Skip to main content

Tag: Titus

Titus 3:1-15 – Gesonde lewe

Vers 1-2 – Publieke verantwoordelikheid

Let op hoe Paulus met die gemeente se publieke verantwoordelikheid begin, voordat hy verder gesels oor die manier waarop die gemeente eenheid in sy geledere moet handhaaf.  Geloof en die praktiese uitleef daarvan is nie net ‘n private en persoonlike saak nie, maar ook ‘n publieke een.

Hy spel die publieke verantwoordelikheid op twee maniere uit.  Aan die een kant is ‘n gesonde gemeenskapslewe afhanklik van instemming en gehoorsaamheid aan owerhede en gesagsinstansies.  Daarsonder verval ‘n gemeenskap in anargie en wetteloosheid.  Aan die ander kant moet die gemeenskapslewe ook nie net in stand gehou word soos wat dit bv in die verlede was nie, maar positief ontwikkel word deur gelowiges wat bereid is “om alles te doen wat goed is.”

Soos Paulus in Filippense beklemtoon het dat waarderende dinge gedink en bedink moet word, lê hy hier in Titus klem op die doen van dinge wat goed is.  Verheffende gedagtes kan net mense inspireer as dit in goeie dade gestalte kry.  En die tipe dade waarvan Paulus praat is beide dinge wat vermy word: kwaadpraat en rusie soek, sowel as dinge wat gedoen moet word: inskiklik (vgl Fil 4:5) en bedagsaam wees teenoor almal.

Continue reading

Titus 2:1-15 – Gesonde leer

Paulus begin die hoofstuk met die klem op die gesonde leer (hugiainoo didaskalia).  Hiermee bedoel hy nie soseer die sistematisering van die Christelike geloof wat ‘n mens aan ‘n kweekskool of universiteit sou leer nie, maar eerder die praktiese toepassing van die geloof, waarin hulle deur Paulus onderrig is.  ‘n Mens sou ook daarvan as dissipelskap kon praat, as’t ware die praktiese implikasies van jou geloof in Jesus Christus.

Let op hoe hy hierdie praktiese toepassing van die geloof uitspel vir dieselfde groepe as wat hy in 1 Timoteus 5:1-2 en 6:1-2 ook genoem het: ouer mans, ouer vroue, jonger vroue, jonger mans en slawe.  Die geloof moet dus praktiese gestalte kry in ‘n verskeidenheid van sosiale groeperinge.

En let veral op dat sy motivering vir hierdie opdrag lê in die impak wat dit sal hê op mense wat nog buite die gemeente staan

Continue reading

Titus 1:1-16 – Gesonde geloof

Twee perspektiewe sal jou help om dié brief se boodskap beter te verstaan.

Aan die een kant skryf Paulus hierdie brief om vir Titus en die onderskeie dorpsgemeentes te help met die ontwikkeling van hulle bediening. Daarom spandeer hy tyd aan die wyse waarop die leierskap moet werk (hoofstuk 1), hoe ‘n mens kan sorg dat die gesonde leer gehandhaaf word (hoofstuk 2), en hoe die Christelike lewe optimaal gelewe kan word, veral ook met die oog op die gemeenskap waarbinne hulle lewe (hoofstuk 3).  Vir die jong gemeentes, waarskynlik veral huiskerke, was dié toerusting van groot belang om te kan koers hou op die pad van die evangelie.

Aan die ander kant fokus Paulus besonder baie op wat hy noem: goeie werke (1:16; 2:7,14; 3:1,8,14 – hy noem dit ook in 1 Tim 2:10 en 5:10).  Maar, belangrik, dit is nie vir hom in spanning met die genade wat God aan ons gee nie.  Trouens dit is die manier waarop God se genade ruimte kry in ons lewe.  Kyk spesifiek na 2:14 waar die twee konsepte aan mekaar verbind word, genade en goeie werke (in die volgende bydrae meer daaroor).  Goeie werke is dus nie in konflik met genade nie.  ‘n Rigiede gebruik van die Joodse wet is wel in konflik met die genade, waarmee gedink word dat jy deur die nakom van sekere rituele gebruike (sabbat, dieet) in God se guns kan kom.

Continue reading

Titus

Paulus skryf waarskynlik hierdie brief aan Titus op dieselfde tydstip as die eerste brief aan Timoteus vanuit Masedonië (Tit 3:12) in 62-63 nC op sy “vierde sendingreis”.  Daarom hanteer ons ook hierdie brief eerste, voor ons gaan afsluit met Paulus se laaste (behoue) brief, die 2de brief aan Timoteus.

Titus se Griekse afkoms het hom besonder geskik gemaak om die evangelie aan Grieke te verkondig (Gal 2:3).  Hy het onder Paulus se bediening tot bekering gekom, waarskynlik in Antiogië, omdat hy Paulus-hulle na Jerusalem vergesel met die vergadering se besinning oor die besnydenis (Gal 2:3; Hand 15).  Hy werk in Korinte, Dalmasië en op die eiland Kreta.  In Korinte was hy ‘n soort “trouble-shooter” om die tweespalt in die gemeente te ontlont.

Hierdie brief is ‘n uiteensetting van die dinge waarop hy moet fokus in sy bediening daar, toegespits op ‘n gesonde geloofslewe (Tit 1:13), weereens meer as ‘n “trouble-shooter”, totdat Artemas en Tigikus daar sou aankom (Tit 3:12).  Soos dit die geval was met die briewe aan Kolosse en Efese, is dit nou ook die geval met die brief aan Titus en die 1ste brief aan Timoteus – die temas wat aangeraak word, kom baie ooreen.  Sommige beskou die brief aan Titus daarom as ‘n kleiner weergawe van 1 Timoteus.

Weereens word die valse leringe van dwaalleraars – dit kon selfs van die plaaslike huiskerk ouderlinge in die verskillende dorpe (Tit 1:5) gewees het – aangevat, en die gesonde leer daarteenoor beklemtoon.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda