Psalm 25:1-3 – niemand wat op U wag, sal beskaamd staan nie

24 November
Psalm 25:1-3 – niemand wat op U wag, sal beskaamd staan nie
ALEF – Na U, Here, hunker ek. BET – 2My God, op U vertrou ek; laat my tog nie beskaamd staan nie; laat my vyande nie oor my jubel nie. GIMEL – 3Ja, niemand wat op U wag, sal beskaamd staan nie; maar hulle wat sonder rede ontrou is, sal beskaamd staan.
Psalm 25 is ’n gebed van vertroue. Elke vers begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet. Dit help met die onthou van die Psalm en leer ons die ABC (in Hebreeus: Alef, Bet, Gimel) aan, die “alfabet van geestelike groei” (Elwell). Jy is welkom om die hele Psalm te lees om die verse in die geheel daarvan te kan interpreteer.
Die Psalm beklemtoon in hierdie Adventstyd dat die basis van die geestelike lewe lê in vertroue. In die belofte dat God ons nie in die steek sal laat nie (vers 2). Dit is immers die ervaring van almal wat hul verwagting in God gestel het, dat God die moeite werd is om te vertrou (vers 3). Soos Hy eenmaal met die geboorte van sy Seun bewys het. Daarop kan ons dus staatmaak.
Dink ook na oor die lewensveranderende gedagte in vers 14 dat God dié wat Hom vertrou in sy vertroue neem. “Die Here neem hulle wat vir Hom ontsag het, in sy vertroue, en sy verbond is daar om hulle te onderrig.” Watter belofte! Dit gee lewe aan jou verhouding met God. Dit skep die verwagting dat die Here jou al hoe meer sal ken in wat Hy besig is om te doen. Dit transformeer jou gebedslewe na ‘n Godservaring!
Lees meer: https://bybelskool.com/psalm-25-33-god-sorg-vir-die-wat-hom-vertrou/
Onlangse kommentaar