Skip to main content

Lukas 21:25-28 – lig julle koppe op, want julle bevryding is naby

22 November

Ek herinner jou aan gister se begronding van beloftes. En ek herhaal my opsomming van wat beloftes is.

God se beloftes kan jy in die Bybel raaksien in wat God sê, sweer, gee of verklaar. Dit sluit sy seëninge en verbonde in, selfs sy oordele. Sommige beloftes is onvoorwaardelik. Ander is gekoppel aan voorwaardes. Die vervulling van ‘n belofte in ‘n spesifieke geval put ook nie die betekenis daarvan uit nie. In Christus hou al die beloftes van God immers stand: verlede, hede en toekoms (2 Kor 1:20). Selfs waar God ‘n spesifieke belofte gemaak en vervul het aan iemand – bv God wat vir Sara en Abraham ‘n kind belowe en gegee het (Gen 17-18; 21) – openbaar God Homself as Iemand wat in ander kontekste dieselfde kan doen – bv in die geval van Hanna wat Samuel van die Here afgebid het (1 Sam 1-2).

Lukas 21:25-28 – lig julle koppe op, want julle bevryding is naby

25“Dan sal daar tekens wees in die son en die maan en die sterre, en op die aarde sal die nasies beangs en verward wees oor die gedreun en hoë golwe van die see. 26Mense sal flou val van vrees en vermoedens oor wat die wêreld gaan tref, want die kragte van die hemele sal geskud word. 27En dan sal hulle ‘die Seun van die Mens op ‘n wolk sien kom’ met krag en groot heerlikheid. 28Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan op en lig julle koppe, want julle bevryding is naby.”

Die Adventstyd sluit nie net die beloftes rondom Jesus se eerste koms na die aarde toe in nie. Dit fokus ook ons aandag op die belofte van sy tweede koms, sy wederkoms. Jesus bemoedig hiermee sy dissipels deur die eeue – dws ook vir ons – al sluit dit die ontwrigtings in wat sy wederkoms voorafgaan.

In hierdie week wat eindig met die eerste Adventsondag begin ons dus met Jesus se wederkoms. Daar sal kosmiese ontwrigtings wees. Die son, maan, en sterre sal ontwrig word. Daar sal ook aardse ontwrigting wees met die gedreun van die see en die golwe. Waarskynlik tsunami’s. Daar sal groot benoudheid en angs wees onder die nasies. Trouens, mense sal flou word van vrees vir wat kom, beide weens die ervaring van die verskillende ontwrigtings as weens die onsekerheid van wat nog gaan gebeur. Totdat hulle die Seun van die mens sien kom op ‘n wolk met krag en groot heerlikheid. Die Here Jesus self. ‘n Vervulling van die profesie van Daniël 7:13.

Wat vir die ongelowiges ‘n vreesaanjaende gebeurtenis sal wees, sal egter vir die gelowiges ‘n vreugdevolle geleentheid wees. Soos Jesus dit hier uitspel, hierdie dinge is ‘n teken van die belofte dat hulle verlossing naby is. Daarom moet hulle regop staan en hulle koppe oplig! Hulle bevryding van die verdrukking en verguising deur die eeue is op hande. Dit het dus ook ‘n effek op hoe ons nou al lewe. Ons kan regop staan en ons koppe oplig. Die lyding van die teenwoordige tyd weeg nie op teen die vreugde wat vir ons wag wanneer Jesus weer terugkeer nie. Ons kan onbesorg en voluit lewe. Jesus kom weer. Jesus kom gou.

Lees meer: https://bybelskool.com/lukas-211-38-volhard-in-waaksaamheid-en-gebed/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.