Iemand vra my oor die riglyn in Psalm 15:4 dat van gelowiges wat die tempel wil betree verwag word om “dié te verag wat deur God verwerp is.” En vra ook hoe dit verband hou met die ander riglyn in vers 3 dat jy niemand mag beledig nie. Nogal ‘n interessante een!
‘n Bietjie agtergrond: Psalm 15 gee 10 riglyne vir iemand wat in die tempel die Here wil kom aanbid (die priesters het dit waarskynlik vir tempelgangers uitgespel, soos ook die geval is in Psalm 24, ‘n tweelingPsalm van dié een). Die riglyne was: 1) onberispelike (blaamlose) lewenswandel, 2) regdoen, 3) waarheid praat, en die teendeel, 4) nie kwaadpraat nie, 5) niemand beledig nie, 6) dié verag, NB, wat deur God verwerp is, maar daarteenoor 7) Godsdienaars eer, 8) woordhou, 9) nie rente vra vir sy eie mense, veral van die behoeftiges, nie, 10) hom nie laat omkoop om onskuldiges te kort te doen nie.
Blaai vandag deur jou joernaal en merk van die gedagtes wat jou deur die loop van ons lees van die Psalms getref het. Sê vir die Here dankie vir wat jy van Hom ontvang het.
Lees dan Psalm 1 en fokus op wat dit vir jou sê in die lig van al die ander Psalms wat ons tot dusvêr gelees het.
Ek is getref deur die oorhoofse boodskap van die Psalms dat die mens sy doel en bestemming in die lewe saam met God vind, soos Psalm 1 reeds aangevoer het. Die Psalms leer my hoe om te bid, hoe om te leef, en hoe om God te loof. Dit help my om die emosies te verwoord wat ek oor die hele spektrum van die lewe ervaar. Dit spreek nie net my intellek aan nie, maar help my ook om gehoorsaam te wees en emosioneel gesond voor God te lewe.
Die Psalms help my om van ‘n oor-God gesprek na ‘n met-God gesprek te beweeg.
Ek het geleer dat enigiets wat die kwaliteit en ervaring van my gemeenskap met God bedreig ’n bedreiging vir die lewe self is. Die Psalms spoor my aan om met integriteit en vertroue te leef – om nougeset te let op hoe ek met God in verhouding leef, en Hom te vertrou, veral waar ek swaarkry of moedeloos is. Selfs wanneer daar twyfel is, en die donker dele van die lewe in die oë gestaar moet word, leer die Psalms my dat sin gevind word in die nabye teenwoordigheid van God.
Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe. Soos Elwell dit stel, dit gaan goed met iemand wat “the corrosive influence of the cynical” vermy, “taking pleasure instead in every revelation of the mind and will of God, feeding his mental life on the divine Word”.
Dit is waarom, om by Psalm 1 aan te sluit: die fokus van die regverdiges net op een ding kan wees: die woord van God. Want, waar God se openbaring in my hart leef (Psalm 37:31), bepaal Hy my koers, trouens – soos Psalm 1:6 in die oorspronklike lui – ervaar ek dat “die Here die pad van die regverdiges ken”. En daar is niks wat my meer tot rus bring nie as dié ervaring, dat God my ken.
Die Psalm begin met ’n saligspreking: “Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke (of arme)”, waarmee Dawid implisiet daarop staatmaak dat dit van hom geld, hoewel hy dit nie in soveel woorde sê nie. Dit was immers een van die hoofopdragte aan die koning om vir die armes en swakkes om te gee, en Dawid aanvaar dat dit bekend was van hom.
Só ’n persoon – iemand wat omgee vir ander in hulle nood – kan met reg na God gaan in sy eie tyd van nood, en om hulp smeek. Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed.
Die Psalmis is in die nood, en bely dat hy homself nie kan help nie. Sy enigste hoop is dat die Here aan hom sal dink en hom sal red. En sy versugting is dat Hy nie sal talm nie (vers 18).
Dit is waarom hy drie goed doen, waarmee ’n mens ook die boodskap van die Psalm kan opsom:
Die Psalm word in die eerste vers as ’n Belydenis beskryf. Die woord word deur die meeste geleerdes as ’n eienaam verstaan, Jedútun (ook Ps 62:1; 77:1 – kyk in OAV), een van Dawid se musiekleiers, soos in 1 Kronieke 9:16; 16:38,41 vermeld word – soos dit ook die geval is met Asaf (Ps 50:1; 73:1; 78:1; 79:1; 82:1) en Heman (Ps 88:1 – kyk in NIV) wat ook só in die Psalms genoem word.
Die Psalm wys hoe uiters belangrik nadenke en gebed is vir iemand wat worstel met die impak wat slegte mense op hulle lewe het. Om in direkte gesprekke met sulke mense te gaan, bring eerder meer konflik as wat dit oplossing bring. Maar om jou wroeging en ontsteltenis nou net weer in te hou, en niks te sê nie, maak ’n mens weer siek van binne.
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar