Skip to main content

Tag: 1 Johannes

1 Johannes 5 – Geloof is die getuienis van God se werk in ons lewe

Dit is eintlik só logies wat Johannes se aanpak in hierdie laaste hoofstuk van sy “preek” is.  Hy het tot dusvêr uitvoerig uitgebrei oor God se liefde en die wyse waarop dit gestalte kry in ons liefde vir mekaar binne die geloofsgemeenskap.  In ’n laaste nadenke daaroor bind hy die liefde vir God en mekaar aan ons geloof in Jesus Christus.

Oor hierdie geloof skryf hy dan uit drie perspektiewe.

Continue reading

1 Johannes 4 – Wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hulle

Johannes vervolg in hierdie hoofstuk met:

  • ’n diepsinnige verduideliking van die werk van die Heilige Gees om ons van Jesus se God-mens natuur te oortuig, ’n tema wat hy reeds in die laaste vers van hoofstuk 3 aangeraak het, wat ons help om te onderskei tussen die waarheid en die dwaling – vers 1-6.
  • Dan keer hy terug na die tema van die liefde, nie net omdat dit deel van die onderskeidingsproses van dié dinge waarop dit regtig aankom in die lewe is nie, maar omdat hy die geloofsgemeenskap ook dieper in die waarheid van God se inwoning in ons wil inlei – vers 7-21.

Continue reading

1 Johannes 2:28-3:24 – Kinders van God doen wat reg is en het mekaar lief

Johannes gaan vêrder met sy verduideliking van wat die Christelike lewe behels as dit in God Drie-enig begrond is.

  • Kinders van God doen wat reg is – 2:28-3:10.
  • Kinders van God het mekaar lief en lê hulle lewens vir mekaar af – 3:11-24.

Continue reading

1 Johannes 2:1-27 – Leef met en in God se liefde in hierdie wêreld

Johannes het nou sy teologiese onderbou gegee met hoofstuk een se fokus op die God-mens Jesus, en dit prakties toegepas in terme van die leef in die lig van God binne die gemeenskap van gelowiges. In hoofstuk twee werk hy nou die etiese implikasies hiervan verder uit.  Hy beklemtoon:

  • dat gelowiges nie moet sondig nie, al het ons Jesus Christus as Voorspraak – vers 1-2;
  • dat die liefde van Jesus in ons volmaak moet word deur elke medegelowige lief te hê – vers 3-11;
  • dat die liefde van God die Vader in ons moet bly eerder as die liefde vir die wêreld – vers 12-17;
  • dat die salwing van die Heilige (Gees) ons moet help om die antichristelike gees te onderskei – vers 18-27.

Continue reading

1 Johannes 1 – Die vleesgeworde Seun van God reinig ons van elke sonde

Jesus is mens en God – vers 1-4

Elke keer as ek hierdie eerste hoofstuk lees, roer dié boodskap my diep binne-in my. Johannes moet die geloofsgemeenskap help om die invloed van die valse profete die hoof te bied.  Waarskynlik sluit dit sy gemeente in Efese in, as dié brief eintlik een van sy preke aan hulle was.  Hy kies daarom om in die eerste vier verse van hierdie brief terug te gaan na die basis van nie net sy persoonlike geloof nie, maar dié geloof wat hy en sy gemeente met die hele Christelike geloofsgemeenskap deel. 

Continue reading

Onlangse kommentaar