Die indeling van hierdie gedigte is nie eenvoudig nie. ‘n Mens sou die indeling in die NAV kon gebruik, waarin hier net die man en die vrou in gesprek met mekaar geplaas word. ‘n Mens sou ook Peterson se indeling kon gebruik: The Woman – vers 2-7; The Man – vers 8-11.
Ek het dit op voetspoor van Christina Landman as volg ingedeel, met die laaste deel van vers 4 wat die stem van ander vroue verteenwoordig, en vers 8 dié van ander mans (Landman noem hulle vriendinne en vriende). Dit gee ‘n interessante dinamiek van wisselende stemme. Ek plaas die inhoud van die onderskeie eenhede vas aan mekaar, ter wille van spasie, en noem telkens die veronderstelde subjek van die gedig sowel as die een aan wie dit waarskynlik gerig is:
Hooglied is ‘n digterlike perspektief op die liefdeskuns tussen ‘n man en vrou. Dit werk met ‘n hele aantal liefdesgedigte wat verskillende kante van die liefde uitlig. Dit is letterlik ‘n “Lied van liedere”, ‘n “Song of songs” (“Canticle of Canticles”) soos dit in Engels vertaal word. Luther het dit Hooglied genoem.
Salomo
Hoewel die boek tradisioneel aan Salomo toegeskryf is, is daar baie min geleerdes wat dit vandag nog handhaaf.
Aan die een kant kom Salomo se naam 7 keer voor in die boek (1:1, 5; 3:7, 9, 11; 8:11, 12). In hoofstuk 3:6-11 word ‘n beskrywing gegee wat met Salomo self geïdentifiseer kan word. Die man verwys ook na homself as die koning (7:5). Die vrou word ook in die gedigte as koningin beskryf (6:8-9).
Aan die ander kant kan die titel van die boek bv vertaal word as: “Die mooiste lied oor Salomo” (1:1). Dit maak sin as ‘n mens in ag neem dat dit in 8:11-13 wil voorkom asof die man iemand anders as Salomo is. Die verwysing na die man en vrou as koning en koningin kan daarby liefdesname wees wat hulle in die digterlike verwysings na mekaar gebruik.
Belangriker as die mening hieroor, is egter die deurlopende feit dat die vrou in haar gedigte duidelik kies vir persoonlike liefde, eerder as die gedeelde liefde van die harem, soos wat die geval met Salomo sou wees. Dit maak dit onwaarskynlik dat die skrywer Salomo is.
Bybelskool.com fokus in die tweede kwartaal op twee boeke in die Ou Testament: Prediker en Hooglied.
Die Prediker was ‘n ontdekkingsreisiger wat die grense van die lewe getoets het en agter gekom het dat die triomf en tragedie van dié lewe nie genoeg is vir mense wat ‘n kapasiteit het vir die ewige lewe nie.
Hooglied is ‘n digterlike kykie na hoe die liefdeskuns vir mans en vroue werk. Dit werk beide met die liefdesdrome wat ons oor mekaar het, sowel as met die werklikheid van daardie liefde. Die digter(es) kies vir persoonlike liefde, teenoor die praktyk van die harem van Salomo se tyd. En dit spel uit hoe ‘n mens lief kan wees, sonder om jouself te verloor.
Ons begin 11 April met ‘n inleiding op Prediker en lees dan die boek deur in die volgende 3 weke. Elke weeksdag lees ons saam ‘n perikoop en ek lewer kommentaar daarop by die webtuiste sowel as met ‘n e-pos aan geregistreerdes. Ons vervolg op 2 Mei met ‘n inleiding op Hooglied en lees die boek dan op dieselfde wyse deur in die volgende 2 weke tot 16 Mei net voor Pinkster 2012.
Jy is welkom om saam met ons op reis te gaan met Prediker en Hooglied. Registreer by bybelskool.com. Dit is gratis.
In die gemeente Somerstrand kom ons Woensdagaande bymekaar vir ‘n bespreking van die afgelope week se perikope, 18:30-19:30 vanaf 18 April tot en met 16 Mei. Die temas vir die eerste 5 weke se eredienste kom ook uit die 2 boeke. Kyk by ngkerksomerstrand.co.za.
Hier is die perikoop indeling met die datums waarop ons dit gaan lees:
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar