van sy brief uit, dat hy hulle wou bemoedig en hulle nadruklik wou verseker: “dat hierdie dinge die ware genade van God is.” Groot woorde. “Staan dan vas daarin!

Boodskap

Daar is min dinge wat ‘n geloofsgemeenskap só in harmonie kan laat funksioneer as die fokus aan die een kant op onderlinge versorging en aan die ander kant op standvastig saamstaan in die geloof. In dié mate wat ons vir mekaar voorbeelde van standvastigheid in die geloof verskaf, in dié mate versterk ons die band wat ons aan mekaar bind. Dit is iets wat van leiers gevra word. Dit is iets wat net soseer van volgelinge gevra word.

Let op dat die teenstand teen die duiwel (diabolos) gevind word in standvastigheid in geloof, persoonlik en in die geloofsgemeenskap. Só het Paulus dit ook aan die Efesiërs uitgespel: “Staan dan vas, julle heupe omgord met die waarheid, bedek met die borsplaat van geregtigheid en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Dra, by dit alles, die skild van die geloof, waardeur julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die Bose te blus.” (Ef. 6:14-16).


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

1 Petrus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.